Pidgin

‘n Pidgin of pidgintaal is ’n vereenvoudigde taal wat ontwikkel as ’n kommunikasiemiddel tussen twee of meer groepe wat nie ’n taal deel nie.

Dit word algemeen toegepas in handelsituasies, of waar beide groepe ander tale praat as die land waarin hulle hulself bevind (maar geen gemene taal tussen die groepe bestaan nie). Wesenlik is ’n pidgin ’n vereenvoudigde kommunikasiemetode, aangesien dit uit die vuis uit, of volgens konvensie, saamgestel word deur individue of groepe mense. ’n Pidgin is nie ’n moedertaal van enige spraakgemeenskap nie, maar word eerder as ’n tweedetaal aangeleer.

’n Pidgin kan opgebou word uit woorde, klanke of lyftaal van veelvuldige tale en kulture. Dit laat kommunikasie toe tussen mense en groepe wat andersins geen ooreenkomste in taal deel nie, en het geen rigiede reëls nie, solank beide partye mekaar kan verstaan. Pidgins kan verander word en volg nie ’n spesifieke volgorde nie. Pidgins het in die algemeen ’n lae aansien in verhouding tot ander tale.

Nie alle vereenvoudigde of "gebroke" vorms van ’n taal is pidgins nie. Elke pidgin het sy eie gebruiksnorme wat aangeleer moet word vir bedrewenheid in die pidgin.

Verwysings

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

OutismeOnderwys in Suid-AfrikaGeorgiëLiefdeJapanRina HugoPornografiese akteurSmall HandsMuggieKriekSuurstofLys van veltoestandeCLikkewaanDoopTolla van der MerweEoraptorCristiano RonaldoSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1989PersentasieOrgaanVerkoueLionel MessiPornhubDiepaartromboseEkologieDesiré GardnerInsekMamelukNatuurbewaringSteenkoolUniversiteit StellenboschMarita NapierMeervoudKoorsBatmanTikTokLiewe HeksieBybelvertalingKomeetOorlog in Soedan (sedert 2023)MenseregtedagRoekelose DadeSlag van Cuito CuanavaleSowjetunieMenstruasieAbstraksie (rekenaarwetenskap)Orkney Snork NieKoorsblaarOogproblemeGuillain-Barré-sindroomAkkedisKwaZulu-NatalTaalSuikersiekteGeografie van Suid-AfrikaOos-KaapBakterieLeeuLandbouSonHerpes simplexDrie SusterskerkeBoeberFacebookHematurieDuitse perdebyBrongitis🡆 More