Paul Emil von Lettow-Vorbeck (20 Maart 1870 – 9 Maart 1964) was 'n generaal in die Duitse keiserlike magte wat beroemdheid tydens die Oos-Afrika-veldtog in die Eerste Wêreldoorlog verwerf het.
Hy het met 'n mag van minder as 14 000 manskappe (3 000 Duitsers, 11 000 Swart troepe Askaris) vir ten minste vier jaar lank teen 'n oormag van ongeveer 300 000 Britse, Suid-Afrikaanse, Belgiese en Portugese soldate geveg. Hy was die enigste Duitse bevelvoerder om tydens die oorlog grondgebied van die Britse Koninkryk suksesvol in te val, en was tot aan die einde van die oorlog feitelik onoorwonne in die veld.
Paul von Lettow-Vorbeck | |
---|---|
Paul von Lettow-Vorbeck | |
Bynaam(e) | Der Löwe von Afrika "Die leeu van Afrika" |
Geboortedatum | 20 Maart 1870 |
Geboorteplek | Saarlouis, Rynprovinsie, Koninkryk Pruise (tans Saarland, Duitsland) |
Sterfdatum | 9 Maart 1964 (93 jaar oud) |
Sterfplek | Hamburg, Wes-Duitsland |
Lojaliteit | Duitse Keiserryk (1890–1918) Republiek van Weimar (1919–20) |
Diens/Tak | Keiserlike Duitse weermag |
Jare in diens | 1890–1920 |
Rang | Generaal van die Infanterie |
Eenheid | 4de Voetwagte Schutztruppe van Duits-Suidwes-Afrika XI Corps |
Poste beklee | 2 Seebataljon Schutztruppe van Duits-Oos-Afrika |
Veldslae/oorloë | Bokseropstand Namibiese volksmoord 1904-1908 Eerste Wêreldoorlog
Novemberrewolusie |
Toekennings | Pour le Mérite mit Eichenlaub |
Ander werk | Openbare spreker, skrywer |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Paul von Lettow-Vorbeck, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.