Paardekop

Paardekop, 'n historiese pas oor die Outenikwaberge, het Outenikwaland met die Langkloof verbind.

Dit lê op die skeiding tussen die Tsitsikammaberge en die Outenikwaberge. Vanaf 1766 het perderuiters 'n pad hier begin ooptrap. Nader aan Mosselbaai was daar slegs die Attakwaskloof en Duiwelskop wat toegang tot die binneland verleen het. Verder ooswaarts in die rigting van Algoabaai was so 'n pad heelwat moeiliker weens die bergagtige terrein wat tot die see gestrek het, die onderdringbare inheemse plantegroei en die diep klowe van o.a. die Bloukransrivier, Grootrivier, die Stormsrivier en die Soutrivier. Die ruiterpad het vanaf Plettenbergbaai en Wittedrift die loop van die Keurboomsrivier tot by De Vlugt gevolg en van daar oor die berge na Avontuur. Weens die steil wande van die rivier het die pad by Paardekop oor die kruin gegaan.

Paardekop
’n Beeld van die betrokke bergpas.
Paardekop-pas naby Plettenbergbaai.

Ligging Tussen Outenikwaland en Langkloof
Oppervlak Grond
In Outenikwaberge

Vroeë reisigers in die gebied het die pas aangedurf. Carl Peter Thunberg was reeds in 1772 daar. Goew. Jan Willem Janssens en Hinrich Lichtenstein is in April 1803 te perd oor Paardekop, maar het hul waens oor Duiwelskop gestuur. Christian Ignatius Latrobe is in Maart 1816 met sy waens oor die pas. Toe die Cradockpas en later die Prins Alfredpas geopen is, het hierdie roete in onbruik verval.

Bibliografie

Tags:

AlgoabaaiAttakwaskloofpasAvontuurBloukransrivier (Tsitsikamma)De VlugtDuiwelskopGrootrivier (Tuinroete)KeurboomsrivierLangkloofMosselbaaiOutenikwabergeOutenikwalandPerdPlettenbergbaaiRuiterpadStormsrivierTsitsikammabergeWittedrif

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

BTWYsterDriedimensioneelMonoloogDrakensbergeSekondêre sektor van die ekonomieAfrikaanse taalleerBank (finansiële instelling)SkisofrenieOopbroninhoudHamburgerByGeslagsgelykheidRassismeKrieketJohannes MeintjesNatuurlike hulpbronMetafoorSeisoenSkilpadSwangerskapGrondwetMark (ekonomie)Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeDesmond TutuSeptimius AwardsMonumentSamestellende afleidingWinterSoortnaamWêreld- Ekonomiese ForumVoedselkettingVoorvoegselToerismeHeupvervangingSelfstandige naamwoordGrondsoorteAardeSuid-Afrikaanse GrensoorlogOnderwysSuid-AfrikaWright-broersProvinsies van Suid-AfrikaAanpassingskapasiteitEkonomie van Suid-AfrikaNatuurrampMona LisaHartaanvalHeupMediese diagnoseZack du PlessisAkademiaKultuurPussy RiotLys van politieke partye in Suid-AfrikaAarde se atmosfeerKitaarVerstedelikingGemeenskapsorganisasieSimboolPenisNierDroogteLiefdeVlekvrye staalCalviniaSirkelSeekoeiKaapstadse waterkrisis 2015-2018SelfvertroueKnieKinderregte🡆 More