Paralimpiese Somerspele 2020

Die Paralimpiese Somerspele 2020 (Japannees: 東京2020パラリンピック競技大会, Hepburn: Tōkyō Nizeronizero Pararinpikku Kyōgi Taikai) sou oorspronklik tussen 25 Augustus en 6 September 2020 in Tokio, Japan, aangebied gewees het, met die nuwe datums van 24 Augustus tot 5 September 2021.

XVIe Paralimpiese Somerspele
Paralimpiesespele van 2020

Gehou in Tokio, Japan
Deelnemende lande 162
Deelnemende atlete 4 403
Items 539 in 22 sporte
Openingseremonie 24 Augustus 2021
Sluitingseremonie 5 September 2021
Amptelik geopen deur Keiser Naruhito
Atlete-eed Shingo Kunieda
Rie Urata
Beampte-eed Yumiko Taniguchi
Olimpiese vlam Yui Kamiji
Karin Morisaki
Shunsuke Uchida
Vorige Spele 2016: Rio de Janeiro (Brasilië)
Volgende Spele 2024: Parys (Frankryk)

Tydens die geleentheid het 4 535 atlete uit 162 nasies aan 539 items in 22 verskillende sportsoorte deelgeneem.

Paralimpiese Somerspele 2020
Die Japannese Nasionale Stadion in Tokio
Paralimpiese Somerspele 2020
Kaart van deelnemende nasies in 2020:

   Neem vir die eerste keer deel

   Het reeds vantevore deelgeneem

   Neem nie deel nie

     Gasheerstad Tokio

Dit was die 16de aanbieding van die Paralimpiese Somerspele en die tweede keer wat Tokio die spele organiseer het na hulle eerste spele in 1964, waarmee Tokio die eerste stad geword het om twee keer Paralimpiese Somerspele aan te bied. Verder was dit ná die Paralimpiese Winterspele 1998 in Nagano die derde Paralimpiese Spele in Japan.

Die opening- en sluitingseremonies het in die Japannese Nasionale Stadion in Tokio plaasgevind. Soos gebruiklik het die lande in alfabetiese volgorde die stadion ingestap met Griekeland eerste en die gasheer Japan laaste, maar aangesien die plaaslike taal Japannees is, is dié taal se alfabet gebruik om die volgorde te bepaal. Beide Charl du Toit (atletiek) en Kgothatso Montjane (rolstoeltennis) het die Suid-Afrikaanse vlag ingedra. Die Spele is amptelik deur keiser Naruhito geopen. Dit was die eerste Paralimpiese Spele wat deur die keiser geopen is. Die Somerspele van 1964 is deur Yoshiaki Kasai geopen en die Winterspele van 1998 deur die destydse kroonprins Naruhito (die huidige keiser).

As gevolg van die wêreldwye Covid-19-pandemie het die Internasionale Olimpiese Komitee met die Japannese reëlingskomitee ooreengekom om die Paralimpiese Somerspele 2020 vir een jaar uit te stel. Die sportgeleentheid het egter steeds sy amptelike naam behou as die Paralimpiese Somerspele van die jaar 2020. Dit was die eerste keer dat 'n Paralimpiese Spele uitgestel en in 'n onewe jaar aangebied is. Verder het die Japannese regering en die Internasionale Olimpiese Komitee aangekondig dat dit sonder enige toeskouers sou plaasvind.

Die Olimpiese Somerspele 2020 is tussen 23 Julie en 8 Augustus 2021 in Tokio gehou.

Toewysing

Paralimpiese Somerspele 2020 
Seiko Hashimoto, hoof van Tokio se reëlingskomitee

As deel van 'n formele ooreenkoms tussen die Internasionale Paralimpiese Komitee en die Internasionale Olimpiese Komitee uit 2001 is die wenner van die bod vir die Olimpiese Somerspele 2020 ook die gasheer vir die Paralimpiese Somerspele 2020. Tokio is op 7 September 2013 in Buenos Aires deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Somerspele in 2020. Ander kandidate was Istanboel en Madrid.

Die stemming het as volg verloop:

Stemming vir gasheer van die Olimpiese Somerspele 2020
Stad Land Rondte 1 Rondte 2 Rondte 3
Tokio Paralimpiese Somerspele 2020  Japan 42 60
Istanboel Paralimpiese Somerspele 2020  Turkye 26 49 36
Madrid Paralimpiese Somerspele 2020  Spanje 26 45

Sporte

Tydens die Paralimpiese Somerspele 2020 was daar in nuwe Paralimpiese sportsoorte soos pluimbal en taekwondo meegeding, terwyl seilvaart en 7-per-kant sokker nie meer op die Paralimpiese program was nie.

22 Paralimpiese sporte is tydens die Spele beoefen. Tydens die Spele is 539 medaljes oorhandig.

Stadions

Paralimpiese Somerspele 2020 
Tokiobaai, waar 'n aantal kompetisies gehou is
Paralimpiese Somerspele 2020 
Nippon Budokan het die Judo-kompetisies aangebied
Paralimpiese Somerspele 2020 
Die Ariake Coliseum in Kōtō, Tokio
Paralimpiese Somerspele 2020 
Die Internasionale Uitsaai- en Hoofpersentrum

Die plekke soos volgens die amptelike webwerf van die Paralimpiese Spele 2020.

