Paul Bocuse (* 11 Februarie 1926 in Collonges-au-Mont-d'Or naby Lyon; † 20 Januarie 2018 in Collonges-au-Mont-d'Or) was 'n Franse sjef, restaurateur en skrywer van 'n aantal kookboeke.
Paul Bocuse staan vandag bekend as een van die belangrikste verteenwoordigers van die Nouvelle Cuisine (betekenis:Nuwe Kookkuns, of letterlike vertaling: nuwe kombuis), 'n term wat in 1972 vir die eerste keer in 'n koerantartikel gebruik word, wat minder opulent is en ook minder kalorieë bevat. Die klemtoon word hier op eersterangse, vars bestanddele gelê.
Bocuse word as een van die grootste sjefs van die 20ste eeu beskou en het 'n restourant in sy geboortestad Lyon bestuur, wat ook sy naam dra. Baie van sy leerlinge is nou self bekende sjefs, soos onder meer Eckart Witzigmann, die eerste Duitse sjef wat vir sy kookkuns drie sterre toegeken is.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Paul Bocuse, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.