Pi-Ramses

Pi-Ramses (Pi-Ramses Aa-nachtoe, Huis van Ramses, Groot in Oorwinning) was die nuwe hoofstad wat deur farao Ramses II (bewind 1279–1213 v.C.) van die 19de Dinastie laat bou is by Qantir, naby die ou terrein van Avaris.

Pi-Ramses
Die voete van Ramses II se standbeeld by Pi-Ramses.
Die voete van Ramses II se standbeeld by Pi-Ramses.
Koördinate 30°47′56″N 31°50′9″O / 30.79889°N 31.83583°O / 30.79889; 31.83583 31°50′9″O / 30.79889°N 31.83583°O / 30.79889; 31.83583
Land Egipte
Soort Nedersetting
Geskiedenis
Bouer Ramses II
Gestig 13de eeu v.C.
Tydperk Nuwe Ryk tot Derde Oorgangstydperk

Geskiedenis

Die stad het voorheen gedien as ’n somerpaleis van Seti I (omstreeks 1290–1279 v.C.), en is vermoedelik reeds deur Ramses I (omstreeks 1292–1290 v.C.) laat bou terwyl hy onder Horemheb gedien het.

Oorspronklik is geglo die stad het minder belangrik geword ná die val van die Egiptiese owerheid in die buiteland tydens die 20ste Dinastie, en dat dit daartoe gelei het dat die stad sy status as koninklike woonplek verloor het. Dit is nou bekend dat die sytak van die Nylrivier waaraan die stad geleë was, omstreeks 1060 v.C. begin toeslik het en dat die stad toe nie water gehad het nie. ’n Nuwe sytak is eindelik meer wes gevorm. Die 20ste Dinastie het hul woonplek na die nuwe sytak geskuif en die stad Tanis as nuwe hoofstad van Benede-Egipte gebou op sy oewer, 100 km noordwes van Pi-Ramses. Die farao's van die 21ste Dinastie het al die ou tempels, obeliske, steles, standbeelde en sfinkse van Pi-Ramses na die nuwe terrein geskuif. Groot geboue is in seksies afgebreek en by Tanis weer aanmekaargesit. Stene van minder belangrike geboue is gebruik vir nuwe tempels en geboue.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

FaraoRamses II

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Racheltjie de BeerHamburgerHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalGevolge van aardverwarming op oseaneVerdampingBorsLugbesoedelingStellenboschSeptimius AwardsPapegaaieSeekoeiEkonomiese sektorKoos du PlessisJodeBywoordSoweto-opstand7de LaanLionel MessiDoopWolfDokterBek-en-klouseerBoer Soek 'n VrouLys van chemiese elemente volgens atoomgetalVarkgriepGloeilampKultuurAkademiaAardverwarmingSeksueel oordraagbare infeksieAfrikaansInfeksieKasteel die Goeie HoopVierkantswortelBrittany Ashton HolmesMosesEkonomieDroomBysteekToekoms van die AardePornografiese akteurGeslagsgelykheidAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeHartaanvalParkinson se siekteLongontstekingVerenigde KoninkrykRuslandLeierTolla van der MerweKindersiektesDonkieOorstromingOnderhandelinge om apartheid te beëindigLyfstraf in skoleTrekarbeidSteenkoolEerste WêreldoorlogKommunismeSaartjie BaartmanNierversakingLys van Joodse feeste en herdenkingsMahatma GandhiSkooluniformVratHorlosiePlaattektoniekWes-KaapDie ontstaan van die dramaMagneetHeupSiya KolisiWikiStikstofSpringbok🡆 More