Otto Von Habsburg: Duitse politikus

Otto von Habsburg, in Oostenryk amptelik Otto Habsburg-Lothringen, meestal kort Otto Habsburg genoem (* 20 November 1912 in Reichenau an der Rax; † 4 Julie 2011 in Pöcking, Beiere), was die oudste seun van die laaste keiser van Oostenryk-Hongarye, Karel I, asook 'n skrywer, publisis en politikus in die Vrystaat Beiere se Christelik-Sosiale Unie (CSU).

Vir dié party is hy ook as lid van die Europese Parlement verkies.

Otto von Habsburg
Otto von Habsburg
Otto von Habsburg in 2004

Ampstermyn
1979 – 1999

Persoonlike besonderhede
Gebore (1912-11-20)20 November 1912
Villa Wartholz, Reichenau an der Rax, Neder-Oostenryk, Oostenryk-Hongarye (nou Oostenryk)
Sterf 4 Julie 2011 (op 98)
Pöcking, Beiere, Duitsland
Politieke party Christelik-Sosiale Unie
Eggenoot/-note Prinses Regina van Sakse-Meiningen (1951–2010; haar dood)
Kind(ers) Andrea, Monika, Michaela, Gabriela, Walburga, Karel, Georg
Religie Rooms-Katolieke Kerk
Handtekening Otto Von Habsburg: Duitse politikus
Lojaliteit Vlag van Oostenryk Oostenryk (vanaf 1956)
Vlag van Hongarye Hongarye
Vlag van Duitsland Duitsland (vanaf 1978)
Vlag van Kroasië Kroasië (vanaf 1990)

Hy was 'n burger van Oostenryk, Duitsland en Hongarye asook, volgens sy eie bewering, Kroasië.

Tussen 1916 en 1918 was Otto von Habsburg die kroonprins van Oostenryk-Hongarye. Met al sy voorname en adellike titels is hy destyds Seine Kaiserliche und Königliche Hoheit Franz Joseph Otto Robert Maria Anton Karl Max Heinrich Sixtus Xaver Felix Renatus Ludwig Gaetan Pius Ignatius, Kaiserlicher Prinz, Erzherzog von Österreich, Königlicher Prinz von Ungarn genoem. Vanaf 20 November 1930 tot 1 Januarie 2007 was hy die hoof van die adellike families Habsburg-Lotaringe. Hy is in dié amp opgevolg deur sy seun Karl Habsburg-Lothringen (* 1961).

Vanaf die middel van die 1930's het Otto von Habsburg hom binne die Paneuropese Unie – en aanvanklik binne 'n Christelik-monargistiese konteks – vir die vereniging van Europa uitgespreek. Hy was 'n vasbeslote teenstander van Adolf Hitler en sy Nasionaal-Sosialistiese ideologie asook van kommunisme. In 'n doodberig is opgemerk: "In die politiek […] het hy homself as 'n 'werktuig van God' beskou.

Verwysings

Tags:

191220 November20114 JulieBeiereKarel I van OostenrykOostenrykOostenryk-Hongarye

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

EmfiseemPersoonlike voornaamwoordPubiese hareProvinsies van Suid-AfrikaSuid-AfrikaBosvarkSwartGrondsoorteAnneli van RooyenLys van Afrikaanse televisiereekseEerste WêreldoorlogDwelmmiddelLangste woordGeografie van Suid-AfrikaWhatsAppIntensiewe vormLys van myne in Suid-AfrikaWapen van Suid-AfrikaTelkomRomanLetterlike en figuurlike taalgebruikThe CranberriesSeksualiteitSeegolfKrieketTropiese sikloonImmunologieTuberkuloseWoordeboekBrandmondsindroomBysteekBeeldspraakPlantluisMasturbasiePrivaat maatskappyGenadedoodInkomsteFinansiële staatBurgerregteProstaatkankerElandréOmgewingsbeheerMenseregtedagFiela se kind (rolprent)AardeDaggaRobbeneilandPankreasKlankverskynselsPad na jou hartTweede Nuwe JaarAkroniemPizzaKunsmatige intelligensieKinderregteDigvormUnie van Suid-AfrikaSwartkwasmuishondGewone breukeElon MuskVulkaanAntoniemOrale seksRussiese inval in Oekraïne sedert 2022Galileo GalileiReënspinnekopBoelieryWater (molekuul)Kunsmatige algemene intelligensiePenisWerkloosheidWet op Bantoe-onderwysSpoorvervoer in Suid-AfrikaOlimpiese Spele🡆 More