Erfenissone

  • Japannese Nasionale Stadion – Atletiek en seremonies (opening/sluiting)
  • Nippon Budokan – Judo
  • Tokio Ruiterpark – Ruitersport
  • Tokio Internasionale Forum – Bankdruk
  • Tokio Metropolitaanse Gimnasium – Tafeltennis
  • Yoyogi Nasionale Stadion – Rolstoelpluimbal, rolstoelrugby

Tokiobaaisone

  • Aomi Stedelike Sportsentrum – 5-per-kant sokker
  • Ariake-arena – rolstoelbasketbal (hoofplek)
  • Ariake Coliseum – rolstoeltennis
  • Yumenoshimastadion – Boogskiet
  • Makuhari Messe – doelbal, sitvlugbal, Taekwondo, rolstoelskerm
  • Odaiba Marienepark – Paradriekamp
  • Yumenoshimastadion – swem
  • Tokiobaai – Boccia
  • Tokio Gate-brug – roei, Parakanovaart

Afgeleë sportplekke

  • Musashino Woudsportplek – rolstoelbasketbal (groepfase)
  • Camp Asaka – skyfskiet
  • Izu Velodrome – Baanfietsry
  • Fuji-snelweg – Padfietsry

Kalender

Die oorspronklike kalender vir die Paralimpiese Somerspele 2020 is met 364 dae uitgestel om te verseker dat al die items op die oorspronklik beplande dag van die week plaasvind, waarvolgens die nuwe kalender van 24 Augustus tot 5 September geloop het.

Die volgende tabel dui die Spele se daaglikse program aan. 'n Blou blokkie beteken dat wedstryde plaasgevind het, maar dat geen medaljes op die spel was nie. 'n Geel blokkie dui aan dat medaljes toegeken is, die getal dui op die aantal medaljeparades wat die dag gehou is.

 OS  Openingseremonie  ●  Wedstryde  1  Wedstryde met medaljes  SS  Sluitingseremonie
Augustus/September 24
Di
25
Wo
26
Do
27
Vr
28
Sa
29
So
30
Ma
31
Di
1
Wo
2
Do
3
Vr
4
Sa
5
So
Items
Paralimpiese Somerspele 2020  Seremonies OS SS
Paralimpiese Somerspele 2020  5-per-kant sokker 1 1
Paralimpiese Somerspele 2020  Atletiek 13 16 19 17 21 17 18 17 24 5 167
Paralimpiese Somerspele 2020  Bankdruk 4 4 4 4 4 20
Paralimpiese Somerspele 2020  Boccia 4 3 7
Paralimpiese Somerspele 2020  Boogskiet 1 1 2 2 1 1 1 9
Paralimpiese Somerspele 2020  Doelbal 2 2
Fietsry Paralimpiese Somerspele 2020  Baan 4 5 5 3 51
Paralimpiese Somerspele 2020  Pad 19 6 5 4
Paralimpiese Somerspele 2020  Judo 4 4 5 13
Paralimpiese Somerspele 2020  Paradriekamp 4 4 8
Paralimpiese Somerspele 2020  Parakanovaart 4 5 9
Paralimpiese Somerspele 2020  Roei 4 4
Paralimpiese Somerspele 2020  Rolstoelbasketbal 1 1 2
Paralimpiese Somerspele 2020  Rolstoelpluimbal 7 7 14
Paralimpiese Somerspele 2020  Rolstoelrugby 1 1
Paralimpiese Somerspele 2020  Rolstoelskerm 4 4 2 4 2 16
Paralimpiese Somerspele 2020  Rolstoeltennis 1 1 2 2 6
Paralimpiese Somerspele 2020  Ruitersport 3 2 1 5 11
Paralimpiese Somerspele 2020  Sitvlugbal 1 1 2
Paralimpiese Somerspele 2020  Skyfskiet 3 2 2 1 2 2 1 13
Paralimpiese Somerspele 2020  Swem 16 14 14 14 13 15 14 15 15 16 146
Paralimpiese Somerspele 2020  Taekwondo 2 2 2 6
Paralimpiese Somerspele 2020  Tafeltennis 5 8 8 5 5 31
Totaal 24 30 44 55 62 54 58 45 48 55 49 15 539
Kumulatief 24 54 98 153 215 269 327 372 420 475 524 539
Augustus/September 24
Di
25
Wo
26
Do
27
Vr
28
Sa
29
So
30
Ma
31
Di
1
Wo
2
Do
3
Vr
4
Sa
5
So
Items

Deelnemende nasies

Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Paralimpiese Komitees wat deelneem. Waar beskikbaar word die aantal atlete per land in hakies aangedui:

Suid-Afrikaanse deelname

Tydens die vorige Paralimpiese Spele het Suid-Afrika 17 medaljes (7 goud, 6 silwer en 4 brons) ingepalm en in die 22ste plek geëindig.

