Pierre Basson

Pierre Basson (1880–22 Januarie 1906) was Suid-Afrika se eerste gedokumenteerde reeksmoordenaar.

Hy het minstens nege mense in sy agterplaas in Claremont, Kaapstad om die lewe gebring en begrawe sodat hy hulle lewensversekering kon opeis. Toe polisielede by sy huis opdaag, het hy homself geskiet.

Pierre Basson
Gebore  1880
Oorlede  22 Januarie 1906
Rede vir dood  Selfmoord
Land  Suid-Afrika
Misdaad  Reeks moorde
Misdaadbesonderhede
Plek Kaapstad
Datum(s)  1903–1906
Slagoffers  9

Lewensloop

Pierre Corneille Faculys Basson is in 1880 gebore en maak hom op vroeë ouderdom al aan wrede dade skuldig. Op 12 val hy 'n seun met 'n mes aan en hy het genot uit die lyding van diere geput. Hy het onder andere daarvan gehou om voëls te vang en dood te martel. Hy het ook katte se pote afgekap, om te kyk hoe hulle van die pyn krul.

As volwassene het Basson geld aan mense uitgeleen. Leners moes hom as begunstigde op hul versekeringspolisse nomineer, waarna hy hulle tussen 13 Februarie 1903 en 22 Januarie 1906 doodgemaak het om die geld op te eis.

Basson se eerste slagoffer was sy broer Jasper, wat hy tydens 'n visvang-uitstappie op 4 Februarie 1903 verdrink het. Jasper se liggaam is nooit gevind nie en die versekeringsmaatskappy wou aanvanklik nie die polis uitbetaal nie, tot hulle deur 'n hof beveel is om dit te doen.

Hy neem sy eie lewe toe die polisie sy laaste slagoffer, Wilhelm Schaefer ('n Duitse boer), se graf ontdek. Sy laaste woorde aan sy ma, toe die die polisie met opgrawings op hul erf begin, was "Ek gaan aantrek vir die polisie. Ek het niks verkeerd gedoen nie."

Hy is later in 1906 postuum aan moord skuldig bevind.

Sien ook

Verwysings

Tags:

1880190622 JanuarieClaremontKaapstadReeksmoordenaarSuid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

United Democratic FrontVerkragtingBestaansboerderyRepubliek van Zoid AfrikaMaatskaplike verantwoordelikheidBlaaskankerAkademiaJodeInternetGeslagsregister vanaf Adam tot JesusJanie du PlessisMagnesiumHerfsVoëlHernubare energieKlawers (speelkaarte)SkildklierKakiebos7de LaanSeksuele stimulasieMusiekAce MagashuleKrapOseaanbesoedelingNarsismeSaartjie BaartmanSpinnekopAarde se atmosfeerVergelykings (taalkunde)OrthopteraUniegebouKoorsblaarTweede WêreldoorlogEjakulasieJohannesburgPêrelEvangelies Gereformeerde KerkNasionale PartyHeelgetalSirkelPerdebyeAppel (sanger)WielewaalSatellietfotoParkinson se siekteMaselsApostelJakobOmtrek, oppervlakte en volumeOlimpiese Somerspele 2024Omgewingskwessies in Suider-AfrikaDanie du ToitSosiale mediaPoesTsoenamiGraatjiemeerkatPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaBevolkingKlimaatBaarmoederAustraliëSuid-Afrikaanse WeermagBetonNiersteenOntbossingDonderstormRobbie WesselsDemi Lee MooreEugenetikaMelaatsheidLys van nedersettings in Suid-AfrikaGetalAdolessensieHartSatellietBTWPeach van PletzenSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024🡆 More