Parkrun

Parkrun is 'n versameling hardloop/stap-aktiwiteite van 5 km wat elke Saterdagoggend op meer as 1 400 plekke in drie en twintig lande oor vyf kontinente plaasvind.

Parkrun-gebeure is verniet om aan deel te neem en word bestuur deur vrywilligers, ondersteun deur 'n klein groepie personeel in die hoofkwartier. Die aktiwiteit is inklusief, enigiemand kan deelneem, van pensioenarisse tot ouers met hul kinders, mense met hul honde, rolstoelgebruikers, persone wat stootwaens stoot, klubhardloopers of terloopse hardlopers. Beginnerhardloopers, ouer volwassenes en oorgewig mense neem algemeen aan Parkruns deel.

Parkrun
Eenhonderste Parkrun by die Midstream Parkrun op 16 Februarie 2019.

Parkrun word op 2 Oktober 2004 deur Paul Sinton-Hewitt gestig by Bushy Park in Londen, Engeland. Die aktiwiteit is oorspronklik die Bushy Park Time Trial genoem. Dit het gegroei tot 'n netwerk van soortgelyke gebeurtenisse genaamd die Britse Tydproewe, voordat hulle die naam Parkrun in 2008 aangeneem het en na ander lande uitgebrei het. Die eerste gebeurtenis word nou Bushy Parkrun genoem en hou die Britse rekord vir die grootste aantal deelnemers. Die eerste gebeurtenis buite die Verenigde Koninkryk is in 2007 in Zimbabwe geloods, gevolg deur Denemarke in 2009, Suid-Afrika en Australië in 2011 en die VSA in 2012. Sinton-Hewitt het in 2014 'n CBE ontvang vir sy dienste aan voetsoolsport. Teen Oktober 2019 was meer as 6 miljoen hardlopers/stappers wêreldwyd geregistreer.

Aktiwiteite vind plaas op 'n verskeidenheid openbare plekke, insluitend stadsparke, plattelandparke, nasionale parke, historiese geboue, kastele, woude, riviere, mere, reservoirs, strande, promenades, gevangenisse, renbane en natuurreservate. Deelneemers wat die "Milestone" van 50, 100, 250 of 500 afsonderlike Parkruns voltooi het, word beloon met 'n gratis T-hemp. Juniors ontvang ook die T-hemp vir 10 Parkruns. Deelnemers kan aan enige Parkrun deelneem en voltooi, diegene wat reis, word "toeriste" genoem. Die manlike wêreldrekordhouer is Andrew Baddeley wat op 11 Augustus 2012 'n tyd van 13 minute en 48 sekondes by Bushy Parkrun opgestel het. Die vroulike wêreldrekordhouer is Charlotte Arter wat 'n tyd van 15 minute en 50 sekondes by Cardiff Parkrun op 5 Januarie 2019.

Parkrun in Suid-Afrika

Parkrun Suid-Afrika is begin en bevorder deur ultramaratonatleet Bruce Fordyce. Die eerste Parkrun het op 12 November 2011 by Delta Park in Johannesburg plaasgevind en het 26 deelnemers gehad. Dit is nou een van die groter Parkruns wat gereeld 1200 deelnemers lok. Die rekordbywoning was by North Beach, Durban, wat op 20 Januarie 2018 2527 deelneemers getrek het.

In Februarie 2019 was daar 180 verskillende Parkruns in Suid-Afrika met meer as 1 miljoen geregistreerde deelnemers.

Eksterne skakels

Verwysings

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SaldanhabaaiKlawers (speelkaarte)Suid-Afrikaanse MenseregtekommissieUniegebouIndiese OseaanKolitisYouTubeGqeberhaSeksuele penetrasieAnette EngelbrechtWaterbesparing in Suid-AfrikaWayde van NiekerkProvinsies van Suid-AfrikaLionel MessiMagda van BiljonKunstenaarAfkortingWynand StrydomAtlantiese OseaanBaälNic de JagerMiddeloorontstekingErektiele disfunksieNederduitse Gereformeerde KerkLNarsistiese persoonlikheidsteuringPornografiese akteurSinoniemSelfvertroueDawidSekondêre sektor van die ekonomieGalblaasMierMisdaadromanFinansiële staatLikkewaanGroot DepressieDroogteInligtingstegnologieRudi ClaaseMosesLys van deelnemers aan die Slag van BloedrivierAnale kankerAluminiumLys van medisinale kruieNatuurbewaringKoorsblaarAustraliëBernice WestSkoenlapperVaalrivierGewone luislangPsigopatieVergelykings (taalkunde)IsraelLandbouMobutu Sese SekoKweekhuiseffekSelPesachEngelsBeesvleisWiskundige terminologieFluoorYstertydperkKoppeltekenSirkusProsaCleopatra VIISwangerskapKobus LombardKomplementêre kleureMusiekFranklin D. RooseveltHarry PotterTuisblad🡆 More