Piëtisme

Piëtisme is die belangrikste hervormings- en vroomheidsbeweging in die vastelandse Europese Protestantisme ná die Protestantse Hervorming.

In teologiese opsig was dit 'n terugkeer na die sentrale beginsels van die Reformasie, alhoewel dit sterk deur ander tradisies beïnvloed en omgevorm is. Die vrome subjek staan sentraal in piëtisme, terwyl die suiwerheid van die kerkleer net soos kerkeenheid minder belangrik geag word. So toon piëtisme moderne trekke wat die persoonlikheid van die indiwidu en die waarde, wat daaraan geheg word, betref. Andersyds het piëtisme in die loop van sy ontwikkeling in baie opsigte 'n teologies en sosiaal behoudende beweging geword.

Piëtisme
Philipp Jakob Spener (1635–1705) is bekend as die "Vader van Piëtisme".

In Duitsland het piëtisme sedert sy ontstaan in die tweede helfte van die 17de eeu vele veranderinge ondergaan – van klassieke piëtisme gedurende die Baroktyd, laat piëtisme in die laaste dekades van die 18de en in die vroeë 19de eeu, 19de eeuse opwekkingsbewegings en gemeenskapsbewegings, tot die evangelikale beweging in die tweede helfte van die 20ste eeu. Radikale piëtisme is 'n stroming binne die beweging wat krities teenoor die kerk staan.

Verwysings

Tags:

Protestantse HervormingReformasie

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

RuslandInstagramIntensiewe vormKragopwekkingJan van RiebeeckAkwariumHoofkarakterKaren MeiringMuskietSkoolOnderwys in Suid-AfrikaBorskankerMis (weerkunde)KommunikasieRenaissanceNG gemeente JansenvilleBreinvliesontstekingNasionale VrouedagPaddaJan-Willem BreureDieregeluideKoggelmanderFluoorBeenbreuke en ontwrigtingsSokkerPlastiekRassisme in AfrikaPenisOlifantMenseregtedagMeningsverskil oor aardverwarmingNeologismeSwitserlandNag van die lang messeBloedsomloopstelselPikkewynGroot vyfWindkragIngrid JonkerRenosterGeestesgesondheidNic de JagerGriepLys van nedersettings in Suid-AfrikaArabiesSinoniemLionel PetersonBloedvergiftigingKoppeltekenAardedagStresPeach van PletzenPrimêre sektor van die ekonomieLettergreepInligtingstegnologieLiefdeVigsAfrikaanse WikipediaCSSYouTubeGroepsgebiedewetManie JacksonIronieHeupvervangingRicus NelRefentse MorakeAmandelJan van TonderStaatstoelaeMikro-ekonomieMenslike skeletLys van Suider-Afrikaanse varswater visfamiliesWet op Bantoe-onderwysAgtervoegselDepressie (gemoedstoestand)🡆 More