Otjiwarongo

Otjiwarongo is 'n dorp in Namibië in die administratiewe afdeling Otjozondjupa, 69 km suidoos van Outjo en 252 km noordwes van Windhoek met 'n geskatte bevolking in 2010 van 22 964.

Dit is 'n vername sentrum vir beesboerdery. Die B1-hoofweg gaan deur die dorp.

Otjiwarongo
Uitsig oor Otjiwarongo
Uitsig oor Otjiwarongo
Wapen van Otjiwarongo
Wapen
Otjiwarongo is in Namibia
Otjiwarongo
Otjiwarongo
Koördinate: 20°27′51″S 16°39′10″O / 20.46417°S 16.65278°O / -20.46417; 16.65278 16°39′10″O / 20.46417°S 16.65278°O / -20.46417; 16.65278
LandVlag van Namibië Namibië
StreekOtjozondjupa
Stigting1892
Bevolking
 • Totaal22 960
TydsoneUTC+2 (SAST)
Areakode
067
Webwerfhttp://www.otjiwarongomun.org
Otjiwarongo
Otjiwarongo
Die NG kerk Otjiwarongo.

Geskiedenis

Herero's het in prekoloniale tye hier gewoon onder kaptein Kambazembi. Die dorp het ontstaan uit 'n Rynse sendingstasie wat in 1891 gestig is en later uit 'n Duitse garnisoen wat van 1904 af hier gestasioneer was. 'n Verdere aansporing vir ontwikkeling het in 1907 gekom toe die smalspoorlyn die dorp bereik het. Dit het eers na die beëindiging van die Duitse bewind 'n dorpsbestuursraad (1928) gekry en verwerf munisipale status in 1939. 'n Aantal terugkerende Angola-boere, afstammelinge van die sogenaamde Dorslandtrek, het hulle sedert 1933 hier kom vestig. Die naam is Herero en beteken na bewering plek van die vet beeste of andersins mooi plek.

Geskiedenis van NG gemeente

Die NG gemeente Otjiwarongo is reeds op 14 November 1902 deur 'n besoekende predikant wat vanaf Walvisbaai per oskar na Grootfontein onderweg was, onder die naam Moria naby Grootfontein gestig. Gemeentelede het aanvanklik verspreid, maar veral rondom Grootfontein gewoon, maar hulle geledere is versterk deur nuwe intrekkers veral ná Suid-Afrika Suidwes-Afrika as mandaatgebied oorgeneem het. Die hoeksteen vir die eerste kerksaal op Otjiwarongo is op 23 Februarie 1929 gelê. Die bediening van die gemeente, so groot soos die Vrystaat en die destydse Transvaal saam, was 'n haas onbegonne taak. Gemeentelede het baie gely tydens die Groot Depressie. Ontevredenes in die gemeente het in 'n stadium afgestig (die sogenaamde Immanuel-gemeente) en hulle eie saal op Kalkfeld gebou, maar na hulle nie 'n leraar kon bekom nie en hoewel baie pogings tot versoening misluk het, is die gemeente uiteindelik weer op 25 Maart 1939 onder die nuwe naam Otjiwarongo verenig. 'n Nuwe kerk en pyporrel is met die gemeente se 50-jarige bestaansvieringe in 1952 in gebruik geneem. Die gemeente Otjiwarongo-Suid is in 1963 afgestig, maar weens die ontvolking van die platteland en ander faktore in die jare negentig by die moedergemeente ingelyf.

Lugvervoer

Die dorp beskik oor 'n lughawe, die Otjiwarongo-lughawe.

Besienswaardighede

Susterstede

Buiteland

Binneland

Sien ook

Verwysings

Bronne

Tags:

Otjiwarongo GeskiedenisOtjiwarongo Geskiedenis van NG gemeenteOtjiwarongo LugvervoerOtjiwarongo BesienswaardighedeOtjiwarongo SusterstedeOtjiwarongo Sien ookOtjiwarongo VerwysingsOtjiwarongo BronneOtjiwarongoB1-hoofweg (Namibië)NamibiëOtjozondjupaOutjoWindhoek

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

OranjerivierHorlosieNamakwalandVerstedelikingSowjetunieWiskundeBeesvleisFisioterapieKameelByeboerderyWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaDieregeluideSkildklierTurksvyAngssteuringGeskiedenis van die Verenigde State van AmerikaWoordeboek van die Afrikaanse TaalApartheidPampoentjiesDansMantisRooikatKunsmisWaterstofMiddeloorontstekingMikro-ekonomieBeesSlawernyJan van TonderDieretuinWebblaaierLettergreepBelvidere Holy Trinity-kerkVreesGroot vyfGereformeerde Kerke in Suid-AfrikaMierKookpuntRuslandSarel Jacob PretoriusKweekhuiseffekSkoenlapperTaalLys van konings van IsraelLabia (geslagsdele)BestuiwingHamburgerGemeenskapsorganisasieBloedingVratMaatskaplike verantwoordelikheidSteve HofmeyrEwenaarPêrelWerkloosheidGrondsoorteMadison IvyNuwe TestamentGeskiedenis van AfrikaansWerkwoordCarles PuigdemontAuschwitz-konsentrasiekampDuitslandMetafoorSoweto-opstandAndré JacobsLys van Afrikaanse skrywersKoos KombuisIsraelInsekAustraliëOorlogTwaalf Stamme van IsraelOligopolieAmandelRente🡆 More