Pietie Du Plessis

Pieter Theunis Christiaan du Plessis (gebore op 19 Mei 1935 in Nebo naby Lydenburg, Transvaal in Unie van Suid-Afrika, oorlede in Maart 2001 in Pretoria, Gauteng) was 'n boer en Suid-Afrikaanse politikus en 'n lid van die regerende Nasionale Party.

Du Plessis het as lid van die provinsiale raad van Transvaal gedien (1966-1970) en was parlementslid vir Lydenburg (1970 - 1989). In die kabinet was hy adjunkminister van finansies, adjunkminister van landbou en visserye (1980 - 1982), minister van mynwese en energie (1982 - 1983), mannekrag (1984 - 1989), en openbare werke en grondsake (1986 - 1989) in die P.W. Botha-regering.

Biografie

Pietie was die seun van Johannes Petrus Lafras en Maria Susanna du Plessis (gebore Weimans), en het na sy skoolloopbaan in die landbou gaan studeer aan die Universiteit van Pretoria (1957). Hy het hierna voltyds geboer en was die voorsitter van die sojaboonprodusente-unie en voorsitter van die raad vir oliesade.

Hy het hierna in 1966 die politieke lewe betree as provinsiale raadslid van die Nasionale Party vir die kiesafdeling Lydenburg/Barberton. In die Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1970 is Pietie du Plessis verkies tot die parlement vir die kiesafdeling Lydenburg. In 1972 word hy die voorsitter van die jeugbeweging van die Nasionale Party in Transvaal.

Hy is in 1980 deur P.W. Botha in die regering aangestel as adjunkminister vir finansies en het verskeie ministersposte beklee tot Januarie 1989, toe hy uit al sy ministeriële en parlementêre funksies bedank het na sy beweerde betrokkenheid by finansiële ongerymdhede.

In 1993 is Pietie du Plessis deur die hooggeregshof in Pretoria tot 9 jaar gevangenisstraf gevonnis vir 17 aanklagte, waaronder dié van bedrog. Hy word vrygelaat nadat hy 3 jaar vonnis uitgedien het. Hy sterf aan 'n hartaanval in Maart 2001.

Voorafgegaan deur
L.A.P.A. Munnik
Minister van Openbare Werke en Grondsake
1986–1989
Opgevolg deur
George Bartlett
Voorafgegaan deur
Fanie Botha
Minister van Mannekrag
1984–1989
Opgevolg deur
Eli Louw
Voorafgegaan deur
Frederik Willem de Klerk
Minister van Mynwese en Energie
1982–1983
Opgevolg deur
Daniël Steyn
Voorafgegaan deur
Hendrik Schoeman
Adjunkminister van Landbou en Visserye
1980–1982
Opgevolg deur
Greyling Wentzel

Tags:

19 Mei19352001GautengLydenburgNasionale PartyPretoriaSuid-AfrikaanseTransvaalUnie van Suid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

BeesSonenergieTuisbladEkotoerismeVigsIslamBloeddrukImpakte van toerismeLys van politieke partye in Suid-AfrikaGoogleMynbouNag van die lang messeRuslandInsekMaagMieliestronkEngelandVlekvrye staalHidroulikaAtoomKameelperdPretoriaEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaOorstromingVerdampingMobutu Sese SekoVraag en aanbodAuschwitz-konsentrasiekampSoortnaamPornografiese akteurSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1989WoudKoorsblaarMisdaadNagapieTegnologieKapitalismeGreen PornoSteenkool in Suid-AfrikaKindermishandelingDeelwoordRudi ClaaseNasionalismeKoos BekkerTrekarbeidAfleiding (taalkunde)Leonardo da VinciLys van Suider-Afrikaanse soogdierePizzaBelastingLabia (geslagsdele)OogproblemeBaarmoederJode in Suid-AfrikaVlag van Suid-AfrikaSilwerKwaZulu-NatalWeervoorspellingKarpaletonnelsindroomTrappe van vergelykingAngina pectorisKopieregZenobia KockMuisvoëlKrieketKwikKrugerwildtuinNierversakingErns GrundlingWiskundeBorsteGeskiedenis van Suid-AfrikaKunsmatige algemene intelligensieHokkieVoornaamwoordLeier🡆 More