Petronel Malan

Petronel Malan is in 1974 in Pretoria, Suid-Afrika gebore.

Sy is 'n Suid-Afrikaanse konsertpianis wat in die Verenigde State woon.

Petronel Malan
Gebore1974
Pretoria, Suid-Afrika
GenresKlassieke musiek
Beroep(e)Konsertpianis
InstrumenteKlavier
EtiketteHänssler Classic
Webwerfwww.petronelmalan.com

Sy is 'n Grammy-genomineerde Suid-Afrikaanse pianis en 'n eksklusiewe opname-kunstenaar vir die internasionaal-erkende plaatetiket Hänssler Classic in Duitsland. Haar debuutalbum, Transfigured Bach: The Complete Bach Transcriptions of Bartók, Lipatti and Ignaz Friedman, is genomineer vir drie Grammy toekennings, waaronder "Beste instrumentale solo-album". Die album was langer as 30 weke op die Top-10-lys van Classic FM en het kritiese lof ontvang. Haar tweede opname in die reeks, Transfigured Mozart, is in 2006 vrygestel tydens 'n 15-konsert-toer in Suid-Afrika ter herdenking van die 250ste herdenking van Mozart se geboorte. Transfigured Beethoven is in 2008 vrygestel. Transfigured Tchaikovsky (2012) bevat die liedereverwerkings van Isaac Mikhnovsky. In 2015 het sy Transfigured Brahms vrygestel, wat die heel eerste verwerkings van dié werke deur die Amerikaanse komponis Lowell Liebermann insluit. As 'n Blüthner-kunstenaar maak sy uitsluitlik van die klaviere gebruik vir haar opnames.

Agtergrond

Malan is in Suid-Afrika gebore. Haar voorouers is Franse Hugenote wat in 1688 voet aan wal in die Kaap gesit het. Sy het op vierjarige ouderdom klavierlesse by haar ma, 'n operasangeres, begin neem. Sy word beskou as die "laaste wonderkind" van die ontslape Suid-Afrikaanse pedagoog Adolph Hallis, en het op tienjarige ouderdom haar debuut by die Johannesburgse Simfonieorkes gemaak. Malan het haar eerste nasionale goue medalje op twaalfjarige ouderdom verower (ATKV Prelude Kompetisies) en haar eerste internasionale goue medalje op veertienjarige ouderdom tydens die Derde Internasionale Klavierkompetisie in Marsala, Sisilië. Nadat sy elke kompetisie gewen het waarvoor sy in Suid-Afrika kon inskryf, het sy die voorste Suid-Afrikaanse pianis van haar generasie geword toe sy die jongste persoon geword het wat die gesogte SAUK-musiekprys-kompetisie kon wen. Sy het na die Verenigde State verhuis ten einde haar loopbaan na te jaag.

Sy het haar studies voortgesit onder Joseph Stanford, Steven De Groote, Ralph Votapek en Earl Wild. Petronel het beide haar meesters- doktorale graad in musiek aan die University of North Texas College of Music voltooi en onder Joseph Banowetz studeer.

Na haar Europese debuut in 1988 in Rome het sy voortgegaan om wêreldwyd orkes-, solo- en kamermusiek-uitvoerings te gee. Van die hoogtepunte in haar loopbaan sluit uitvoerings in by gesogte liggings soos die Carnegie Recital Hall, die Salle Cortot en die Théâtre du Châtelet in Parys, die Mozarteum in Salzburg, die Liszt Museum in Boedapest, die Kravis Center in West Palm Beach, die Orchestra Hall in Chicago en die Bass Hall in Fort Worth asook uitvoerings in Sint Petersburg, Rusland. Haar fees-optredes sluit onder meer uitvoerings tydens die Gilmore Klavier-fees, die Jasper-musiekfees, die Great Romantics-fees, Ravinia-fees, die Levočské Babie Leto-fees in Slowakye, en die Music in the Mountains-fees in Colorado, in. Sy het saam met dirigente soos Vasily Petrenko, Bernhard Gueller, Karina Canellakis, Daniel Boico, Dmitry Manilov, Omri Hadari, Yashima Takeda, Bernhard Gueller en Fuzao Kajima gewerk. Haar uitvoerings en verskynings vir televisie, radio en die web sluit regstreekse uitvoerings in Europa, Kanada, die VSA en verskeie dokumentêre televisieprogramme in Suid-Afrika in.

