Pierre Coetzer

Pierre Coetzer (gebore 12 Junie 1961) is 'n voormalige Suid-Afrikaanse swaargewigbokser van Pretoria, Suid-Afrika.

Coetzer se bekendste gevegte was die teen Johnny du Plooy, Riddick Bowe, Frank Bruno en George Foreman.

Pierre Coetzer
Statistiek
Gewigklas Swaargewig
Lengte 1,93 m
Nasionaliteit Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Geboorte 12 Junie 1961 (1961-06-12) (62 jaar oud)
Pretoria, Gauteng
Boksrekord
Totale gevegte 44
Oorwinnings 39
Oorwinnings met uitklophou 27
Verloor 5
Gelykop 0
Geen wedstryd 0

Coetzer het ook sy verskyning in die rolprent, Geel Trui vir 'n Wenner (as mnr. Nel), gemaak.

Hy verkeer tans (Aug 2022) in goeie gesondheid.

Professionele boksloopbaan

    1983-1987

Coetzer het sy professionele boksloopbaan in 1983 afgeskop. Ná hy sy eerste nege gevegte gewen het, is hy 'n geveg aangebied teen die Amerikaanse kruisergewig Bernard Benton, in Julie 1984. Benton het hulle tienrondtegeveg in Durban met punte gewen. In September 1984 kom hy te staan teen Benny Knoetze vir die vakante Suid-Afrikaanse swaargewigtitel, en slaan hom uit in die derde ronde.

Oor die volgende drie jaar het Coetzer 'n dosyn oorwinnings opgestapel; insluitend oorwinnings teen Larry Frazier, Eddie "Young Joe Louis" Taylor, en Alfredo Evangelista. Hy het ook sy herontmoeting met Bernard Benton op 28 September 1987 gewen, toe hy hom reeds in die eerste ronde uitgeslaan het.

    1988

Hierna kom hy te staan teen Ossie Ocasio van Puerto Rico wat die WBA kruisergewigkampioenskap gewen het, en wie boksers soos Jimmy Young, Dwight Muhammad Qawi en Robbie Williams verslaan het. Op 6 Maart 1988 vind hul eerste geveg in die Goeie Hoopsentrum in Kaapstad plaas. Ocasio wen die tienrondtegeveg met punte, die eerste keer wat Coetzer verloor sedert hy die Suid-Afrikaanse swaargewigtitel dra. Maar daarna verslaan hy Tim Anderson (VSA) en Manoel De Almeida (Brasilië), en wen Ocasio met punte in 'n herontmoeting in die Standard Bank Arena.

    1990

Ná nog ses oorwinnings, kom Coetzer te staan teen die plaaslike swaargewig Johnny du Plooy, wie 196 van sy 200 amateurgevegte gewen het, en wie 17 uitklophoue behaal het in sy eerste 20 professionele gevegte. Hulle ontmoet mekaar op 4 Augustus 1990 by die Sun City Superbowl, in 'n geveg wat bemark is as "Vir eens en vir altyd". Du Plooy sny Coetzer se oogbank oop met sy eerste regterhou, en het hom teen die planke voor die einde van die eerste ronde. Maar Coetzer het hierna Du Plooy tweekeer platgeslaan in die tweede rondte, en wen die stryd met 'n tegniese uitklophou.

    1992

Coetzer was die nommer-een aanspraakmaker op Evander Holyfield se IBF-wêreldtitel, maar is gedwing om eers 'n WBA-swaargewigtitel-elimineerder te veg, geskeduleer vir 12 rondes teen die nommer-twee aanspraakmaker, Riddick Bowe. Dit het plaasgevind op 18 Julie 1992 in Las Vegas, Nevada. Gedurende die geveg was Bowe voor op punte, hoewel Coetzer hieroor verskil. In die sesde rondte het Bowe Coetzer onder die gordel getref, waarvoor die skeidsregter Mills Lane 'n punt afgetrek het. In die sewende rondte tref Bowe Coetzer weer, met wat na 'n lae regterhou gelyk het. Coetzer het omgedraai, en verwag dat Lane weer Bowe sou waarsku. Hy het egter sy hande laat sak en Bowe het hom onkant betrap met 'n harde regter opstopper. Bowe het dit opgevolg met 'n linker- en regterhou wat Coetzer teen die toue geslinger het, waarna Lane ingetree het en 'n einde aan die stryd gemaak het met 'n tegniese uitklophou. "Dit moes beslis nie gestop gewees het nie," sê Coetzer. "Dit was 'n lae hou."

Vervolgens het Coetzer teen Frank Bruno van Londen, Engeland geveg. Die skeidsregter het die stryd in die agtste ronde beëindig en Bruno is met 'n tegniese uitklophou bekroon. Sy finale loopbaangeveg was teen George Foreman; hy is kortstondig platgeslaan in die vierde rondte, maar het uiteindelik verloor met 'n tegniese uitklophou, toe hy weer platgeslaan is in die agtste rondte.

Sien ook

Eksterne skakels

Tags:

12 Junie1961BoksJohnny du PlooyPretoriaSuid-AfrikaanseSwaargewig

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

TierboskatJoodse kalenderSemenBoeberPtolemeusVerenigde KoninkrykHelm (geboorte)MeksikoOntbinding van die SowjetunieDermpoliepByBrongitisLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaLys van Suid-Afrikaanse musikanteHerfsDemi Lee MooreKoninkryk van die NederlandeEreksieSpysverteringstelselNederlandsDepressie (gemoedstoestand)EekhoringVyfsterVlag van LibanonMadison IvyWiskundeCecil John RhodesAnette EngelbrechtBiljoenVulkaanRooikatDuitslandWoordLika BerningMarsSiembambaHekseryGedigAfghanistanGeslagRepubliek ArtsachKoreaanse nasionale rugbyspanHartEpilepsieLongontstekingAarverkalkingWikimaniaPaulus van TarsusSatireWhitey BassonSolidariteitLys van Afrikaanse rolprenteMotorregistrasienommerplate van Suid-AfrikaBlourokkeStaat PalestinaKruisigingVolhoubaarheidLimfvatstelselLys van nedersettings in Suid-AfrikaPenisMorfologie (taalkunde)PinksterIntensiewe vormKrokus Stadsaal-aanvalLys van veltoestandeKoue OorlogJesus van NasaretKriekLiesbreukKolorektale kankerEthiopië🡆 More