Pije: Koesjitiese koning en farao van Antieke Egipte

Pije (voorheen ook Pianchi; oorlede 721 v.C.) was ’n koning van Koesj en die stigter van die 25ste Dinastie van Antieke Egipte.

Hy het van 753/752 tot 722 v.C. oor Egipte regeer vanaf die stad Napata in Nubië, in die hedendaagse Soedan.

Pije
Pianchi
Die Oorwinningstele van Pije.
Die Oorwinningstele van Pije.
Farao van die 25ste Dinastie
Periode 752–721 v.C.
Voorganger Kasjta
Opvolger Sjabaka
Vader Kasjta
Oorlede 721 v.C.
Monumente Oorwinningstele by Djebel Barkal
Portaal  Portaalicoon   Antieke Egipte

Naam

Pije het twee troonname aangeneem: Oesimare en Sneferre. Hy was passievol oor die aanbidding van die god Amoen en het die tempel van Amoen by Djebel Barkal, wat deur Toetmoses III van die Nuwe Ryk laat bou is, gerestoureer.

Oorwinning oor Egipte

As heerser van Nubië en Bo-Egipte het Pije die rusies tussen Egipte se leiers tot sy voordeel gebruik deur Nubië se mag verby Thebe tot in Benede-Egipte uit te brei. Nadat farao Tefnacht van Saïs ’n koalisie gevorm en die stad Herakleopolis aangeval het, het dié se koning, Peftjauawybast, Pije se hulp gevra. Pije het Middel- en Benede-Egipte in sy 20ste bewindsjaar binnegeval. Sy oorwinning in die veldtog is aangeteken op sy Oorwinningstele by Djebel Barkal.

Hierna het hy noord getrek en verskeie stede soos Hermopolis en Memphis ingeneem. Tefnakht het gevlug en persoonlik sy nederlaag erken in ’n brief aan Pije. Tevrede met sy oorwinning, het Pije suid na Thebe gevaar en van daar na sy vaderland, Nubië, teruggekeer. Hy het Egipte van hier af regeer en nooit na dié land teruggekeer nie.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Pije NaamPije Oorwinning oor EgiptePije VerwysingsPije Eksterne skakelsPije25ste DinastieAntieke EgipteKoesjNapataNubiëSoedan

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

BokmakierieSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024Nasionale VrouedagLys van Joodse feeste en herdenkingsChemiese verbindingJan van RiebeeckLys van Suider-Afrikaanse soogdiereC. Louis LeipoldtFabelWitrenosterGrondbewerkingStam (taalkunde)JohannesburgOraniaHeks van HexrivierLetterlike en figuurlike taalgebruikAfrikanersEmo AdamsWater (molekuul)Demi Lee MooreNamibiëAardePropagandaInfeksieEkostelselStereotipeStikstofKinderregteVoëlSlaginstrumentNatuurbewaringBrendan PeyperHeuningGroot Muur van ChinaSinoniemVerdampingSkoolKunsPlastiekPinksterDokterSuiwelprodukKankerPeter SnydersKonflik (proses)SeisoenDramaMuskeljaatkatYslandSimboolMisdaadRumatoïede artritisPesachDoopXenofobieAarde se atmosfeerNieuwoudtvilleHomoniemSwartbewussynsbewegingPlae van EgipteEkonomie van Suid-AfrikaArmoedeGloeilampVerkleurmannetjieAnilingusAbstraksie (rekenaarwetenskap)Kappie (skryfteken)Geprosesseerde kosTandbederfJan van TonderSonkragWebwerfLandbouGroepsdruk🡆 More