Die Huilboom (Peltophorum africanum) is 'n struik of 'n boom wat tot middelgroot kan word.
Die boom is dikwels twee- of driestammig by die basis vertak. Dit verkies bosryke grasveld en vleirande om op te groei. Die boom het varingagtige steunblare van ongeveer 10 mm lank aan die basisse van die blaarstele op die jong lote. Die blomme bestaan uit heldergeel blomtakkies van tot 15 cm lank. Dit dra ook peule van sowat 10 x 2 cm wat vir maande aan die boom bly. In Engels staan die boom bekend as African weeping wattle. Die boom se FSA-nommer is 215.
Huilboom | |
---|---|
Huilboom naby Soutpan-krater | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Fabales |
Familie: | Fabaceae |
Genus: | Peltophorum |
Spesie: | P. africanum |
Binomiale naam | |
Peltophorum africanum Sond., (1850) | |
Sinonieme | |
|
Die spesie is inheems in Angola, Botswana, Demokratiese Republiek die Kongo, Eswatini, Malawi, Mosambiek, Namibië, Zambië en Zimbabwe. In Suid-Afrika kom die spesie in Gauteng, KwaZulu-Natal, Limpopo, Mpumalanga en Noordwes voor.
Hierdie boom is een van die bome wat in Afrika as reënbome bekendstaan. In die lentemaande drup daar soms water van dié bome se takke. Die verskynsel word veroorsaak deur 'n klein insek wat die skuimbesie Ptyelus grossus genoem word. Onvolwasse skuimbesies pak saam op die jong lote en verkry hul voedsel deur die sap te suig. Terwyl hul sap inneem, skei die insekte suiwer water af wat die reën of gehuil veroorsaak.
Wiki Commons bevat media in verband met Peltophorum africanum. |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Huilboom, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.