Petroesjka

Petroesjka (Russies: Петру́шка, IFA: /pʲɪtˈruʂkə/, luister (hulp·inligting)) is ’n Russiese poppekaskarakter wat al sedert die 17de eeu bekend is.

Petroesjkas is as handskoenpoppe of marionette gebruik. Hy is tradisioneel ’n soort grapjas met rooi klere en ’n punthoed, en dikwels ’n lang neus.

Petroesjka
Die grafsteen van Vaslav Nijinsky in Parys. Dit beeld Nijinsky as Petroesjka uit.

Etimologie

Hoewel die Russiese homoniem van petroesjka pietersielie beteken, is die karakter se naam ’n verkleiningsvorm van die naam Pjotr (Pieter).

Geskiedenis

Keiserin Anna van Rusland se hofnar Pietro-Mira Pedrillo van Italië het as prototipe vir Petroesjka gedien. Daar was ’n paar basiese storielyne: die mediese behandeling van Petroesjka, hy as soldaat, ’n toneel met sy bruid en die koop van ’n perd.

Hy was aanvanklik ’n karakter van tipiese klugspele wat op volwasse gehore gemik was. As poppekaskarakter wat hoofsaaklik kinders vermaak het, het hy minder vulgêr en aggressief geraak. In die Sowjetunie is hy dikwels in propaganda gebruik, waar hy arm boere verdedig en die rykes aangeval het.

Die Russiese Kinderwelsynvereniging hou ’n jaarlikse Petroesjka-bal, met as tema die karakter wat verlief raak op ’n grasieuse ballerina.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Petroesjka EtimologiePetroesjka GeskiedenisPetroesjka VerwysingsPetroesjka Eksterne skakelsPetroesjkaHoedIFALêer:Ru-петрушка.oggNeusPoppekasRooiRu-петрушка.oggRuslandRussiesWikipedia:Mediahulp

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

VerantwoordelikheidKonflik (proses)MuishondElektroniese of digitale mediaCarles PuigdemontSuurstofLettergreepSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024PenisDuitslandWoestynGeslagWayde van Niekerk22 AprilResensieSamespanningEkonomieAkroniemHeuningCleopatra VIILys van Suid-Afrikaanse skrywersVersoeningsdagCristiano RonaldoWêreld- Ekonomiese ForumSosiale ordeSoutsuurBeroerteFaf de KlerkKoos du PlessisTeam Fortress 2ToutrekManie LibbokHoofstadMiddeloorontstekingChris HaniMantisWiki CommonsSendelingposisieVliegtuigSuid-Afrikaanse randKaapse florarykN.P. van Wyk LouwKinderregteHibernasieVerkragtingOmgewingskwessies in Suider-AfrikaRieldansOrgasmeKolitisGeskiedenis van erotiese afbeeldingsKrokodilGoogleGalblaasOmgewingsbeheerHoofkarakterCalviniaSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994FrankrykGriepInentingSeksuele opwekkingProteïenSeekoeiHipoteseOranje-VrystaatKatMondAardbewingSpierVerkleinwoordKaartC. Louis LeipoldtJeuksiekteRobbeneilandLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)🡆 More