Brosdoring

Die brosdoring (Phaeoptilum spinosum), van die monotipiese genus Phaeoptilum, is 'n struik wat inheems is aan die dorre binnelandse streke van Suider-Afrika.

Dit is ook die enigste verteenwoordiger van die tribus Bougainvilleeae, en is benewens die enigste spesie van die familie wat inheems is aan Suider-Afrika. Slegs 'n studie van die reproduktiewe kenmerke verraai die familie, waarvan dit 'n buitengewone lid is.

Brosdoring
Brosdoring
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
(geen rang):
(geen rang):
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
P. spinosum
Binomiale naam
Phaeoptilum spinosum
Radlk., (1883)
Brosdoring
Verspreiding
Sinonieme
  • Amphoranthus spinosus (Radlk.) S.Moore
  • Nachtigalia protectorata Schinz
  • Phaeoptilum heimerli Engl.

Dit word aangetref vanaf die Kunenestreek via sentraal-Namibië suidwaarts tot in die Noord-Kaap en wes-Vrystaat, en is lokaal aanwesig in Botswana en Limpopo. Dit is 'n waardevolle droogtebestande weidingsplant, wat deur boerbokke en koedoes benut word. Dit kom ook voor in Angola.

Die struik is meestal klein, maar kan by uitsondering drie meter hoog word. Dit het 'n houtagtige stam waaruit etlike dun en hangende takke in 'n radiale formasie groei. Die takke eindig in pendorings, wat ook al langs die takke aangetref word. Bondels linêere blare groei uit kort stompies op die takke.

Die bos dra bleekgeel tot groen-gelerige bloeisels in die lente, waarna die rooi, rosige of pers samaravrugte in Oktober te voorskyn kom. Die vrugte word maklik met dié van 'n Combretum-spesie verwar, maar is egter antokarpe, d.w.s. 'n soort byvrug. Die brosdoring se byvrug is 'n dopvrug wat grootliks deur die laer dele van die periant, oftewel die nie-reproduktiewe dele van die blom, omsluit word.

Die benaming klaasasgat vir hierdie spesie is na bewering daaraan te danke dat die hout wat goed brand, slegs as nalaat.

Die boom se FSA-nommer is 103.7.

Galery

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Brosdoring GaleryBrosdoring Sien ookBrosdoring VerwysingsBrosdoring Eksterne skakelsBrosdoring

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Carles PuigdemontLys van Suider-Afrikaanse soogdiereSiya KolisiSeksuele opwekkingTamatieTegnologieKatoenKrugerwildtuinWerkersdagVoornaamwoordPlae van EgipteVerkragtingApartheidProteaGriekwa-AfrikaansGawes van die Heilige GeesPuberteitHector PietersonCarike KeuzenkampVryheidsdagSonMona LisaJakkalsVratKonsonantVersoeningsdagDermpoliepStudievaardighedeSpysverteringstelselIdioomAardkorsHoenderLeestekenMadison IvyVoorsetselKapitalismeWerkwoordEuropaVolstruisUKhahlamba-DrakensbergparkVerantwoordelikheid7de LaanJohannesburgPretoriaInternetSwart menseAkroniemGemeenskapsorganisasieHomoniemAarverkalkingSeekatKartografieInsekErosieAngolese BurgeroorlogSkildklierGipsKappie (skryfteken)DiepaartromboseDesimale breukeLys van chemiese elemente volgens atoomgetalSosiale mediaRacheltjie de BeerBestuiwingGemeenskapMobutu Sese SekoSeksuele penetrasieAngssteuringFiksieRenteArmoedeAarde se atmosfeerEkonomieGeweld🡆 More