Wiki Afrikaans 2023: Spesiaal:Soek
AFVietnameseEnglish

Pick n Pay

From Wikipedia, the free encyclopedia

Pick n Pay is die tweede grootste supermarkkettingwinkelgroep in Suid-Afrika, gestig in 1967. Daar is ook takke in ander streke van Suider-Afrika, soos Botswana, Mosambiek, Zambië, Zimbabwe, Lesotho, Namibië en Mauritius; en daar is beplan om nog een te open in Malawi. Die stigter van die ketting was Jack Goldin, wat in Obeliai Litaue gebore is, maar na Suid-Afrika gevlug het toe die Nazi's sy dorp binnegeval het. Raymond Ackerman het aanvanklik drie Pick n Pay supermarkte (in Kaapstad) van Goldin gekoop, en die groep oor dekades reusagtig uitgebrei. Hy het as uitvoerende voorsitter gedien tot en met sy aftrede in 2010. Sy oudste seun, Gareth, is die huidige voorsitter.[4]

Pick n Pay Stores Ltd.
Pick n Pay.JPG
TipePublieke maatskappy
Gestig1967[1]
HoofkantoorKenilworth, Kaapstad, Suid-Afrika
SleutelpersoneGareth Ackerman
(Nie-uitvoerende voorsitter)
Pieter Boone: (HUB)
Lerena Olivier: (HFB)
IndustrieKleinhandel
InkomsteGreen Arrow Up Darker.svg R93.0 miljard (Finjaar 2021)[2]
BedryfsinkomsteGreen Arrow Up Darker.svg R15.25 miljard (2018)
Netto inkomsteRed Arrow Down.svg R967.11 miljoen (2021)
BatesGreen Arrow Up Darker.svg R37.8 miljard (2021)
Werknemers90 000[3]
Webwerfpicknpay.co.za

Ander supermarkkettings in Suid-Afrika wat deel vorm van die Pick n Paygroep is die Score supermarkte en Boxer. Pick n Pay is egter tans besig met die omskakeling van Score supermarkte na Pick n Pay franchises. Hierdie inisiatief vorm die kern van Pick n Pay se ekonomiese bemagtigingskema.

As gevolg van 'n afname in wins, het die maatskappy sy werkersvakbonde in Julie 2011 ingelig dat hy 3 137 van sy 36 673 personeellede sou aflê.[5]

Herposisionering

Die Pick n Pay-merk, wat grootliks onveranderd gebly het sedert die 1970's, is in November 2007 herontwerp. Die maatskappy het aangekondig dat 'n merktransformasie sou plaasvind in die vorm van 'n handelsmerkherontwerp, nuwe uniforms, advertensieveldtogte, en die slagspreuk "Geïnspireer deur Jou". Hierdie herposisionering van die ikoniese Pick n Pay merk het gelei tot die verdwyning van die apostroof wat voor die "n" verskyn het.

Winkelsoorte

  • Pick n Pay Supermarkte
  • Pick n Pay Familie
  • Pick n Pay Liquor
  • Pick n Pay Clothing
  • Pick n Pay Hyper
  • Pick n Pay Express
  • Pick n Pay Pharmacy (ingesluit in sommige supermarkte en hipermarkte)
  • Pick n Pay Mini Market
  • Pick n Pay Mini-winkels

Verwysings

Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 3.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
This article uses material from the Wikipedia article Pick n Pay, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply. (view authors).