Percy Fitzpatrick

Sir Percy Fitzpatrick (1862 - 1931) was 'n Suid-Afrikaanse skrywer, politikus, mynbou-finansier en pionier in die vrugtebedryf.

Hy was die outeur van die klassieke kinderboek, Jock of the Bushveld (1907) wat onder andere na Afrikaans vertaal is. As politikus het hy Britse Imperiale belange voor en tydens die Anglo-Boereoorlog verdedig.

Percy Fitzpatrick
Percy Fitzpatrick
Percy Fitzpatrick
Gebore
James Percy FitzPatrick

24 Julie 1862
Sterf24 Januarie 1931
NasionaliteitSuid-Afrika
BeroepSkrywer, politikus, boer
Bekend virJock van die bosveld

Beknopte biografie

James Percy FitzPatrick op 24 Julie 1862 in King William's Town gebore. Hy is die oudste seun van James Coleman FitzPatrick, 'n regter van die Hooggeregshof van die Kaapkolonie, en Jenny FitzGerald. Albei is oorspronklik van Ierland. Twee van James Coleman FitzPatrick se ander seuns is in aksie oorlede - Thomas in die Matabele-opstand en George in die Tweede Vryheidsoorlog (wat aan Britse kant met die Imperial Light Horse Regiment geveg het).

FitzPatrick begin sy opleiding by die Downside School naby Bath, Somerset in Engeland, en later aan die St. Aidan's College op Grahamstown in Suid-Afrika.

Na sy vader se dood in 1880 verlaat hy die kollege om sy moeder en gesin te ondersteun. Hy werk vir 'n geruime tyd as 'n klerk by Standard Bank in Kaapstad. In 1884 vertrek hy na die goudvelde van die Oos-Transvaal, waar hy as 'n stoorman, assistent-prospekteerder en joernalis werk. Hy werk ook as 'n ruiter wat ossewaens van die voormalige Lourenço Marques na Lydenburg en Barberton verskuif. Later word hy die redakteur van die Gold Fields News in Barberton. Sy avonture oor hierdie tyd is in 1907 as Jock of the Bushveld gepubliseer.

Hy is op 24 Januarie 1931 op 68 jarige ouderdom in Amanzi in Uitenhage, die Unie van Suid-Afrika oorlede. Die oorsaak van sy dood is onbekend. Hy is by The Lookout begrawe. Die terrein bied 'n pragtige uitsig oor die Sondagsriviervallei.

Bibliografie

  • Through Mashonaland with Pick and Pen, 1892
  • The Transvaal from Within, 1899
  • Jock of the Bushveld, 1907
  • South African Memories, 1932 (postuum gepubliseer)

Verwysings

Tags:

18621931AfrikaansAnglo-BoereoorlogMynbouSuid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Angkor WatMusiekNederlandLikkewaanAllergiePersoonlikheidSally EsterhuizenTropiese huisgeitjiePoësieTropiese sikloonIntensiewe vormInfeksieKasteel die Goeie HoopEikelBybelvertaling2024 Japannese Grand PrixNasiebouSuurstofVolhoubaarheidEmily HobhouseAnale kankerMarga van RooyWladimir PoetinSeksualiteitSeksueel oordraagbare infeksieVulkaanTrappe van vergelykingDuitse maselsANoord-KaapSuid-Afrikaanse InkomstediensNatuurlike satelliete van kleinplaneteInsekGeurmiddelJan van RiebeeckSaharaPapegaaieStrandbeestWaterhertNazi-saluutAswoensdagTonnels van Củ ChiWiskundeBloutongsiekteWikisourcePlae van EgipteCleopatra VIIPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaHeupvervangingTobie CronjéKrieketIerse nasionale rugbyspanThabo MbekiBysteekMamelukRoekelose DadeWes-AfrikaDieregeluideSerafín DengraBelgiëGenesisIndiëBreinEjakulasieHondeklipbaaiAsiëJapanBoomSkilpadAnneli van RooyenWallisLewer🡆 More