Paralimpiese Somerspele 2008

Die Paralimpiese Somerspele 2008 (Chinees: 第十三屆残疾人奥林匹克运动会) is tussen 6 en 17 September 2008 in Beijing, Volksrepubliek China, aangebied.

XIIIe Paralimpiese Somerspele
Paralimpiesespele van 2008

Gehou in Beijing, China
Deelnemende lande 146
Deelnemende atlete 4 011 (2 629 mans, 1 382 vroue)
Items 472 in 20 sporte
Openingseremonie 6 September 2008
Sluitingseremonie 17 September 2008
Amptelik geopen deur President Hu Jintao
Atlete-eed (sedert 2012)
Beampte-eed Hao Guohua
Olimpiese vlam Hou Bin
Vorige Spele 2004: Athene (Griekeland)
Volgende Spele 2012: Londen (VK)

Tydens die geleentheid het 4 011 atlete uit 146 nasies aan 472 items in 20 verskillende sportsoorte deelgeneem. Dit was die 13de Paralimpiese Somerspele wat aangebied is.

Paralimpiese Somerspele 2008
Die Nasionale Stadion van Beijing

Die Olimpiese Somerspele 2008 is tussen 8 en 24 Augustus in Beijing gehou.

Toewysing

Paralimpiese Somerspele 2008 
Fu Niu Lele, die gelukbringer van die Paralimpiese Somerspele 2008
Paralimpiese Somerspele 2008 
Kaart van die kandidaatstede vir die Olimpiese Somerspele 2008

As deel van 'n formele ooreenkoms tussen die Internasionale Paralimpiese Komitee en die Internasionale Olimpiese Komitee uit 2001 is die wenner van die bod vir die Olimpiese Somerspele 2008 ook die gasheer vir die Paralimpiese Somerspele 2008. Beijing is op 13 Julie 2001 in Moskou deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Somerspele in 2008. Dié stad is bo die ander kandidate op die kortlys, naamlik Istanboel (Turkye), Osaka (Japan), Parys (Frankryk) en Toronto (Kanada) gekies.

Die stemming het as volg verloop:

Stemming vir gasheer van die Olimpiese Somerspele 2008
Stad Land Rondte 1 Rondte 2
Beijing Paralimpiese Somerspele 2008  Volksrepubliek China 44 56
Toronto Paralimpiese Somerspele 2008  Kanada 20 22
Parys Paralimpiese Somerspele 2008  Frankryk 15 18
Istanboel Paralimpiese Somerspele 2008  Turkye 17 9
Osaka Paralimpiese Somerspele 2008  Japan 6

Fakkelloop

Net soos tydens die "gewone" Spele is 'n fakkel via 'n aflos na die Olimpiese Stadion gedra waar die Olimpiese vlam aangesteek is. Die aflos sou in verskeie lande en deur China plaasgevind het, maar die roete is ingeperk en die internasionale been is gekanselleer as gevolg van die aardbewing wat Sichuan in Mei 2008 getref het. Die besluit is geneem sodat daar op reddingswerk en die slagoffers gefokus kon word.

Sporte

Paralimpiese Somerspele 2008 
Boccia tydens die Paralimpiese Somerspele van 2008 in Beijing

20 verskillende sportsoorte is tydens die Paralimpiese Spele beoefen. Roei is vir die eerste keer op die program ingesluit. Die sportsoorte is:

Kalender

Die volgende tabel dui die Spele se daaglikse program aan. 'n Blou blokkie beteken dat wedstryde plaasgevind het, maar dat geen medaljes op die spel was nie. 'n Geel blokkie dui aan dat medaljes toegeken is, die aantal dui op die aantal medaljeparades wat die dag gehou is.

 OS  Openingseremonie  ●  Wedstryde  1  Wedstryde met medaljes  SS  Sluitingseremonie
September 6
Sa
7
So
8
Ma
9
Di
10
Wo
11
Do
12
Vr
13
Sa
14
So
15
Ma
16
Di
17
Wo
Items
Paralimpiese Somerspele 2008  5-per-kant sokker 1 1
Paralimpiese Somerspele 2008  7-per-kant sokker 1 1
Paralimpiese Somerspele 2008  Atletiek 10 20 17 10 16 20 18 19 25 5 160
Paralimpiese Somerspele 2008  Bankdruk 3 4 2 3 4 2 2 20
Paralimpiese Somerspele 2008  Boccia 4 3 7
Paralimpiese Somerspele 2008  Boogskiet 4 3 2 9
Paralimpiese Somerspele 2008  Doelbal 2 2
Paralimpiese Somerspele 2008  Fietsry 5 5 7 4 15 4 4 44
Paralimpiese Somerspele 2008  Judo 4 4 5 13
Paralimpiese Somerspele 2008  Roei 4 4
Paralimpiese Somerspele 2008  Rolstoelbasketbal 1 1 2
Paralimpiese Somerspele 2008  Rolstoelrugby 1 1
Paralimpiese Somerspele 2008  Rolstoelskerm 3 3 2 2 10
Paralimpiese Somerspele 2008  Rolstoeltennis 1 3 2 6
Paralimpiese Somerspele 2008  Ruitersport 2 4 3 2 11
Paralimpiese Somerspele 2008  Seil 3 3
Paralimpiese Somerspele 2008  Sitvlugbal 1 1 2
Paralimpiese Somerspele 2008  Skyfskiet 2 2 2 2 2 2 12
Paralimpiese Somerspele 2008  Swem 16 18 16 12 13 16 14 18 17 140
Paralimpiese Somerspele 2008  Tafeltennis 5 11 4 4 24
Seremonies OS SS
Totaal 0 27 41 61 46 45 52 49 56 51 36 8 472
September 6
Sa
7
So
8
Ma
9
Di
10
Wo
11
Do
12
Vr
13
Sa
14
So
15
Ma
16
Di
17
Wo
Items

