Pedro Sánchez: Spaanse politikus

Pedro Sánchez Pérez-Castejón (Spaanse uitspraak: , gebore 29 Februarie 1972 in Madrid) is 'n Spaanse politikus en die regeringspresident (eerste minister) van Spanje sedert 1 Junie 2018.

Pedro Sánchez
Pedro Sánchez
Amptelike portret, 2023

Eerste minister van Spanje
Ampsbekleër
Termynaanvang
2 Junie 2018
Vise Carmen Calvo
Monarg Felipe VI
Voorafgegaan deur Mariano Rajoy

Sekretaris-generaal van die Spaanse Sosialistiese Arbeidersparty
Ampsbekleër
Termynaanvang
17 Junie 2017
Vise Adriana Lastra
María Jesús Montero
President Cristina Narbona
Voorafgegaan deur Kollektiewe leierskap
Ampstermyn
26 Julie 2014 – 1 Oktober 2016
President Micaela Navarro
Voorafgegaan deur Alfredo Pérez Rubalcaba
Opgevolg deur Kollektiewe leierskap

Persoonlike besonderhede
Gebore Pedro Sánchez Pérez-Castejón
29 Februarie 1972 (1972-02-29) (52 jaar oud)
Madrid, Spanje
Politieke party Spaanse Sosialistiese Arbeidersparty
Eggenoot/-note María Begoña Gómez Fernández (t. 2006)
Kind(ers) 2
Alma mater Complutense-universiteit
Université libre de Bruxelles
Universiteit van Navarra
Camilo José Cela-universiteit
Handtekening Pedro Sánchez: Biografie, Politieke loopbaan, Verwysings

Biografie

Sánchez is in 1972 in die Spaanse hoofstad van Madrid gebore. Sy vader was 'n staatsamptenaar voor dat hy 'n industriële verpakkingsmaatskappy begin het. Sy moeder was ook 'n regeringsamptenaar maar sy het later regte gaan studeer. Sánchez het in 1993 by die Spaanse Sosialistiese Arbeidersparty (PSOE) aangesluit. In 1995 het hy die Spaanse ekwivalent van 'n baccalaureus graad en 'n meestersgraad aan die Real Centro Universitario Escorial-Maria Christina verwerf. Nadat hy sy graad ontvang het, het hy na New York in die Verenigde State getrek waar hy vir 'n globale konsultasiefirma gewerk het.

In 1998 het Sánchez 'n graad in politiek en ekonomie van die Université libre de Bruxelles ontvang. Hy sou later 'n graad in besigheid leierskap aan die IESE Besigheidskool van die Universiteit van Navarra verwerf voordat hy in 2012 sy doktorsgraad in ekonomie van die Camilo José Cela Universiteit ontvang het.

Politieke loopbaan

Sánchez was 'n onsuksesvolle PSOE-kandidaat vir die Madrid-stadsraad in 2003. Hy het 'n jaar later 'n raadslid geword nadat twee PSOE-raadslede bedank het. Hy is later aan in 2009 as 'n lid van die Spaanse Kongres van Afgevaardigdes ingehuldig. In die 2011-verkiesing het Sánchez sy setel in die Kongres van Afgevaardigdes verloor, maar hy is weer in 2013 as 'n lid ingehuldig na Cristina Narbona se bedanking.

Op 13 Julie 2014 is Sánchez as sekretaris-generaal van die PSOE verkies. Hy is op 26 Julie as die PSOE sekretaris-generaal amptelik aangewys en het toe gevolglik leier van die opposisie geword.

In die nasleep van die 2016 Spaanse algemene verkiesing het Sánchez 'n partystem verloor en as sekretaris-generaal bedank. Hy is toe in die daaropvolgende leierskapverkiesing as sekretaris-generaal herverkies.

Op 1 Junie 2018 het 'n mosie van wantroue in eerste minister Mariano Rajoy se regering geslaag en Sánchez het hom toe as eerste minister opgevolg.

Na twee nasionale verkiesings in 2019 is hy as eerste minister op 7 Januarie 2020 herverkies.

Alhoewel sy party tweede in die 2023-verkiesing gekom het, is Sánchez op 16 November 2023 as eerste minister herverkies nadat hy 'n kontroversiële ooreenkoms met Katalaanse separatistiese partye aangegaan het.

Verwysings

Eksterne skakels

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal.
Politieke poste
Voorafgegaan deur
Alfredo Pérez Rubalcaba
Leier van die opposisie
2014–2016
Pos vakant
Pos vakant Leier van die opposisie
2017–2018
Opgevolg deur
Mariano Rajoy
Voorafgegaan deur
Mariano Rajoy
Eerste minister van Spanje
2018–hede
Sittend
Party-politieke poste
Voorafgegaan deur
Alfredo Pérez Rubalcaba
Sekretaris-generaal van die
Spaanse Sosialistiese Arbeidersparty

2014–2016
Toesighoudende komitee
Toesighoudende komitee Sekretaris-generaal van die
Spaanse Sosialistiese Arbeidersparty

2017–hede
Sittend

Tags:

Pedro Sánchez BiografiePedro Sánchez Politieke loopbaanPedro Sánchez VerwysingsPedro Sánchez Eksterne skakelsPedro SánchezMadridSpaansSpanje

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

EmfiseemKruisigingJan van RiebeeckAgter Elke ManAtriale fibrillasieGoogle MapsEkonomieSonnestelselGordelroosJoodse kalenderVergelykings (taalkunde)GoudXhosaKinderregteAfrikanersPalmsondagMaroela MediaBarionMiddeloorontstekingHerpes simplexKunsVoorsetselAarde se atmosfeerJeuksiekteDissipel vir wie Jesus baie lief wasWikipediaHeupvervangingWaterhertWerwelkolomPenisErnst Otto FischerZuid-Afrikaansche RepubliekEkologieKarpaletonnelsindroomSteenkoolLys van nedersettings in Suid-AfrikaJan BloukaasVratGetalMuskeljaatkatNelson MandelaSuikersiekteAngkor WatBreinInfeksieVolkekundeKunsmatige intelligensieKatArmand AucampTydTuisbladPsigopatieLibiëErica RhodesETrigeminale neuralgieGrasSwangerskapNieuwoudtvilleAswoensdagRolprentKonjunktivitisHorlosieWynsteenMediaWikiTierboskatDuitse perdebyAfrikaanse WikipediaBloemfonteinBynierWiki Commons🡆 More