Parys, Vrystaat

Parys is 'n dorp aan die oewer van die Vaalrivier, in die Vrystaat-provinsie van die Republiek van Suid-Afrika, sowat 120 kilometer suid van Johannesburg, met sowat 44 000 inwoners (indien die townships bygereken word).

Die meerderheid van die bevolking is Sothosprekend, en 'n minderheid, hoofsaaklik in die dorpsentrum, praat Afrikaans.

Parys
Die Nederduitse Gereformeerde Moederkerk in Parys.
Die Nederduitse Gereformeerde Moederkerk in Parys.
Parys is in Vrystaat
Parys
Parys
Parys, Vrystaat Parys se ligging in Vrystaat
Koördinate: 26°54′S 27°27′O / 26.900°S 27.450°O / -26.900; 27.450 27°27′O / 26.900°S 27.450°O / -26.900; 27.450
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieVrystaat
DistrikFezile Dabi
MunisipaliteitNgwathe
Stigting1882
Oppervlak
 • Totaal23,30 km2 (9,00 vk. myl)
Bevolking
 (2011)
 • Totaal8 071
 • Digtheid346/km2 (900/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 • Wit mense84.4%
 • Indiërs/Asiërs0.7%
 • Bruin mense1.3%
 • Swart mense13.2%
 • Ander0.5%
Taal (2011)
 • Afrikaans84.7%
 • Engels6.9%
 • Sotho5.1%
 • Ander3.3%
Poskode (strate)
9585
Poskode (posbusse)
9585
Skakelkode056
Webwerfhttp://www.parys.co.za

Geskiedenis

Parys, Vrystaat 
Parys se NG moederkerk is in 1899 opgerig na die plan van Burnet Adams en ene Twiddy.
Parys, Vrystaat 
Die Gereformeerde kerk Parys (1955) is een van die argitek Johan de Ridder se bekendste kerkontwerpe en het baie aandag in die media geniet.
Parys, Vrystaat 
Die West Endvoorstad van Parys op die suidoewer van die Vaalrivier

In 1873 het die NG gemeente Kroonstad besluit om 'n nuwe gemeente noord van die Renosterrivier te stig. Daar is op die plaas Klipspruit besluit, wat 'n baie mooi uitsig oor die Vaalrivier gehad het. In 1880 is die inwoners se eerste petisie dat Parys 'n dorp moet word, van die hand gewys. Proklamasie het wel in 1882 gevolg. Munisipale status is in 1887 verwerf.

Die naam is 'n Afrikaanse vertaling van die Franse hoofstad Paris. Die naam is deur 'n Duitse opmeter gekies, wat tydens die Frans-Pruisiese Oorlog aan die beleg van Parys deelgeneem het. Blykbaar het die plek se ligging aan die oewer van die Vaalrivier hom herinner aan Parys en die Seine.

Parys is 'n gewilde bestemming vir binnelandse toerisme, en veral mense uit Gauteng doen naweke daar aan. Die dorp het uitstekende watersportgeriewe en 'n buitengewone geografiese ligging in die episentrum van die wêreld se grootste meteorietkrater, die Vredefortkoepel, wat sowat 2 miljard jaar gelede ontstaan het.

Vandag is Parys 'n deel van die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit met sowat 120 000 inwoners (2001).

Crater Cruise Bergfietswedren

Die Crater Cruise is 'n jaarlikse bergfietswedren wat in Parys begin en eindig. Gewoonlik reël die gemeenskap ander sportbyeenkomste saam met die byeenkoms bv. 21 km hardloopwedren.

Distrik

Die distrik is 929 km² groot. Terwyl tabak en mielies van die belangrikste bedrywighede in die distrik is, is gewasse soos sonneblomsaad, sorghum, grondbone en sagtevrugte ook belangrik. Daar is ook verskeie vervaardigingsbedrywighede op Parys.

Sien ook

Verwysings

Bronne

Eksterne skakels

Tags:

Parys, Vrystaat GeskiedenisParys, Vrystaat Crater Cruise BergfietswedrenParys, Vrystaat DistrikParys, Vrystaat Sien ookParys, Vrystaat VerwysingsParys, Vrystaat BronneParys, Vrystaat Eksterne skakelsParys, VrystaatJohannesburgKilometerRepubliek van Suid-AfrikaSuid-SothoVaalrivierVrystaat

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Groot DepressieSonElektrolietTwaalf Stamme van IsraelDie Stem van Suid-AfrikaVulvaLondenDiarreeRookgewoonteAfkortingSharpeville-slagtingAfrikaanse taalleerBosbokVerkoueLionel PetersonVraag en aanbodLys van Nederlandse skildersKorrupsieRussiese inval in Oekraïne sedert 2022StikstofPampoentjiesLys van kinderspeletjiesKoue OorlogOopbroninhoudBakterieJavaScriptSuikersiekteWoordsoortAborsie in Suid-AfrikaJeugdagKappie (skryfteken)PlaattektoniekMorfologie (taalkunde)MiddeloorontstekingAnneli van RooyenCalviniaRob HersovMagnetismeConsolidated B-24 LiberatorGeldVulkanismeVigsElandréVingerseksLiefdeMenslike seksuele gedragHadedaBelastingSatellietOlimpiese Somerspele 2012ChatGPTMoedersdagSeptimius AwardsGewone breukeAnale seksBTWBesoedelingVenda (taal)VakbondAarverkalkingHomoniemWaterkringloopKlem-in-die-kaakDiepaartromboseRoofvoëlOseaanbesoedelingBeesvleisTweede VryheidsoorlogMieliestronkGianna MichaelsLys van musiekinstrumenteDelft, KaapstadTrappe van vergelykingSoogdierBoelieryLente🡆 More