Pieter Hendrik Kritzinger: Boeregeneraal en guerillamagaanvoerder tydens die Tweede Vryheidsoorlog

Pieter Hendrik Kritzinger (1870–1930) was ‘n Boeregeneraal en guerillamagaanvoerder tydens die Tweede Vryheidsoorlog.

Hy is gebore is op die plaas Wildemanskraal in die Port Elizabeth distrik en oorlede is in Cradock.

Pieter Hendrik Kritzinger
Pieter Hendrik Kritzinger

Geboortedatum 1870
Geboorteplek Port Elizabeth, Kaapkolonie
Sterfdatum 1930
Sterfplek Cradock, Unie van Suid-Afrika
Lojaliteit Vlag van Oranje-Vrystaat Oranje-Vrystaat
Rang Generaal
Veldslae/oorloë Tweede Vryheidsoorlog

Hy was die seun van Wessel Kritzinger en Magdalena Rudolph. As kind trek hy saam met sy ouers na die Ladybrand omgewing. Op die ouderdom van 17 begin hy op sy eie boer in die Rouxville distrik.

Tweede Vryheidsoorlog

Toe die oorlog uitbreek dien hy in die Rouxville kommando van Hoof Kommandant Olivier. Hy neem deel aan die Slag van Stormberg gedurende Desember 1899. Gedurende Februarie 1900 bevind hy hom in die Bloemfontein omgewing en word later deel van generaal Christiaan de Wet se mag. Kritzinger neem vervolgens deel aan die Slagte van Sannaspos, Reddersburg en Lindley. Gedurende Augustus 1900 neem hy deel aan die aanval op Winburg waar Kommandant Olivier gevangene geneem word. Kritzinger word in sy plek aangestel.

Op bevel van generaal De Wet se instruksies val hy die Kaapkolonie binne gedurende Desember 1900 en gaan draai by Oudtshoorn. Hy het saam met Gideon Scheepers suksesvolle aanvalle diep in die Kaapkolonie teen Britse troepe geloods. Dit het Britse kommunikasie- en voorraadlyne erg ontwrig. Hy keer terug na die Vrystaat gedurende April 1901. Gedurende Mei 1901 val hy weer die Kaapkolonie binne met die doelwit om rebelle magte op die been te bring. Nadat die Britse Magte hom gesoek het keer hy terug na die Vrystaat in Augustus. Op 15 Desember 1901 val hy die Kaapkolonie weer binne maar word gewond en gevang op 16 Desember.

Bron

Tags:

CradockPort ElizabethTweede Vryheidsoorlog

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

OorkruipersTatoeëermerkGeldPresident van Suid-AfrikaLieweheersbesieHartversakingEreksieKunsVarkGewone breukeRudi ClaaseVrouOm-te-infinitiefkonstruksieTamatieLys van nedersettings in Suid-AfrikaKlimaatveranderingResensieKrugerwildtuinVerstedelikingJeugdagVoëlLuiperdItaliëMaselsFotosinteseGriekwa-AfrikaansRussiese inval in Oekraïne sedert 2022Lys van Afrikaanse rolprenteKrygkorChristendomGemeenskapsorganisasieSelfoonMartin Luther King jr.AsemhalingBosvarkSharpeville-slagtingDwelmmiddelSpeelkaartRymSuid-Afrikaanse GrensoorlogHannes van WykLys van kinderspeletjiesOranjerivierWhatsAppVolhoubare ontwikkelingNoord-KaapGemeenskapOnderwerp (taalkunde)AssonansieCounter-Strike 2GoudAngolese BurgeroorlogKlimaatMisdaadKoue OorlogWapen van Suid-AfrikaEmfiseemImmunologieGestremdheidLys van musiekinstrumenteYouTubeSeksueel oordraagbare infeksieVersoeningsdagSpringbokHorlosieCristiano RonaldoReënspinnekopWoordeboek van die Afrikaanse TaalKaapstadse waterkrisis 2015-2018SkilpadVingerseksWiskundeEnsiklopedieHemelvaartsdagOligopolieSonnestelsel🡆 More