Pieter Adam Strasheim

Ds.

Pieter Adam Strasheim (Terschelling, Friesland, 29 Junie 1851 - Stellenbosch 21 Februarie 1899) kan as die vader van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Zimbabwe beskou word.

Pieter Adam Strasheim
P.A. Strasheim.
Pieter Adam Strasheim
Geboortesertifikaat van Pieter Adam Strasheim.

Hy tree in 1881 in diens van die NG Kerk en is leraar van NG gemeente Philadelphia (destyds Koeberg genoem) van 1882 - '83. Van 1883 tot 1895 is hy leraar van NG gemeente Wynberg. Hy kry op 7 Maart 1895 opdrag van die Kaapse Sinode om te gaan "als verteenwoordiger onzer Kerk in Mashonaland om onze verstrooide leden aldaar te bezoeken, ze waar mogelijk tot eene gemeente te vormen". Die gevolg van sy geslaagde besoek was die stigting van vier gemeentes in die destydse Suid-Rhodesië, in chronologiese volgorde: Bulawayo, Enkeldoorn op die teenswoordige Chivhu, Melsetter op die teenswoordige Chipinge en Fort Victoria, wat doodgeloop het tot dit in 1936 opnuut gestig is.

Saam met ds. Strasheim het na Mashonaland gekom eerww. J.S. Groenewald (as sendeling toegelaat in 1895), later in Bulawayo bevestig as eerste leraar, A.J. Liebenberg op Enkeldoorn en P.L. le Roux op Melsetter. Eerw. Groenewald was tegelykertyd onderwyser en die Geoktrooieerde Maatskappy (British South Africa Company) was deur bemiddeling van dr. Leander Starr Jameson tot 1 April 1901 behulpsaam met £300 vir 'n skoolgebou en £75 jaarliks vir sy salaris.

Strasheim was tot en met sy dood by die werk in Rhodesië betrokke.

Bronne

Tags:

1851189921 Februarie29 JunieFrieslandNederduitse Gereformeerde KerkStellenboschZimbabwe

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Lys van lande volgens bevolkingDanie du ToitMielieLandbouMetaalJaarHennie MaasByvoeglike naamwoordTydBelastingDemokratiese Republiek die KongoGeskiedenis van die Verenigde State van AmerikaBetonHibernasieGroot DepressieLeon KrugerSeksuele opwekkingTsoenamiPuberteitProvinsies van Suid-AfrikaMonopolieNetbalHeidelberg, GautengPenisBonné de BodOlimpiese Somerspele 2024LongOnderwys in Suid-AfrikaGetalMensVerkleurmannetjieVolstruisMierleeuHeuningGevolge van aardverwarming op oseaneCSSGroepsdrukEpilepsieNasionale VrouedagVlekvrye staalMelaatsheidAkademiaNatuurrampWilna SnymanKindermishandelingOopbroninhoudHomoniemMenseregtedagKoekie (rekenaarwetenskap)Ronelda KamferOligopolieAborsieSportInsekAardbewingWolkGrondsoorteProsaHoenderKasteel die Goeie HoopRooilipslangLeonardo da VinciLettergreepMusieksimboleRieldansKameelperdJannie du ToitCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaWeer (meteorologie)RugbyLionel Peterson🡆 More