Oranjerivierkolonie

Die Oranjerivierkolonie (Engels: Orange River Colony) was 'n Britse kolonie wat geskep is met die anneksasie van die Oranje-Vrystaat in 1900, na die Boere-oorlog.

Orange River Colony
Oranjerivierkolonie
Oranjerivierkolonie
1902–1910 Oranjerivierkolonie
Vlag Wapenskild
Vlag Wapen
Volkslied:
God Save the King (1902–1910)
Ligging of Oranjerivierkolonie
Ligging of Oranjerivierkolonie
Ligging van die Oranjerivierkolonie tussen 1902 en 1910
Hoofstad Bloemfontein
29°06′S 26°13′O / 29.100°S 26.217°O / -29.100; 26.217 26°13′O / 29.100°S 26.217°O / -29.100; 26.217
Taal/Tale Afrikaans, Engels, Nederlands, Suid-Sotho
Godsdiens Nederduitse Gereformeerde Kerkfamilie, Anglikaanse Kerk, Afrika-godsdiens
Regering Monargie
Monarg
 - 1902–1910 Edward VII
 - 1910 George V
Eerste minister
 - 1907–1910 Abraham Fischer
Goewerneur
 - 1902–1905 Alfred Milner
 - 1905–1907 William Palmer
 - 1907–1910 Hamilton John Goold-Adams
Historiese tydperk Wedloop om Afrika
 - Britse besetting van die Oranje-Vrystaat 28 Mei 1900
 - Britse anneksasie 6 Oktober 1900
 - Verdrag van Vereeniging 31 Mei 1902
 - Selfregering 27 November 1907
 - Stigting van die Unie van Suid-Afrika 31 Mei 1910
 - Stigting van die Oranje-Vrystaat-provinsie 31 Mei 1910
Bevolking
 - 1904 skatting 387 315 
Geldeenheid Pond sterling
Oranjerivierkolonie
Die hervatting van burgerlike administrasie, Bloemfontein, 23 Junie 1902.

Lord Roberts het die Union Jack op 28 Mei 1900 oor Bloemfontein gehys, en anneksasie het amptelik van krag geword op 6 Oktober. Sir Alfred Milner is aangestel as goewerneur op 4 Januarie 1901, met Hamilton John Goold-Adams as luitenant-goewerneur.

Teen 1904 het die gevoel vir een of ander vorm van selfregering sterk begin raak en is die Orangia Unie party gevorm om die ideë te bevorder. In die daaropvolgende jaar tree Milner af en word Lord Selborne die nuwe goewerneur. Die kolonie verkry selfregering in 1907, en op 27 November word Abraham Fischer van die Oranje Unie die eerste Eerste Minister. In 1910 sluit dit by die Unie van Suid-Afrika aan as die "Oranje-Vrystaat Provinsie". Die provinsie bly voortbestaan na 1994 as die Vrystaat.

Posseëls

Onmiddellik na anneksasie het die Britte die republiek se seëls met "V.R.I." (Victoria Regina Imperatrix) oorgestempel. Daar was geringe variasies, sommige baie seldsaam en vandag uiters gesog. Seëls van die Kaapkolonie is ook oorgestempel, met "ORANGE RIVER COLONY" (10 Augustus, voor die kolonie amptelik bestaan het), en eers in 1903 het die Oranjerivierkolonie sy eie seëls gekry. Hierdie seëls het 'n portret van Koning Edward VII, saam met klein prentjies van 'n springbok en 'n wildebees. Dit is gebruik tot uniewording in 1910 en is vandag algemeen beskikbaar en goedkoop.

Goewerneurs

Oranjerivierkolonie 
Sir Hamilton John Goold-Adams, goewerneur van 1907 tot '10.
# Naam Party Ampsaanvaarding Amp verlaat
1 Alfred Milner Konserwatiewe Party 23 Junie 1902 1 April 1905
2 William Palmer Liberale Party 1 April 1905 7 Junie 1907
3 Hamilton John Goold-Adams Onafhanklik 7 Junie 1907 31 Mei 1910

Demografie

Rasverdeling

Bevolkingsgetalle volgens die 1904-sensus:

Bevolkingsgroep Getal Persent
(%)
Swartes 225 101 58,11
Blankes 142 679 36,83
Bruines 19 282 4,97
Asiërs 253 0,06
Totaal 387 315 100,00

Verwysings

Tags:

Oranjerivierkolonie PosseëlsOranjerivierkolonie GoewerneursOranjerivierkolonie DemografieOranjerivierkolonie VerwysingsOranjerivierkolonie1900EngelsOranje-VrystaatTweede VryheidsoorlogVerenigde Koninkryk

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

BateTuisbladBreinGeslagsorgaanKopieregSamsung GroepMiddelmisbruikTongAppelblaarLys van chemiese elemente volgens atoomgetalSenuweestelselWynsteenGedigAasblomKommunikasieKoöperasiestoriesSteenkoolGeskiedenis van AfrikaansLabia (geslagsdele)PapegaaieRam (sterreteken)Lys van Suid-Afrikaanse atletiekrekordsDassievoëlNierversakingEuropese UnieMangelSamestellende afleidingSeksuele opwekkingIerse nasionale rugbyspanBloedsomloopstelselBaarmoederWaverRugbywêreldbeker 1991Demi Lee MooreMeksikoSean CombsWes-AfrikaVerenigde State van AmerikaEkologieJohan StemmetWeeluisXhosaMotorregistrasienommerplate van Suid-AfrikaUnited Democratic FrontNamibiëNazi-saluutMagda van BiljonMarsHartaanvalThabo MbekiPaddaJudaïsmeLBeroerteGemengde ekonomieAfkappingstekenHomofoonVrouOraniaDissipel vir wie Jesus baie lief wasKoedoeLuiperdKolonoskopiePlantErnst Otto FischerBaltimoreBrasiliaanse nasionale rugbyspanPersentasieNaeltjiesBrasilië🡆 More