Hierdie artikel behoort versmelt te word met Burgerwaghuis.Maak seker om die inhoud te skuif na die bladsy wat reeds aan Wikidata gekoppel is!Indien altwee gekoppel is, sien hier.
Die Ou Dorpshuis aan Groentemarkplein in die Kaapse middestad huisves die Michaelis-versameling.
Stad of dorp | Kaapstad | |
Land | Suid-Afrika | |
Openingsjaar | 1916 | |
Geopen deur | Stadsraad van Kaapstad | |
Tipe kunsgalery | Kunsmuseum | |
Webtuiste | Iziko Museums of South Africa - Michaelis Collection at the Old Town House |
Die gebou is in 1761 opgerig. Dit was oorspronklik die Burgerwaghuis, daarna die burgesentrum en nog later Kaapstad se raadshuis. Die huidige stadsaal het dit in 1905 vervang en dit word nou bewaar as 'n nasionale gedenkwaardigheid wat die Michaelis-versameling van ou Nederlandse en Vlaamse skilderye huisves. Die hoogtepunt van die versameling, wat sir Max en lady Michaelis geskenk het, is 'n vroulike portret geskilder deur Frans Hals in 1644. Die skildery is waarskynlik die waardevolste in Suider-Afrika.
Die gebruik van die Ou dorpshis as kunsgalery is te danke aan die inisiatief van Lady Florence Phillips, die vrou van die mynmagnaat, Lionel Phillips. Lady Phillips het die Britse kunsversamelaar, Hugh Lane (later Sir Hugh Lane), gevra om 'n aantal kunswerke van ou Nederlandse meesters te versamel, wat later die basis vir 'n kunsmuseum in Suid-Afrika kon wees. In 1914 het sy haar vriend Max Michaelis (later Sir Max Michaelis) oorreed om die Lane-versameling te koop en aan die Suid-Afrikaanse volk te skenk. Die Stadsraad van Kaapstad het die Ou Dorpshuis beskibaar gestel om die kunsversameling te huisves en die argitek Joseph Solomon is opdrag gegee om die gebou te restoureer. Die Ou dorpshuis was Kaapstad se eerste kunsgalery en is ge-open in 1916.
18°25′12″O / 33.92306°S 18.42000°O
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Ou Dorpshuis, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.