Parsi

Die Parsi's (wat Perse in Persies beteken; Gujarati: પારસી, Pārsī, ) is 'n Zoroastriese gemeenskap wat tydens die Islamitiese verowering van Persië in 636–651 na die Indiese subkontinent migreer het.

    Hierdie artikel handel oor die etnies-godsdienstige groep. Moenie verwar word met Perse of Persies (Farsi) nie.

Volgens die Qissa-i Sanjan het Parsi's tussen die 8ste en 10de eeu uit Groter Iran hulle in Gujarat gevestig, waar hulle toevlug gegee is, om 'n moontlike vervolging ná die Islamitiese verowering van Persië te voorkom. Persiese aanhangers van die God Ahura Mazda verwys na hulself as Zoroastriërs (Persies: زردشتى, Zardoštī of زرتشتى, Zartoštī).

Parsi's
Parsi
Portret van 'n Parsi-vrou in tradisionele klere, olie op doek, deur Raja Ravi Verma (1848–1906)
Totale bevolking: 70 400 (2014)
Belangrike bevolkings  in: Vlag van Indië Indië 69 000 (2014)

Vlag van Pakistan Pakistan 1 400 (2014)

Taal: Engels, Gujarati, Oerdoe en Hindi
Geloofsoortuiging: Parsi Zoroastrisme
Verwante etniese groepe:
Parsi
Parsi's in Bombaai, Brits-Indië, 1873

Ten tyde van die Islamitiese verowering van Persië was die dominante godsdiens van die streek (wat deur die Sassanidiese Ryk beheer is) die Zoroastrisme. Iraniërs soos Babak Khorramdin het vir sowat 200 jaar teen die veroweraars geveg. Destyds het baie Iraniërs (wat sedert hul vestiging in Indië Parsi's genoem word) verkies om hul godsdienstige identiteit deur die vlug van Persië na Indië te bewaar. Vervolgens het Bombaai die godsdienstige sentrum van Parsi's in Indië geword, terwyl met die stigting van Brits-Indië Kolkata 'n ander belangrike sentrum vir Parsi's geword het.

Die woord پارسیان, uitgespreek "Parsian", i.e., "Parsi" in Persies, beteken letterlik "Persies". Let op dat Farsi 'n Arabirisering van die woord Parsi is, wat as 'n endoniem vir Persies gebruik word, en Persies word in die hedendaagse Iran (Farsi), Afghanistan (Dari), Tadjikistan (Tadjiks), en ander dele van die voormalige Persiese Ryk gebesig, vergelyk Irannese tale.

Nadat Parsi's eeue in Suid-Gujarat, veral Udvada, Valsad en Navsari, deurgebring het, besig die meerderheid van die Parsi-diaspora Gujarati. Een van die bekendste Parsi is Freddie Mercury (gebore Farrokh Bulsara, 1946–1991), sanger van die Britse rockgroep Queen, gebore op die Tanzaniese eiland Zanzibar.

Parsi is bekend vir lugbegrafnisse, waar hul dooies op die stiltetorings geplaas word om deur aasvoëls verslind te word totdat net die droë bene oorbly. 'n Ander bekende instelling is vuurtempels, waarin die Heilige Vuur gehuisves word. Baie Parsi's bly as diaspora in Europa en Noord-Amerika.

Verwysings

Eksterne skakels

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

GodGujaratGujaratiIndiese subkontinentIslamPersePersiesPersiese RykZoroastrisme

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Onderwys in Suid-AfrikaHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalHartaanvalKontinentVoornaamwoordSuiwelprodukSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994HormoonsiekteOnomatopeeAntieke EgipteSkoolKlavierVK (sosiale netwerk)7de LaanMaanstilstandBTWSamestellende afleidingOorkruipersOraniaHokkieKoronavirusWeer (meteorologie)Tweede WêreldoorlogTandbederfSuid-Afrikaanse GrensoorlogLAborsie in Suid-AfrikaSimon PetrusCeresMIV/vigs in Suid-AfrikaChristendomSonkragOrtopedieGeslagsgelykheidGewone breukeWalvisSokkerCovid-19-pandemieLiewe HeksieGasGoudHabitatRenosterDermpoliepEerste WêreldoorlogLys van Griekse mitologiese figureBynierTweede Nuwe JaarJan de WetPenisDie ballade van Robbie de WeeSeksspeeldingRudi ClaaseNic de JagerSuid-AfrikaSinoniemGautengRooikatArabiesSeisoenVoedselkettingMaatskappyGriepDemi Lee MooreVolksrepubliek ChinaMieliestronkEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaVerantwoordelikheidGemmerVulvaErektiele disfunksieBoelieryApostelTrigeminale neuralgieBraaiKunsNetbal🡆 More