Pelée

Pelée (Frans: Montagne Pelée, Kaal Berg of Gestroopte Berg) is 'n aktiewe vulkaan in die noorde van die eiland Martinique, 'n Franse oorsese gebiede in die Klein-Antille in die Karibiese See.

Sy vulkaankeël bestaan uit lae verharde vulkaniese as en gestolde lawa. Pelée is in 2023 deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys.

Pelée
Pelée
Ligging Martinique
Hoogte 1 397 meter bo seevlak
Reeks Klein-Antille-vulkaanboog
Koördinate 14°49′N 61°10′W / 14.817°N 61.167°W / 14.817; -61.167 61°10′W / 14.817°N 61.167°W / 14.817; -61.167
Bergtipe Stratovulkaan
Laaste uitbarsting 1929-1932
Ligging van Pelée op 'n kaart (Martinique)
Pelée
Pelée
Ligging in Martinique.

Pelée se onlangsste uitbarsting was in 1932. Die uitbarsting in 1902 het die dorp Saint-Pierre verwoes en 29 000 tot 30 000 mense binne 'n paar minute gedood. Dit was die dodelikste vulkaanuitbarsting van die 20ste eeu.

In die hoofuitbarsting, op 8 Mei 1902, het net twee mense in die direkte pad van die ejektastroom oorleef: Een was in 'n swak geventileerde tronk en die ander een, wat ernstige brandwonde opgedoen het, het aan die buitewyke van die stad gewoon.

Geografiese ligging

Die berg Pelée is die gevolg van 'n tipiese subduksiesone. Laasgenoemde het die Klein-Antille-eilandboog gevorm; dit is 'n halfmaanvormige ketting vulkane van 850 km lank tussen Puerto Rico en Venezuela, waar die Karibiese Plaat die Atlantiese oseaankors, wat tot die Suid-Amerikaanse Plaat behoort, ontmoet. Ander vulkane op die eilandboog is ook bekend vir hulle vulkaniese aktiwiteite, insluitende op Saint Vincent, Guadeloupe en Montserrat.

Huidige status

Die vulkaan is tans aktief. 'n Paar aardbewings kom elke jaar op Martinique voor. Relatief klein stoomuitbarstings in 1792 en 1851 was bewyse daarvan dat die vulkaan aktief is. Tekens van onstuimigheid sal waarskynlik enige toekomstige aktiwiteit voorafgaan.

Saint-Pierre is nooit ten volle herbou nie, maar 'n paar dorpies met sowat 4 000 tot 5 000 inwoners is intussen weer daar gebou.

Op 6 Desember 2020 het vulkaanmonitors op Martinique die berg Pelée se waarskuwingsvlak van Groen (normaal) na Geel (rusteloos) verander vanweë 'n toename in seismiese aktiwiteit onder die vulkaan wat in April 2019 begin het. Dit is sover bekend die eerste teken van aktiwiteit sedert die uitbarsting in 1932.

Sien ook

Verwysings

Skakels

Tags:

Pelée Geografiese liggingPelée Huidige statusPelée Sien ookPelée VerwysingsPelée SkakelsPeléeFrankrykFransFranse oorsese gebiedeKaribiese SeeKlein-AntilleLawaMartiniqueUnescoVulkaanWêrelderfenisgebied

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

VennootskapSlag van BloedrivierMondOranjerivierWater (molekuul)WebjoernaalJagluiperdOnse VaderArthur GrumiauxVolstruisKoos du PlessisStadSuid-EuropaAvbobBloedsomloopstelselAfrikanersSpysverteringstelselWieg van die MensdomGeweldLiefdeEnkelvoudige sinKlein-KarooPoësieChemiese verbindingNetbalKaliumGeslagsgelykheidDistrik Ses3D-rolprentAngssteuringBoer Soek 'n VrouKindersiektesOu Apostoliese KerkSeptimius AwardsEiffeltoringKlimaatsverandering in AfrikaSeksuele opwekkingAntisemitismeUnited Democratic FrontBreinvliesontstekingMenslike skeletEjakulasieMagsverheffingPaddaHorlosieJeugdagAfrikaanse taalleerElon MuskBeurtkragDansMiddelmisbruikGemeenskapsorganisasieOntdekking van goud in Suid-AfrikaVars waterRenaissanceSlaginstrumentMierHoofkarakterMasturbasieItaliëAdolf HitlerSpierGawes van die Heilige GeesMassaTeam Fortress 2Thabo MbekiGordelroosAluminiumBreinkaartNatuurwetenskapIntensiewe vormMiskruierKangaroeApostoliese GeloofsbelydenisSwangerskapIslamitiese Staat🡆 More