Peilmerk

'n Peilmerk is 'n landmerk wat vir geodetiese opmeting gebruik word.

Peilmerke word gewoonlik deur regerings opgerig, en die koördinate en hoogte van die peilmerk word dan gepubliseer. Dit is meestal in die vorm van 'n ronde metaalplaatjie wat in 'n teerpad of in klip of beton geplaas word, maar die vorm daarvan verskil van land tot land. Die term word algemeen gebruik vir enige item wat gebruik word om 'n punt te merk as 'n hoogteverwysing.

Peilmerk
'n Peilmerk in Kanada.

Die hoogte van 'n peilmerk word bereken relatief tot die hoogtes van nabygeleë peilmerke in 'n netwerk wat ontstaan uit 'n fundamentele peilmerk. 'n Fundamentele peilmerk het 'n bekende hoogte, gewoonlik hoogte bo gemiddelde seevlak. Die posisie en hoogte van elke peilmerk word gewoonlik op topografiese kaarte aangedui.

Geskiedenis

Die term peilmerk is afkomstig van die Engelse term bench mark, wat verwys na die horisontale beitelmerke wat opnemers gemaak het in klipstrukture, waarin 'n hoekyster geplaas kon word om 'n "bank" te vorm vir nivelleringsapparate, om sodoende te verseker dat 'n nivelleringsapparaat akkuraat geposisioneer kon word.

Peilmerke in Suid-Afrika

Peilmerke vorm deel van 'n ou opnamestelsel, wat ongeveer 24 000 stadspeilmerke in 122 dorpe en stede in Suid-Afrika insluit, asook duisende peilmerke wat oorspronklik langs spoorlyne in 'n betonbasis geplaas is, maar ook later langs paaie en snelweë. Peilmerke in Suid-Afrika word deur die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming bestuur. Peilmerke word beskou as 'n passiewe stelsel aangesien 'n peilmerk slegs die koördinate en hoogte wat aan hom toegewys is verteenwoordig, en geen rol speel in die opdatering of monitering van sy posisie of hoogte nie. Hierdie opnamestelsel word geleidelik vervang deur aktiewe GPS-stasies, wat in Suid-Afrika bekend staan as TrigNet. Die voordeel van die nuwe GPS-gebaseerde stelsel is dat dit lewendige data voorsien, en die data kan elektronies gestoor word om later verwerk te word.

Peilmerkjag

Peilmerkjag (Engels: benchmarking) is 'n stokperdjie waarin deelnemers peilmerke moet vind. Tegnies, word die term "peilmerk" gebruik net as verwysing na peilmerke wat 'n hoogteverwysing aanwys, maar amateurs gebruik dikwels die term om ook trigonometriese bakens of ander verwysingspunte in te sluit. Deelnemers vind die teiken gewoonlik op 'n webblad. Soos met Geocaching, het die aktiwiteit gewild geword sedert ongeveer 1995, na aanleiding van die beskikbaarheid van data oor die ligging van peilmerke op die internet.

Fotogalery

Sien Ook

Verwysings

Eksterne skakels

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Peilmerk GeskiedenisPeilmerk e in Suid-AfrikaPeilmerk jagPeilmerk FotogaleryPeilmerk Sien OokPeilmerk VerwysingsPeilmerk Eksterne skakelsPeilmerkLandmerk

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

VratMunhwa Broadcasting CorporationRieldansVerkleinwoordRobert SobukweZack du PlessisLys van Suid-Afrikaanse musikanteBoer Soek 'n VrouLeon KrugerAnneli van RooyenMolekuulAngssteuringRuan PienaarOorstromingFiksieBaarmoederSuid-Afrikaanse WeermagPapierGeslagsgelykheidVulvaBlourokkeSelfieSinoniemMangelontstekingInstagramOlimpiese Somerspele 2024KrugerwildtuinAfrikaansLys van konsentrasiekampe in Nazi-DuitslandMisdaadPerdebyeWerkloosheidMotorregistrasienommerplate van Suid-AfrikaCSSCarles PuigdemontKoorsGasInfeksieKookpuntVoëlgriepJeuksiekteSeksuele stimulasieSkaapWikimedia-stigtingTweede VryheidsoorlogAlkoholismeMusiekteaterPornografiese subgenresMaatskaplike verantwoordelikheidLuislangeGalileo GalileiDemokratiese Republiek die KongoPersoonlikheidWater (molekuul)Wes-KaapNasionale VrouedagNeerslagNadia ValvekensMaagdelikheidMonopolieKalsiumWindOorlogChemiese elementRonelda KamferKankerLys van slangeNierKobus LombardDansLys van Afrikaanse skrywersRekenaarSteve Biko🡆 More