Organiese Landbou

Die terme organiese of biologiese landbou verwys na boerderypraktyke waarby graan, vrugte, vleis en ander agrariese produkte op die basis van natuurlike en volhoubare metodes en met gebruikmaking van kennis uit vakgebiede soos ekologie en omgewingsbewaring geproduseer word.

Organiese boerderye gebruik slegs natuurlike dier- en plantprodukte as bemesting, terwyl chemikalieë soos sintetiese plaagdoders, kunsmis en sintetiese groeihormone net soos geentegnologie en voedselbestraling — in teenstelling met praktyke in die konvensionele landbou — glad nie toegelaat word nie. In sommige lande word bestuiwing van plante verbeter deur die konstruksie van insekhotelle om toepaslike insekte te lok.

Organiese Landbou
Biologiese groentekwekery op 'n organiese plaas in Capay (deelstaat Kalifornië, VSA)
Organiese Landbou

Verbruikers betaal gewoonlik 'n premie vir biologiese produkte.

Organiese landbou wêreldwyd

In 2007 het die totale organiese landbouoppervlakte in vergelyking met die vorige jaar met 1,5 miljoen hektaar toegeneem tot 32 miljoen hektaar wêreldwyd (waarvan 'n kwart in Europa). Die internasionale markvolume vir biologiese produkte het tot meer as 46 miljard VSA-$ toegeneem.

Die grootste organiese landbouoppervlakte is in Australië (12 miljoen hektaar), Argentinië (2,8 miljoen hektaar) en Brasilië (1,8 miljoen hektaar) geleë. 'n Groot deel van die biologiese landbougrond in hierdie lande is weivelde. Van die totale biologiese landbouoppervlakte is 37,6 persent in Australië en Oseanië, 24,1 persent in Europa en 19,9 persent in Latyn-Amerika geleë. Die twee Alpelande Oostenryk en Switserland beskik oor die grootste persentasies organiese boerderygrond met respektiewelik 13,4 en 11 persent.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

BemestingInsekhotelKunsmis

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Ekonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaKangaroeRumatoïede artritisChristiane JaccottetKonsentrasiekampRonelda KamferLys van Kaapstad se voorstedeMenseregteGesonde dieetTsoenamiWoordsoortPinksterVaste stofAlkoholismeMangelontstekingMandalaGeskiedenis van erotiese afbeeldingsWerkwoordMaagsweerOorstromingKlimaatsverandering in AfrikaAspoestertjieChemiese reaksieGedigStedelike hitte-eilandSekondêre sektor van die ekonomieHemelvaartsdagHulpwerkwoordSpinnekopStrykysterWikiMensProteïenMahatma GandhiKindersiektesKonjunktivitisWortelAkuutKatoenSharpeville-slagting22 AprilKolonoskopieBrongitisHomofoonMynbedryf van Suid-AfrikaVerkleinwoordAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeDemokrasieBeroerteKletsrymYslandChloorHartaanvalKlein vyf diereWiskundige terminologieWinnie Madikizela-MandelaUnited Democratic FrontKolonisasieStikstofYstervarkAandagstreepAsemhalingNatuurwetenskapMuskietBruin menseSpreeuRenosterPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaHaelMaroela MediaPapegaaieVaginale kankerTweede Nuwe JaarC. Louis LeipoldtJohannes MeintjesLiefde🡆 More