Pannoniese Laagvlakte

Die Pannoniese Laagvlakte (ook Pannoniese Bekken of Karpatebekken genoem) is 'n uitgestrekte laagvlakte in suidelike Oos-Sentraal-Europa waardeur die middelloop van die Donau en die Theißrivier se benedeloop loop.

Die bekken is grotendeels in Hongarye geleë, maar strek tot in die gebied van vyf ander lande. In geologiese opsig hoort ook die klein Weense Bekken in Oostenryk en die Karpateboog by die vlakte. Die laagvlakte, wat in die ooste deur die Karpate-bergreeks begrens word, vorm die mees westelike deel van die Eurasiese steppegordel. Die Pannoniese Laagvlakte word in die suide deur die Savarivier begrens.

Pannoniese Laagvlakte
Die Pannoniese Laagvlakte word verder verdeel in die Klein Hongaarse Laagvlakte (aan die linkerkant van die kaart; simbole: A1, H1, SK), die sentrale Groot Hongaarse Laagvlakte (H2) met Batsjka/Banat (HR, SR, RO). Die afkortings verwys na Oostenryk (A), Hongarye (H), Slowakye (SK), Kroasië (HR), Serwië (SR) en Roemenië (RO)

Die laagvlakte se naam is afgelei van Pannonia, 'n antieke streek wat in 9 n.C. as provinsie by die Romeinse Ryk ingesluit is, en sy naamgewende volk, die Pannoniërs. Die antieke Pannonia was in die ooste van die huidige Hongarye geleë.

Tags:

DonauHongaryeKarpateSavaSentraal-EuropaTisza

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

DuitsKunsmisWerkersdagMagsverheffingPaddaEmo AdamsBoor (element)Deelteken en umlautOogproblemeInternetEugenetika3D-rolprentPlastiekJan van TonderJakkalsStedelike hitte-eilandKaliumKoppeltekenDesmond TutuKolonisasieBewaringstatusOlimpiese Somerspele 2024HulpwerkwoordKommunismeBrongitisMuishondMierSekondêre sektor van die ekonomieGriepKweekhuisgasDeelwoordWetenskaplike klassifikasieLys van Suider-Afrikaanse soogdiereSonnestelselKlimaatveranderingWinnie Madikizela-MandelaTandbederfTeam Fortress 2WikiquoteSpinnekopPad na jou hartWikipediaCovid-19-pandemieLys van Nederlandse skildersWet op NaturellengrondAnilingusSkilpadRenaissanceNasionale VrouedagEkonomieKuberkrakerVarkAvbobKlein-KarooKlimaatsverandering in AfrikaLionel MessiTatoeëermerkMIVMetafoorKorrupsieSlag van Cuito CuanavaleWinterKewerDiatomiese molekuulGrondsoorteBreinkaartStaalKoorsVerkoueEnsiklopedieWeskusPapegaaieAsemhalingWes-KaapWortelRussiese inval in Oekraïne sedert 2022🡆 More