Pieter Bam

Sir Pieter Canzius van Blommestein Stewart Bam (Kaapstad, 29 Julie 1869 – Londen, 20 Desember 1928) was ’n landboubevorderaar en politikus.

Pieter Bam
Sir Pieter Bam se susters Minnie en Maria se nagedagtenis leef voort in die gebrandskilderde vensters agter die preekstoel in die NG kerk Drieankerbaai, waarvan hul vader, Johannes Andries Bam, 'n stigter was.
Pieter Bam
Sir Pieter se vader het die CJMV-gebou in Langstraat laat opgerig ter nagedagtenis aan sy ontslape dogters, Minnie en Maria.
Pieter Bam
Johannes Andries Bam (1830 - 1903), sir Pieter se vader, was ook lid van die wetgewende vergadering van die Kaapkolonie.

Bam was die seun van Johannes Andries Bam (1830-1903), lid van die Kaapse laerhuis, en sy vrou, Maria Fredrika van Blommestein. J.A. Bam was in 1880 een van die stigters van die NG gemeente Drieankerbaai. Im 1899 het "'n moeder van die gemeente" ingewillig om £1 000 aan die kerk te leen vir die bou van 'n pastorie langsaan die kerk. Toe die skenker twee jaar later oorlede is, word dit bekend sy was mev. J.A. Bam en dat haar lening met haar afsterwe 'n bemaking aan die gemeente geword het. Die pastorie is daarom "Blommestein" genoem, omdat sy 'n nooi Van Blommestein was. Dié kerkgebou is ook van die min NG kerke met gebrandskilderde vensters, want nadat twee van Pieter se susters, Wilhelmina (Minnie) en Maria, in Hannover, Duitsland, oorlede is, het J.A. Bam die drie vensters agter die preekstoel geskenk. Hy het ook die CJMV-gebou in Langstraat in 1886 ter nagedagtenis van sy twee dogters laat oprig. Dié gebou se fasade is in 1903 herontwerp deur die Kaapse argitek en politikus John Parker.

Pieter Bam ontvang sy onderwys aan die Normaal School, Kaapstad en die Diocesan College (Biskoppe) in Rondebosch, daarna aan die Suid-Afrikaanse Kollege in Kaapstad (voorloper van die Universiteit van Kaapstad en SACS) en vertrek later vir verdere opleiding na Cheltenham, Engeland. In 1892 sluit hy hom by die Cape Garrison Artillery aan, waarin hy later kaptein word en in dieselfde hoedanigheid tot sy bedanking in 1901 dien.

Hy begin daarna in die politiek belang stel en staan met die verkiesing van 1904 as teenstander van John X. Merriman in die kiesafdeling Stellenbosch. Met die herindeling van kiesafdelings deur die Jameson-regering kort daarna, word hy verkies as een van die verteenwoordigers van Kaapstad in die laerhuis en bly dit tot 1910, toe hy hom aan die politiek onttrek.

Reeds in 1907 het Bam groot belangstelling in die bevordering van die verkoop van Kaapse landbouprodukte in Brittanje geopenbaar en het hy hom met groot toewyding daaraan gewy. Hy het die South African Products Exhibition van daardie jaar in Londen gereël, en word daarvoor tot ridder geslaan. In 1919 is hy met die toekenning van die OBE vereer.

Ná sy huwelik met Ena Dingwall Tasca Stewart in 1910 voeg hy haar familienaam by sy voorname en vestig hom vir goed op haar landgoed Ards in Ierland, maar sit nogtans sy groot werk in verband met die bekendstelling van Suid-Afrikaanse landbouprodukte voort. In 1910 stig hy die South African National Union en ontwerp die plan vir 'n Rykskou in Londen. Terwyl hy besig is met die organisasie van dié onderneming, het die Eerste Wêreldoorlog (1914-'18) uitgebreek. Hy dien as hoof-rekruteringsoffisier van een van die Londense regimente. Kenmerkend van sy optrede was sy persoonlike belangstelling in die wel en wee van die manskappe. In 1921 tree hy as luitenant-kolonel uit die militêre diens nadat hy met die rang van majoor in bevel van 'n depotbataljon was.

Reeds voor die tyd het hy sy ou belangstelling hervat en begin onmiddellik ná die oorlog met die organisasie van 'n Rykskou. Hy word uitvoerende komiteelid van die groot Wembleyskou van 1924 en neem as sodanig 'n vername deel in die werksaamhede. Bam was ook die vader van die gedagte van georganiseerde reise van boere deur Brittanje.

Gedurende sy laaste lewensjare is sy gesondheid swak en het dit sy terugkeer na Suid-Afrika verhinder. Bam sal, volgens die geskiedkundige D.W. Krüger, altyd bekend bly vir sy groot aandeel in die bevordering van die invoer van Suid-Afrikaanse landbouprodukte na Brittanje. Hy het belangrike pionierswerk in hierdie verband gedoen, aldus Krüger.

Bronne

Eksterne skakels

Tags:

1869192820 Desember29 JulieKaapstadLonden

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

DenneboomNederlandSekelbosSelGerrie PretoriusPersoonlikheidNatuurlike hulpbronGeboorteVolstruisGawes van die Heilige GeesGesagSenuweestelselKameelperdLys van hoofstedeWêreldwye webBloukraanvoëlPofadder (slang)BesnydenisVingerseksTrigeminale neuralgieLys van Afrikaanse televisiereekseRocco de VilliersKiewieteSosialismeChow-chowGewone luislangSiembambaAkteurKlavierZoeloeMediese diagnoseLys van medisinale kruieLHooglied van SalomoPubiese hareJesus van NasaretLys van persone in die BybelAnale kankerHelm (geboorte)KunstenaarAgter Elke ManSabbatVisProstaatmasseringHidroponikaSkynprivaatnetwerkKoorsblaarOnse VaderXhosaHeidelberg, GautengJada FireKlankverskynselsSwitserlandOnomatopeeLys van kinderspeletjiesSpekboomEngelsTikTokDJ OssewaBipolêre gemoedsteuringKaapse AfrikaansBeroerteIslamLetterlike en figuurlike taalgebruikAbrahamParasetamolSaoedi-ArabiëLys van Suid-Afrikaanse musikanteRatelAnale seksAërobiese oefeningeLys van politieke partye in Suid-AfrikaEmo AdamsGianna MichaelsStingelKremetart🡆 More