Paul Methuen

Paul Sanford Methuen, 3de Baron Methuen (1 September 1845 - 30 Oktober 1932) was die derde Baron Methuen en 'n bevelvoerder in die Britse leër.

Paul Sanford Methuen
Paul Methuen

Lord Methuen

Geboortedatum 1 September 1845
Geboorteplek Corsham Court, Wiltshire
Sterfdatum 30 Oktober 1932 (85 jaar oud)
Sterfplek Corsham Court, Wiltshire
Lojaliteit Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
Diens/Tak Paul Methuen Britse leër
Jare in diens 1865–1912
Rang Veldmaarskalk
Poste beklee Home District
Eastern Command
Suid-Afrika
Natal
Malta
Veldslae/oorloë Derde Anglo-Ashanti-oorlog
Tweede Vryheidsoorlog
Toekennings Knight Grand Cross of the Order of the Bath
Knight Grand Cross of the Order of St Michael and St George
Knight Grand Cross of the Royal Victorian Order

Paul Sanford Methuen is gebore te Corsham Court, Wiltshire as die oudste van die drie seuns van Frederick Henry Paul Methuen, 2de Baron Methuen en sy vrou Anna Horatia Caroline Sanford. Hy het sy opvoeding ontvang te Eton kollege. Hy het militêre diens verrig in die hedendaagse Ghana (wat destyds as die Goudkus bekend gestaan het) asook in die hedendaagse Botswana (toe bekend as die Betsjoeanaland protektoraat). Hy het die rang van Luitenant-Generaal in 1899 verwerf en tydens die Tweede Vryheidsoorlog by die Slag van Magersfontein geveg, waar hy verslaan is deur die Boeremagte.

Sy militêre loopbaan

Methuen het twee jaar in die Royal Wiltshire Yeomanry gedien en daarna by die Scots Guards aangesluit as 'n waarnemende onderluitenant. Hier vorder hy mettertyd na Luitenant; tot Kaptein in 1867; tot Luitenant-Kolonel in 1876 en regiment Majoor in 1882. Hy het ook as adjudant van die eerste bataljon gedien vanaf 1871 - 1878 en verskeie stafposisies beklee. Hy het as militêre attaché in Berlyn tussen 1878 en 1881 gedien, assistent adjudant kwartiermeester generaal (1881 - 1884) en onder adjudant-generaal in Suid-Afrika (1888 - 1890). Hy het gevegservaring opgedoen by Amoaful tydens die Ashanti-veldtog van 1873 - 1874 as lid van Sir Garnet Wolseley se staf en was die hoofkwartier kommandant in Egipte vir drie maande in 1882 en was teenwoordig by die Slag van Telet-Kebir. Hy word volle kolonel in 1881 en het gedien in Sir Charles Warren se ekspedisie na Betsjoeanaland tussen 1884 tot 1885 waar hy bevel gevoer het oor 'n berede korps. Na verskeie verdere kleiner bevorderings is hy na Majoor-generaal bevorder in Mei van 1888. In 1897 dien hy as sensor vir die pers by die hoofkwartier van die Tirah ekspedisie waar hy na Luitenant-generaal bevorder is in 1898. Hy is as bevelvoerder van die eerste Divisie aangestel met die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog.

Gevegte in Suid-Afrika

Paul Methuen 
Lord Methuen, soos afgebeeld in Vanity Fair aan die begin van die 20ste eeu

Paul Methuen het in 1899 in Suid-Afrika aangekom en die Boere by die treinstasies van Belmont en Graspan af laat retireer. Hy is lig gewond by die Slag van die Twee Riviere. Sy grootste nederlaag, en die een waarvoor hy dikwels onthou word, vind plaas by die Slag van Magersfontein. Hy is ook by Tweebosch deur Generaal Koos de la Rey gevange geneem op die 7de Maart 1902 waar hy gewond en verslaan is.

Ten spyte van die terugslae wat opspraak verwek het en gelei het tot sy vervanging deur Lord Roberts in Februarie 1900 het hy tog baie aansien geniet en is daar later groter verantwoordelikhede aan hom toegeken. Hy is as Kolonel van die Scots Guards in 1904 aangestel, toe later as Generaal en in Junie van dieselfde jaar is hy as bevelvoerder van die vierde Korps van die Britse Leër aangestel. Hy het 'n sleutelrol gespeel in die proses om die opleiding van die Britse magte in 1914 te verbeter. In 1908 is hy as as opperbevelvoerder van alle magte in Suid-Afrika aangestel, 'n posisie wat hy tot 1912 beklee het. Hy was 'n gewilde bevelvoerder onder sy troepe en het 'n groot rol gespeel om verhoudings tussen Boer en Brit te verbeter wat 'n hupstoot aan die vestiging van die Unie van Suid-Afrika verleen het. Hy is in 1911 bevorder tot veldmaarskalk. Op die ouderdom van 70 in 1915 is hy aangestel as goewerneur en opperbevelhebber van Malta tot en met sy aftrede in 1919. Met sy terugkeer na Engeland in 1919 is hy as constable of the Tower late aangestel.

Gesin

Lord Methuen was twee keer getroud, eerstens met 'n nooi Evelyn die oudste dogter van Sir Frederick Hutchingson Hervey-Bathurst die derde baron van Clarandon Park, Wiltshire. Hulle is in 1878 getroud tot en met haar dood in 1879. Hy is toe weer getroud in 1884 met sy niggie Mary Ethel, die tweede dogter van William Ayshford Sanford van Nynehead Court. Hulle het saam drie seuns en vier dogters gehad. Lord Methuen is te Corsham Court op die 30ste Oktober 1932 oorlede.

Eksterne skakels

Tags:

Paul Methuen Sy militêre loopbaanPaul Methuen Gevegte in Suid-AfrikaPaul Methuen GesinPaul Methuen Eksterne skakelsPaul Methuen1 September1845193230 Oktober

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

InstagramSelfstandige naamwoordEuropese Suidelike SterrewagSterFilosofieNuwe TestamentWikisourceVolumeSpookvoëlPerdWallisKalenderRykie van ReenenAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomePlae van EgipteGenesisGoeie Vrydag1991Politieke partyOlifantCyril RamaphosaAfkappingstekenGuillain-Barré-sindroomOntbinding van die SowjetunieJan van RiebeeckLiesbreukSkoenlapperLys van nedersettings in Suid-AfrikaFinlandMieliestronkLVolkekundeDramaIndonesiëMenslike penisgrootteAfrikaanse naguilMaroela MediaNazi-DuitslandWet op NaturellengrondAarde se atmosfeerVigsBosluisbytkoorsKangaroeAnglo-BoereoorlogNamibiëBoeberTierboskatGoogleTegnologieWoordeboek van die Afrikaanse TaalVarkSarah Rose KarrSeksualiteitHoofstadDulcie van den BerghLiefdeVarkgriepAllergieGhanaKopieregWeeluisAkuutVlag van AfghanistanKoekie (rekenaarwetenskap)Marita NapierNaeltjiesEreksieHernubare energieMotorregistrasienommerplate van Suid-AfrikaPersoonlikheidVerenigde KoninkrykMarga van RooyNagapieRooiwater🡆 More