Perestroika

Perestroika (Russies: перестройка; herstrukturering, letterlik verbouing of rekonstruksie) was die hervormingspolitiek van Gorbatsjof, wat plaasgevind het tydens die twaalfde vyfjaarplan van die Sowjet-Unie.

Gorbatsjof, die eerste in 'n generasie USSR-leiers sedert die terreur van Stalin, het in 1985 gepoog om die stagnerende Sowjet-Unie weer op dreef te kry deur glasnost, d.w.s. openheid, asook perestroika, d.w.s. staatkundige en ekonomiese hervorminge.

Perestroika
Posseël wat as propaganda vir perestroika gebruik is.

Dit word deur Gorbatsjof beskryf in sy boek Perestroika (oorspronklike titel: Перестройка и новое мышление (Perestroïke i novoi mysjlenii) – "Oor herstrukturering en nuwe denke") wat 1987 verskyn het. Gorbatsjof het die perestroika-konsep gekoppel aan die konsep glasnost, oftewel openheid. Glasnost en perestroika kon egter nie die ineenstorting van kommunisme in die Sowjet-Unie verhoed nie.

Perestroika was 'n politiek wat gebaseer is op verdere ontwapening en die veranderinge wat dit vir die Oos-Europese kommunistiese wêreld meegebring het, terwyl die belange van die Sowjetvolk as leidraad gedien het. Sekondêre beweegredes was die "herontdekking" van onder meer sosialisme, die idees van Lenin en die Oktoberrewolusie van 1917.

Met Gorbatsjof as sekretarisgeneraal van die Kommunistiese Party, het die Sowjet-Unie toenadering tot die westerse wêreld gesoek, en het vir hulself 'n sleutelrol in Europa gesien, mits dit tot 'n duidelike Pan-Europese politiek sou ontwikkel.

Eksterne skakels

Tags:

Michail GorbatsjofRussiesSowjet-Unie

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

PiesangTelkomAnrich HerbstSenuweestelselCleopatra VIIPablo PicassoBynierOseaanbesoedelingDonderstormJudaïsmeYslandWoordsoortSlag van BloedrivierPersoon (taalkunde)LübeckRob HersovChromatografieNaaldekokerInfeksieMadison IvyMurunwa MakwarelaHannes van WykLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaNederlandsLatynInternetSelfmoordTopsy SmithJapie GreylingIntensiewe vormKunsHadedaSonWitrenosterWater (molekuul)EmfiseemNatriumsulfietElektrolietVerenigde State van AmerikaMonopolieFrankrykMenseregtedagSout (chemiese stof)Transatlantiese slawehandelDansGoogleVoornaamwoordPubliekBloeddrukTaalDeelwoordMangelontstekingMeningsverskil oor aardverwarmingKerngeneeskundeVoortrekkersWerkersdagOu Apostoliese KerkLys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike nameKaapstadKonjunktivitisWaarheid-en-versoeningskommissieKongo-krisisWerkloosheidDolfynBloedvergiftigingGqeberhaJaarPlastiekLys van musiekinstrumenteStadRooikatKrugerwildtuinAlliterasieConsolidated B-24 LiberatorPornografieByvoeglike naamwoordHindoeïsmeVoeding🡆 More