Sy handhaaf 'n volledige skedule dwarsoor die wêreld as solis, orkes-solis en kamermusikus. Sy beoordeel gereeld klavierkompetisies en bied ook gereeld meesterklasse en lesings aan in die Verenigde State en Suid-Afrika.

Toekennings

In 2000 is vier goue medaljes aan haar toegeken tydens die Louise McMahon Internasionale Musiekkompetisie, die Missouri Southern International Piano Competition, die Hilton Head International Piano Competition en die Los Angeles Liszt-kompetisie "Budapest Concert". Sy was ook 'n groot pryswenner tydens die Web Concert Hall Competition van 2000 (www.webconcerthall.com) en 'n goue medalje wenner tydens die Young Texas Artist Competition en die Grace Welsh Piano Prize, om maar 'n paar te noem.

In 2003 is sy bekroon met die nasionale Rapport/City Press Prestige-toekenning as een van die "10 mees inspirerende vroue-presteerders" in Suid-Afrika.

In 2006 het sy die Kanna-prys vir haar uitverkoopte uitvoerings tydens die KKNK op Oudtshoorn gewen. Die Kannas word ook die "Karoo Oscars" genoem.

In 2012 het sy die Young Alumni-toekenning van die Universiteit van Noord-Texas gewen.

In 2013 is die "The American Prize" aan haar toegeken vir haar opname getitel "Transfigured Tchaikovsky."

In 2014 het sy die kykNet Fiesta-toekenning ontvang wat toegeken is aan die beste lewendige uitvoering tydens 'n nasionale kunstefees in die kategorie: Klassieke musiek.

Opnames op Blüthner

Malan is 'n eksklusiewe kunstenaar vir Blüthner, en maak uitsluitlik van dié instrumente gebruik vir haar opnames. Sy besit verskeie klaviere, waaronder 'n konsertgrootte Blüthner.

Bondige diskografie

  • Transfigured Bach: The Bach Transcriptions of Bartók, Lipatti and Friedman, Hännsler Classic
  • Transfigured Mozart, Hännsler Classic.
  • Transfigured Beethoven, Hännsler Classic
  • Transfigured Tchaikovsky, Hännsler Classic
  • Transfigured Brahms, Hännsler Classic

Eksterne skakels

  • Petronel Malan se amptelike webblad
  • "MozartCircle Interview: 10 Questions with Petronel Malan". 1 Julie 2017.
  • Bach kantates webwerf artikel oor Petronel Malan
  • Petronel Malan diskografie vir Hännsler Classic
  • Youtube video: Petronel Malan: Haydn Klaviersonate in C majeur Hob XVI/ 50, Iste Bew.

Verwysings

Tags:

Petronel Malan AgtergrondPetronel Malan ToekenningsPetronel Malan Opnames op BlüthnerPetronel Malan Bondige diskografiePetronel Malan Eksterne skakelsPetronel Malan VerwysingsPetronel MalanPianisPretoriaVerenigde State

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Willie JoubertGevolge van aardverwarming op oseaneJacques LootsNatuurGroot GatMobutu Sese SekoKultuurNoord-KaapDepressie (gemoedstoestand)GoogleOos-KaapHidroëlektrisiteitDeelwoordWikiquoteMediese diagnoseCovid-19-pandemieKleurVoorsetselBosvarkDoelwitItaliëDiatomiese molekuulSomerDomineeJo BlackLiewe HeksieKewerSekondêre sektor van die ekonomieMiddelmisbruikAarverkalkingLys van politieke partye in Suid-AfrikaLoftus MaraisMantisMetafoorBeleggingEienaamGrondbesoedelingLys van Griekse mitologiese figureTermiese geleidingsvermoëSublimasieParasitiese siektesJuraMaselsSoweto-opstandRugbyLionel PetersonNicole StraussSelfoonEllipstekenPubiese hareDistillasieStikstofRooikatLys van Suid-Afrikaanse musikanteAtoomBoontjieSuid-Afrikaanse Nasionale ParkeMorfologie (taalkunde)GenadedoodPriemfaktorSeksualiteitJode in Suid-AfrikaStaalGeslagsgelykheidCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaBevolkingEkotoerismeGriepDemokratiese AlliansieWet op NaturellengrondCheslin KolbeKnieProteïenWoordRuslandVennootskap🡆 More