Die peulmahonie (Afzelia quanzensis) is 'n bladwisselende boom met 'n platterige kroon wat voorkom in klein stande op klipperige of sanderige grond.
Die boom groei in Suid-Afrika in die noorde van KwaZulu-Natal, Mpumalanga en Limpopo. Dit is ook inheems in Angola, Botswana, Demokratiese Republiek die Kongo, Eswatini, Kenia, Malawi, Mosambiek, Namibië, Somalië, Tanzanië, Zambië en Zimbabwe.
Peulmahonie | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Fabales |
Familie: | Fabaceae |
Genus: | Afzelia |
Spesie: | A. quanzensis |
Binomiale naam | |
Afzelia quanzensis Welw., (1859) | |
Sinonieme | |
|
Kenmerkend van die boom is die groot, swaar houtagtige peule. Die sade is groot en donkerbruin met 'n wasagtige, rooi arillus. Die blare is veervormig saamgestel met 'n hoë glans - donkergroen bo en dowwer onder. Dit is 'n beskermde spesie in Suid-Afrika, en kan net met die nodige lisensie benut word.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Peulmahonie, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.