Deelnemende nasies

Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Paralimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die aantal atlete per land in hakies aangedui:

Suid-Afrikaanse deelname

Paralimpiese Somerspele 2008 
Iran teen Suid-Afrika in rolstoelbasketbal tydens die Paralimpiese Somerspele 2008
Paralimpiese Somerspele 2008 
Natalie du Toit (middel), saam met die Australiese swemmers Annabelle Williams en Ellie Cole, nadat hulle tydens die Paralimpiese Somerspele 2008 in Beijing medaljes gewen het
Paralimpiese Somerspele 2008 
Oscar Pistorius in die Beijing Nasionale Stadion tydens die Paralimpiese Somerspele 2008

Die Suid-Afrikaanse Paralimpiese span van 59 atlete het op Vrydag, 29 Augustus 2008 na Beijing vertrek. Die span het 35 medaljes tydens die vorige Spele in 2004 verower en in die 13de posisie geëindig.

Natalie du Toit kon nie aan die 100 m-rugslag deelneem nie aangesien die Suid-Afrikaanse sportvereniging vir liggaamlik gestremdes (SASVLG) haar te laat vir die item geregistreer het.

Soos tydens die Olimpiese Spele, het Natalie du Toit weer die Suid-Afrikaanse vlag tydens die openingseremonie in die Beijing Nasionale Stadion ingedra. Dit maak haar die eerste atleet in die moderne geskiedenis wat die eer gehad het om tydens beide geleenthede as vlagdraer op te tree.

Natalie du Toit het ook Suid-Afrika se eerste medalje verower toe sy op die eerste dag van die Spele 'n goue medalje tydens die 100 m-vlinderslag ingepalm het.

Na die tweede dag is Suid-Afrika in die vyfde posisie. Medaljes vir die dag:

  • Natalie du Toit (tweede goue medalje en nuwe Paralimpiese rekord vir die 100 m-vryslag)
  • Charl Bouwer (goue medalje en nuwe wêreldrekord vir die 400 m-vryslag)
  • Philippa Johnson (goue medalje vir dressuur)
  • Nicholas Newman (brons medalje vir spiesgooi)

Medaljes vir die derde dag:

Vierde dag (Woensdag, 10 September):

  • Kevin Paul (goue medalje vir die 100 m-borsslag en 'n nuwe wêreldrekord)
  • Philippa Johnson (tweede goue medalje vir dressuur)
  • David Roos (silwer in verspring)
  • Gavin Kilpatrick (brons vir fietsry)
  • Fanie Lombard (brons vir gewigstoot)

Vyfde dag (Donderdag, 11 September):

  • Natalie du Toit (derde goue medalje vir wisselslag en 'n wêreldrekord)

Sesde dag (Vrydag, 12 September):

  • Natalie du Toit (vierde goue medalje vir 400 m-vryslag en 'n nuwe Paralimpiese rekord)
  • Fanie van der Merwe (goud vir atletiek en 'n nuwe Paralimpiese rekord)
  • Hilton Langenhoven (goud vir atletiek)
  • Tadhg Slattery (brons vir swem)

Sewende dag (Saterdag, 13 September):

  • Oscar Pistorius (tweede goud vir 200 m-naelloop)
  • Hilton Langenhoven (goud vir verspring)
  • Shireen Sapiro (goud vir 100 m-rugslag)
  • Riaan Nel (silwer vir fietsry)
  • Tebogo Mokgalagadi (brons in 100 m-naelloop)

Agtste dag (Sondag, 14 September):

  • Natalie du Toit (vyfde goue medalje vir 50 m-vryslag)
  • Ernst van Dyk (goud vir fietsry)

Negende dag (Maandag, 15 September):

  • Geen.

