Thomas Patrick John Anson, 5de Graaf van Lichfield (25 April 1939 - 11 November 2005) was 'n Engelse fotograaf van die Anson-familie.
Hy het die titel Graaf van Lichfield in 1960 van sy oupa aan vaderskant geërf. In sy professionele hoedanigheid was hy bekend as Patrick Lichfield.
Hoogedele Graaf van Lichfield | |
---|---|
Gebore | 25 April 1939 |
Oorlede | 11 November 2005 (op 66) Oxford, Engeland |
Beroep | Fotograaf |
Jare aktief | 1962-2005 |
Thomas Patrick John Anson is op 25 April 1939 gebore. Hy was die enigste seun van luitenant-kolonel Thomas William Arnold Anson, burggraaf Anson (1913-1958), die oudste seun en vermoedelike opvolger van Thomas Edward Anson, 4de Graaf van Lichfield (1883-1960). Sy moeder was Anne Bowes-Lyon (1917-1980), 'n niggie van koningin Elizabeth die koninginmoeder. Sy ouers is in 1948 geskei, en sy moeder het daarna prinses Anne van Denemarke geword ná haar huwelik met prins George Valdemar van Denemarke in 1950.
Sy vader is in 1958 oorlede en Patrick het die 5de Graaf van Lichfield geword ná sy oupa se dood in 1960.
Lichfield was in die Britse weermag tot in 1962 en het daarna as 'n fotografiese assistent begin werk. Hy het vir hom 'n reputasie opgebou, deels omdat hy toegang tot die koninklike familie gehad het. Hy is gekies om die amptelike foto's te neem op die troue van die Prins en Prinses van Wallis in 1981, en het daarna een van Brittanje se bekendste fotograwe geword. Vanaf 1999 was hy 'n pionier van digitale fotografie as 'n professionele standaard. Koningin Elizabeth II en die Hertog van Edinburg het hom gekies om in 2002 die amptelike foto's van haar goue jubileum te neem.
Op 10 November 2005 het Lichfield 'n ernstige beroerte gehad en hy is die volgende dag in 'n hospitaal in Oxford oorlede. Hy was 66 jaar oud.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Patrick Anson, 5de Graaf van Lichfield, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.