Suid-Afrika het 34 atlete na die Spele gestuur. Hulle eindig in die algehele 34ste plek met 7 medaljes. Hiervan is 4 goud-, 1 silwer en 2 bronsmedaljes.

    Goud
  • Anrune Weyers – atletiek – vroue se 400 m – T47
  • Ntando Mahlangu – atletiek – mans se verspring – T63
  • Pieter du Preezfietsry – mans se padtydtoets – H1
  • Ntando Mahlangu – atletiek – mans se 200 m – T61
    Silwer
  • Louzanne Coetzee – atletiek – vroue se 1 500 m – T11
    Brons
  • Sheryl James – atletiek – vroue se 400 m – T37
  • Louzanne Coetzee – atletiek – vroue se maraton – T12

Aantal medaljes

Hier is die top tien lande wat medaljes tydens die Spele verower het.

 Plek  Land  Deelnemers Paralimpiese Somerspele 2020  Goud Paralimpiese Somerspele 2020  Silwer Paralimpiese Somerspele 2020  Brons Totaal
1 Paralimpiese Somerspele 2020  Volksrepubliek China (CHN) 255 96 60 51 207
2 Paralimpiese Somerspele 2020  Verenigde Koninkryk (GBR) 221 41 38 45 124
3 Paralimpiese Somerspele 2020  Verenigde State (USA) 242 37 36 31 104
4 Paralimpiese Somerspele 2020  RPC (Russiese atlete) 246 36 33 49 118
5 Paralimpiese Somerspele 2020  Nederland (NED) 74 25 17 17 59
6 Paralimpiese Somerspele 2020  Oekraïne (UKR) 138 24 47 27 98
7 Paralimpiese Somerspele 2020  Brasilië (BRA) 258 22 20 30 72
8 Paralimpiese Somerspele 2020  Australië (AUS) 174 21 29 30 80
9 Paralimpiese Somerspele 2020  Italië (ITA) 113 14 29 26 69
10 Paralimpiese Somerspele 2020  Azerbeidjan (AZE) 36 14 1 4 19
11 Paralimpiese Somerspele 2020  Japan (JPN) 260 13 15 23 51
34 Paralimpiese Somerspele 2020  Suid-Afrika (RSA) 34 4 1 2 7

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels


Paralimpiese Spele Paralimpiese Somerspele 2020 

Somerspele: Rome 1960Tokio 1964Tel Aviv 1968Heidelberg 1972Toronto 1976Arnhem 1980New York & Stoke Mandeville 1984Seoel 1988Barcelona 1992Atlanta 1996Sydney 2000Athene 2004Beijing 2008Londen 2012Rio de Janeiro 2016Tokio 2020Parys 2024Los Angeles 2028Brisbane 2032
Winterspele: Örnsköldsvik 1976Geilo 1980Innsbruck 1984Innsbruck 1988Tignes-Albertville 1992Lillehammer 1994Nagano 1998Salt Lake City 2002Turyn 2006Vancouver 2010Sotsji 2014Pyeongchang 2018Beijing 2022Milaan/Cortina 2026
Internasionale Paralimpiese KomiteeNasionale Paralimpiese Komitee

Tags:

Paralimpiese Somerspele 2020 ToewysingParalimpiese Somerspele 2020 SporteParalimpiese Somerspele 2020 StadionsParalimpiese Somerspele 2020 KalenderParalimpiese Somerspele 2020 Deelnemende nasiesParalimpiese Somerspele 2020 Aantal medaljesParalimpiese Somerspele 2020 Sien ookParalimpiese Somerspele 2020 VerwysingsParalimpiese Somerspele 2020 Eksterne skakelsParalimpiese Somerspele 2020Hepburn-stelselJapanJapanneesTokio

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

VerdampingGriepKrugerwildtuinBateVingerseksSonkragHoofstadMIVRoofvoëlKlavierSkarlakenkoorsBek-en-klouseerKindermishandelingReg tot ‘n gesonde omgewingIntensiewe vormLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)SirkelDolfynLiesbreukEmfiseemWiskundige terminologieLys van Nederlandse skildersBorsStilleweRacheltjie de BeerNierversakingVeeartsPikkewynKolonisasieTylaSeksposisieHibernasieSteenkool in Suid-AfrikaSoortnaamChris HaniAbstraksie (rekenaarwetenskap)Klimaatsverandering in AfrikaIdioomVloeistofNiersteenJohannes MeintjesGeografie van Suid-AfrikaBreinkaartNelson MandelaAborsie in Suid-AfrikaJohannes HahnSuiwelprodukGalblaasMenslike skeletDeelstate van die Verenigde State van AmerikaVerkragtingBeesE-pos22 AprilCheslin KolbeMagsverheffing1200NeerslagElandréDonkieInligtingLien se lankstaanskoeneKaartNieuwoudtvilleHoofpynLugbesoedelingJudaïsmeHandbalSpierAfrikaansBywoord🡆 More