Tiende dag (Dinsdag, 16 September):

  • Fanie van der Merwe (goud)
  • Fanie Lombard (goud)
  • Oscar Pistorius (goud)
  • Hylton Langenhoven (goud)
  • Ilse Hayes (silwer)

Laaste dag (17 September):

  • Ernst van Dyk (brons vir atletiek)

In totaal verdien Suid-Afrika 30 medaljes (21 goud, 3 silwer en 6 brons) en eindig in die sesde plek. Hoewel Suid-Afrika 5 minder medaljes as in 2004 verower het, stoot die verhouding van goud tot die totale aantal medaljes SA op van 'n 13de na die 6de posisie op die wêreldranglys.

Aantal medaljes

Hier is die voorste tien lande wat medaljes tydens die Spele verower het.

 Plek  Land  Deelnemers Paralimpiese Somerspele 2008  Goud Paralimpiese Somerspele 2008  Silwer Paralimpiese Somerspele 2008  Brons Totaal
1 Paralimpiese Somerspele 2008  Volksrepubliek China (CHN) 332 89 70 52 211
2 Paralimpiese Somerspele 2008  Verenigde Koninkryk (GBR) 212 42 29 31 102
3 Paralimpiese Somerspele 2008  Verenigde State (USA) 213 36 35 28 99
4 Paralimpiese Somerspele 2008  Oekraïne (UKR) 78 24 18 32 74
5 Paralimpiese Somerspele 2008  Australië (AUS) 167 23 29 27 79
6 Paralimpiese Somerspele 2008  Suid-Afrika (RSA) 21 3 6 30
7 Paralimpiese Somerspele 2008  Kanada (CAN) 143 19 10 21 50
8 Paralimpiese Somerspele 2008  Rusland (RUS) 18 23 22 63
9 Paralimpiese Somerspele 2008  Brasilië (BRA) 188 16 14 17 47
10 Paralimpiese Somerspele 2008  Spanje (ESP) 133 15 21 22 58

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels


Paralimpiese Spele Paralimpiese Somerspele 2008 

Somerspele: Rome 1960 • Tokio 1964 • Tel Aviv 1968 • Heidelberg 1972 • Toronto 1976 • Arnhem 1980 • New York & Stoke Mandeville 1984 • Seoel 1988 • Barcelona 1992 • Atlanta 1996 • Sydney 2000 • Athene 2004 • Beijing 2008 • Londen 2012 • Rio de Janeiro 2016 • Tokio 2020 • Parys 2024Los Angeles 2028Brisbane 2032
Winterspele: Örnsköldsvik 1976 • Geilo 1980 • Innsbruck 1984 • Innsbruck 1988 • Tignes-Albertville 1992 • Lillehammer 1994 • Nagano 1998 • Salt Lake City 2002 • Turyn 2006 • Vancouver 2010 • Sotsji 2014 • Pyeongchang 2018 • Beijing 2022 • Milaan/Cortina 2026
Internasionale Paralimpiese Komitee – Nasionale Paralimpiese Komitee

Tags:

Paralimpiese Somerspele 2008 ToewysingParalimpiese Somerspele 2008 FakkelloopParalimpiese Somerspele 2008 SporteParalimpiese Somerspele 2008 KalenderParalimpiese Somerspele 2008 Deelnemende nasiesParalimpiese Somerspele 2008 Aantal medaljesParalimpiese Somerspele 2008 Sien ookParalimpiese Somerspele 2008 VerwysingsParalimpiese Somerspele 2008 Eksterne skakelsParalimpiese Somerspele 2008BeijingChineesParalimpiese SpeleSportVolksrepubliek China

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Loftus MaraisNieu-SeelandVlagterminologieUnited Democratic FrontDubbelpuntFabelLenteDikdermWes-IndiëAardkorsHuisvliegRassismeBeurtkragHartversakingVraag en aanbodJeugdagMonopolieNaaldekokerMerinoAborsieAartappelSteve BikoKankerDialoog in fiksieOntwerpDemokratiese Republiek die KongoKarakteriseringReënProvinsies van Suid-AfrikaDwelmmiddelKoos BekkerCarike KeuzenkampKompasMenseregte16 AprilAkroniemMusiekBosvarkBurgerregteISimangaliso-vleilandparkTierKwikLys van veltoestandeKaapse florarykSeringboomEngelsRacheltjie de BeerKommunismeVisWerkwoordFibonacciDiskriminasieDuitse maselsDepressie (gemoedstoestand)Lys van argaïsmesKongo-krisisSout (chemiese stof)SeilvaartDolfynIslamSintetiese veselsNedersettingApokriewe boekeLewerLys van Afrikaanse televisiereekseGedigE-posWaterkringloopGianna MichaelsVakbondSwartbewussynsbewegingLys van Kaapstad se voorstedeSuid-Afrika🡆 More