Paul Revere: Amerikaanse patriot en ambagsman

Paul Revere (1 Januarie 1735 – 10 Mei 1818) was 'n Amerikaanse patriot en ambagsman.

Hy is in Boston gebore as 'n afstammeling van 'n Hugenoot-familie. Hy bekwaam homself as 'n silwersmid en leer op 30 hoe om koperplate te graveer. Hy het ook spotprente geteken. Sy werk het hom in kontak gebring met ander patriotte soos Joseph Warren, John Hancock en Samuel Adams.

Paul Revere
Paul Revere: Amerikaanse patriot en ambagsman
Portret van Paul Revere, geskilder deur John Singleton Copley.
Gebore1 Januarie 1735
Sterf10 Mei 1818 (op 83)
Boston, Massachusetts, VSA
NasionaliteitVerenigde State van Amerika
BeroepSilwersmid en kunstenaar
EggenootSarah Orne (1757–1773) (haar dood)
Rachel Walker (1773–1813) (haar dood)
Kinders8 by Sarah Orne (6 oorleef)
8 by Rachel Walker (5 oorleef)
Handtekening
Paul Revere: Amerikaanse patriot en ambagsman

Hy neem deel aan die Boston Teeparty van 1773 en ry met sy perd na New York om hulle in te lig oor die verwikkelinge. Hy het verskeie sulke perderitte onderneem. Die belangrikste tog was op 18 April 1775 na Lexington om die Amerikaners daar te waarsku teen die Britse aanval teen hulle. Vanaf Lexington word hy vergesel deur William Dawes en Samuel Prescott na Concord. Hulle word deur 'n Britse verkenningsmag voorgekeer en gevange geneem, net om 'n rukkie later weer vrygelaat te word. Hy bereik Lexington te voet op sy terugtog. Daarna breek die Amerikaanse Rewolusionêre Oorlog uit.

Daarna het hy gehelp om die eerste banknote vir die regering te ontwerp asook die eerste seël van die kolonies. Hy leer hoe om buskruit te maak in Philadelphia. Hy word aangestel as 'n majoor in Massachusetts se Militêre mag en gedurende 1778 en 1779 was hy in bevel van Castle William in Boston se hawe. In 1779 was hy deel van die mislukte Penobscot ekspedisie.

Hy bedink 'n proses om koperplate uit te rol en verskaf die produk daarna vir gebruik as stoomketels vir skepe.

Bron

  • Collier's Encyclopedia, Crowell-Collier Educational Corporation, Volume 20, Bladsy 25.

Eksterne skakels

Tags:

1 Januarie10 Mei17351818BostonHugenoot

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

MuishondTelefoonAnneli van RooyenNasionale VrouemonumentEkonomieMiltLandbouKliniese depressieRutenium(III)chloriedHarry PotterMynbouKunsSigaretRookgewoonteTradisionele literatuurEreksieSuiwelprodukOntkiemingLandbou in Suid-AfrikaAdolessensieBaälTsoenamiAlliterasieKlein vyf diereNadia ValvekensSebraPornhubHelga UysAntoniemLys van Suid-Afrikaanse skrywersMusiekteaterBeenbreuke en ontwrigtingsApostelJannie du ToitNiersteenLys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike nameWerkersdagJaarSuid-Afrikaanse randDataverwerkingDawidWielewaalSarel Jacob PretoriusManie JacksonDokterPlaasjapieInternetVlag van Suid-AfrikaVoëlWes-KaapWoordeboek van die Afrikaanse TaalTweede VryheidsoorlogStaatstoelaeBTWEl (lengtemaat)SokkerGordelroosMantisHomofoonBloedsomloopstelselRolprentSirkusLys van bekende Suid-AfrikanersVermontGeskiedenis van die Verenigde State van AmerikaWaterpokkiesVoorvoegselKoperMenstruasieVlinderEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaMetafoorLys van landeBySkildklierDesmond Tutu🡆 More