Dr.
Pieter Groenewald (* 27 Augustus 1955) is 'n Suid-Afrikaanse politikus. Hy is die nasionale leier en 'n stigterslid van die Vryheidsfront Plus, lid van die parlement van Suid-Afrika, en lid van die dagbestuur van die Organisasie van Nie-verteenwoordigde Nasies en Volkere. Groenewald was van 1994 tot Maart 2017 die provinsiale leier van die Vryheidsfront Plus in Noordwes en hy was voorsitter van die Vryheidsfront Plus van 11 Augustus 2011 tot 12 November 2016, toe hy as nasionale leier van die party verkies is. Hy was van 1994 tot 1999 voorsitter van die parlement se portefeuljekomitee op verdediging.
Petrus Johannes Groenewald | |
Pieter Groenewald in 2018 | |
Leier van die Vryheidsfront Plus | |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 12 November 2016 | |
Voorafgegaan deur | Pieter Mulder |
---|---|
Persoonlike besonderhede | |
Gebore | 27 Augustus 1955 |
Politieke party | Vryheidsfront Plus |
Groenewald het sy militêre diens by die berede-sentrum in Potchefstroom voltooi en 'n B.luris-graad van die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys verwerf. Hy het ook 'n nagraadse diploma in kommunikasie voltooi, gevolg deur 'n meestersgraad in bestuur en ontwikkeling en 'n doktorsgraad in politieke wetenskap. Hy het talle oorsese studietoere onderneem.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Pieter Groenewald, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.