Outeniekwageelhout

Die Outeniekwageelhout (Afrocarpus falcatus) is 'n boom wat tot 60 meter hoog kan word.

Die boom is inheems aan Suid-Afrika. Dit is die hoogste Suid-Afrikaanse boom en staan bekend as die "reuse van die bos". Hul blaredakke is oortrek met 'n mos wat as die "ouman se baard" bekend staan. Die boom kom hoofsaaklik op die Tuinroete, vanaf Mosselbaai tot by Harkerville, voor. Die bome kan tot 600 jaar oud word. Die boom groei sowat 'n meter per jaar. Die boom floreer in volle son en het slegs matige water nodig. Die hout is gesog vir die maak van meubels; Knysna is veral bekend vir sy meubelmaakbedryf. Tans word slegs 'n sekere kwota Outeniekwageelhout bome per jaar afgekap. Soos ander geelhoute is dit 'n beskermde spesie in Suid-Afrika, en kan net met die nodige lisensie benut word.

Outeniekwageelhout
Kalander
Outeniekwageelhout
Die Grootboom by die Nasionale Wildernispark
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Divisie: Pinophyta
Klas: Pinopsida
Orde: Pinales
Familie: Podocarpaceae
Genus: Afrocarpus
Spesie:
A. falcatus
Binomiale naam
Afrocarpus falcatus
Sinonieme
  • Podocarpus falcatus (Thunb.) Endl.
  • Taxus falcata Thunb.

Die boom se FSA-nommer is 16.

Verspreiding

Die boom is inheems in Eswatini, Malawi, Mosambiek en Suid-Afrika.

Grootbome

Die meeste "grootbome" in die Knysnabos is Outeniekwageelhoute. Die grootboom by Woodville staan 33 m hoog, die omtrek van die stam is 4 m en die boom is ongeveer 800 jaar oud. By Diepwalle-bosboustasie is seker die bekendste grootboom, van ongeveer 650 jaar oud. Die omtrek van die stam is 9,5 m en dit is 40 m hoog. Hierdie boom is vernoem na koning Edward VII. In die Blouberg, Limpopo, het 'n groot indiwidu in 2013 amptelike beskerming ontvang.

Volksbenamings

Die groot geelhoutbome staan ook in die volksmond bekend as Kalander(boom) of Kalandergeelhout. Ander volksname sluit in Outenikwa, Outenikwalander, Basteroutenikwa en Sekelblaargeelhout. Boswerkers van Knysna vertel dat die hout van steeds groeiende bome vinnig deur kalanderkewers aangeval en beskadig word na dit afgekap is.

Galery

Bastekstuur
Loof en bas

Sien ook

Verwysings

Tags:

Outeniekwageelhout VerspreidingOuteniekwageelhout GrootbomeOuteniekwageelhout VolksbenamingsOuteniekwageelhout GaleryOuteniekwageelhout Sien ookOuteniekwageelhout VerwysingsOuteniekwageelhout

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Wetenskaplike klassifikasieDieregeluideDemokratiese AlliansieSoogdierPornografiese akteurDonkieKunsmatige intelligensieWoordeboek van die Afrikaanse TaalChemiese elementGalileo GalileiGroot vyfWapen van Suid-AfrikaJohannesburgEngelsNamakwalandKonsentrasiekampRooibokLiefdeSwart nasionalismeKunsLeestekenElon MuskMosambiekkanaalHondeklipbaaiEllipstekenWaterpokkiesJaco JacobsSnaarinstrumentSeevlakMark (ekonomie)PseudowetenskapKriekBoelieryToekoms van die AardeOranjerivierWiskundeMangelontstekingKlinkerHomofoonMigrasie van voëlsMateriaalGeelhoutPrimêre sektor van die ekonomieLiewe HeksieNelson MandelaDomkragHoofstadAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeEkonomie van Suid-AfrikaDiarreeKarooTegnologieInnes en Franna BenadéSpringbokMediese diagnoseMondMaroela MediaGrondsoorteErfenisStereotipeCarike KeuzenkampBosluisbytkoorsWaarheid-en-versoeningskommissieHamburgerTandbederfLetterlike en figuurlike taalgebruikEreksieLys van musiekinstrumenteAfrikanersSkisofrenieSpinnekopHerpes simplexToerismeSlag van BloedrivierAardverwarmingFabel🡆 More