Orrorin

Orrorin tugenensis is ’n veronderstelde vroeë spesie van Homininae wat sowat 6,1 tot 5,7 miljoen jaar gelede geleef het en in 2000 ontdek is.

Daar is nog nie vasgestel hoe Orrorin aan die mens verwant is nie. Die ontdekking daarvan het gelei tot die vermoede dat Australopithecus nie ’n voorsaat van die mens is nie, hoewel dit steeds die mees aanvaarde teorie van menslike evolusie is.

Orrorin tugenensis
Tydperk: Laat Mioseen, 6.1–5.7 m. jaar gelede
Orrorin
Orrorin tugenensis-fossiele
Die distale vingerbeen van die duim.
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Subfamilie:
Genus:
Orrorin

(Senut et al., 2001)
Spesie:
O. tugenensis
Binomiale naam
Orrorin tugenensis
(Senut et al., 2001)

Die naam van die genus, Orrorin (meervoud Orroriek), beteken "oorspronklike mens" in die taal Tugen en die naam van die enigste geklassifiseerde spesie, O. tugenensis, is afgelei van die Tugenheuwels in Kenia, waar die eerste fossiele in 2000 ontdek is.

Fossiele

Die 20 fossiele wat tot dusver ontdek is, sluit in twee dele van ’n kakebeen, ’n paar tande, drie stukke dybeen, ’n deel van ’n boarmbeen en ’n distale vingerbeen van ’n duim. Orrorin het klein tande gehad in vergelyking met die res van sy liggaam, soos by die moderne mens. Sy gebit verskil van dié van Australopithecus en Ardipithecus.

Dit lyk of Orrorin op twee bene geloop het, maar hulle het waarskynlik ook boom geklim. Terwyl die proksimale vingerbeen gekrom was, stem die distale vingerbeen van die duim met die mens s’n ooreen. Dit kan in dié geval daarop dui dat dit hulle gehelp het om boom te klim en nie, soos gewoonlik, dat hulle gereedskap gemaak het nie.

Klassifikasie

As bewys kan word dat Orrorin ’n direkte voorsaat van die mens was, kan Australopithecus-spesies soos Australopithecus afarensis ("Lucy") beskou word as ’n sytak van die hominied-stamboom: Orrorin is beide ouer (amper 3 miljoen jaar) en stem meer ooreen met die moderne mens as A. afarensis. Veral die Orrorin se dybeen is meer soos die mens s’n as wat "Lucy" s’n is, maar dit is ietwat van ’n twispunt.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Orrorin FossieleOrrorin KlassifikasieOrrorin VerwysingsOrrorin Eksterne skakelsOrrorin

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

KognisieKweekhuiseffekHartversakingSeksismeRooms-Katolieke KerkBynierAkteurKeelseerDemokrasieOrgasmeVersamelnaamGasJapanneesKommunismeDigvormChemiese elementKlankverskynselsLionel PetersonHartaanvalKrokodilMuishondDeelteken en umlautIslamVoortrekkermonumentKoorsblaarKaaps-Hollandse stylAardeKlereVingerseksVrugSoortnaamJaarRenosterXenofobieKwikAnale kankerMahatma GandhiBorskankerAfro-AmerikanersJagluiperdKolitisTylaKunselementeFamilie (verwantskap)Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeProstaatkankerPoolsMetaalLErfenisdag (Suid-Afrika)VerkleinwoordTrappe van vergelykingChirurgieMaatskappyPlastiekHoofpynKlimaatsverandering in AfrikaKrugerwildtuinHage GeingobAanval op Pearl HarborJeuksiekteBraaiPoesWinnie Madikizela-MandelaHidroulikaMetamfetamienHelm (geboorte)HempVaste stofHemelvaartMeganiese ingenieursweseInternetBeroerteBurgerregteVulva🡆 More