Pinatubo

Die berg Pinatubo is 'n aktiewe stratovulkaan in die Zambalesberge op die noordelike eiland Luzon van die Filippyne.

Sy uitbarstingsgeskiedenis was aan die meeste mense onbekend totdat hy vroeg in 1991 vulkaniese aktiwiteit begin toon het.

Pinatubo
Die uitbarstingskolom van die berg Pinatubo op 12 Junie 1991, drie dae voor die kritieke uitbarsting. Die uitbarstingskolom van die berg Pinatubo op 12 Junie 1991, drie dae voor die kritieke uitbarsting.
Ligging Luzon, Filippyne
Hoogte 1 486 meter bo seevlak
Reeks Zambalesberge
Koördinate 15°08′30″N 120°21′00″O / 15.14167°N 120.35000°O / 15.14167; 120.35000 120°21′00″O / 15.14167°N 120.35000°O / 15.14167; 120.35000
Bergtipe Stratovulkaan
Laaste uitbarsting 1993
Ligging van Pinatubo op 'n kaart (Filippyne)
Pinatubo
Pinatubo
Ligging in die Filippyne.

Pinatubo was grootliks weggekalwe deur erosie en verberg deur digte woude, wat 'n paar duisend inheemse Aetas gehuisves het.

Uitbarsting van 1991

Pinatubo is die bekendste vir sy uitbarsting van magnitude VEI-6 op 15 Junie 1991, een van die grootste vulkaniese uitbarsting van die 20ste.

In Maart en April 1991 het magma van 32 km onder Pinatubo begin opstoot en klein aardbewings en kragtige stoomontploffings veroorsaak. Van 7-12 Junie het die eerste magma die oppervlak van die berg bereik. Omdat dit die meeste van die gas wat daarin opgelos was, op pad na die oppervlak verloor het, het die magma begin uitvloei, maar daar was geen ontploffende uitbarstings nie. Op 12 Junie het miljoene kubieke meters gasryke magma die oppervlak bereik en ontplof in die herontwaakte vulkaan se eerste skouspelagtige uitbarsting.

Die berg Pinatubo in 2019 afgeneem deur 'n hommeltuig.

Wat die uitbarsting vererger het, was Tifoon Yunya, wat 'n dodelike mengsel van as en reën op omringende dorpe en stede laat neersak het. Voorspellings van die kritieke uitbarsting het daartoe gelei dat tienduisende mense in veiligheid gebring is, en so is baie lewens gered.

Toe nog gasryke magma die berg se oppervlak op 15 Junie bereik, het die vulkaan ontplof in 'n kataklismiese uitbarsting wat meer as 5 km3 materiaal uitgewerp het. Die aswolk het 35 km hoog in die lug opgestoot. Op laer hoogtes is die vulkaanas in alle rigtings gewaai deur die intense tifoonwinde. As het tot in die Indiese Oseaan beland en satelliete het geregistreer dat die aswolk 'n paar keer om die aarde getrek het.

Die omringende gebiede is erg beskadig deur piroklastiese strome, vallende as en lahars (modderstrome) wat veroorsaak is deur vulkaanpuin wat deur reënwater rondgespoel is. Dit het die infrastruktuur geweldig beskadig en rivierstelsels vir jare ná die uitbarsting verander. Kleiner uitbarstings wat koepels gevorm het, het tot in 1993 voortgeduur.

Die gevolge van die uitbarsting is wêreldwyd gevoel. Dit het rofweg 10 miljard ton, of 10 km3, magma uitgewerp, asook 20 miljoen ton SO2, wat groot hoeveelhede minerale en giftige metale na die aardoppervlak gebring het. Dit het meer stofdeeltjies in die stratosfeer laat beland as enige uitbarsting sedert Krakatoa in 1883.

Oor die volgende maande het die aërosols wêreldwyd 'n newel swaelsuur versprei. Globale temperature het in 1991-'93 met sowat 0,5 °C gedaal, en daar was 'n tydelike toename in osoonvernietiging.

Verwysings

Skakels

  • Pinatubo  Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

FilippyneLuzonStratovulkaan

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SeegolfAntoniemDepressie (gemoedstoestand)IngenieursweseGipsVulvaPampoentjiesSpinnekopTrappe van vergelykingSteenkool in Suid-AfrikaKaapstadse waterkrisis 2015-2018AluminiumBywoordSikloonGenadedoodAborsieDierBruin menseHokkieLiefdeWright-broersFranse RewolusieD.J. OppermanPoesKrokodilMosambiekkanaalTermiese geleidingsvermoëStereotipeSeisoenVervoerGeslagEmosieVryheidsmanifesKlankverskynselsDramaEkologieSuikersiekteEk is 'n Afrikaan (toespraak)Anti-inflammatoriese middelHulpwerkwoordLys van Afrikaanse televisiereekseGroot TrekGeslagsgelykheidWolkGemeenskapPornografiese subgenresEngelsSatellietfotoWithaaiGeestesteuringDonkieSkuinsstreepGeskiedenis van Suid-AfrikaNetbalAntisemitismeUitwerking van klimaatsveranderingLys van Afrikaanse rolprentePersoonlike voornaamwoordKlein-KarooKoue OorlogLugbesoedelingDiepaartromboseWaatlemoenHidroëlektrisiteitUnie van Suid-AfrikaOntbossingKaartTrekarbeidSpelerposisies in rugbyOnderwerp (taalkunde)Siya KolisiByKaapse VlakteVergelykings (taalkunde)JohannesburgLangste woord🡆 More