Oranje Rewolusie

Die Oranje Rewolusie (Oekraïens: Помаранчева революція) was 'n reeks betogings en politieke gebeure wat van einde November 2004 tot Januarie 2005 in Oekraïne plaasgevind het in die onmiddellike nasleep van die afloopstemming van die Oekraïense presidensiële verkiesing van 2004 wat na bewering deur massiewe korrupsie, intimidasie en verkiesingsbedrog gekenmerk is.

Kijif, die Oekraïense hoofstad, was die fokuspunt van die beweging se veldtog van burgerlike verset, met duisende betogers wat daagliks betoog het. Landwyd is die rewolusie beklemtoon deur 'n reeks dade van burgerlike ongehoorsaamheid, betogings en algemene stakings wat deur die opposisiebeweging georganiseer is.

Oranje Rewolusie
Oranjegeklede betogers kom op 22 November 2004 op die Onafhanklikheidsplein in Kijif bymekaar.

Die betogings is aangespoor deur verslae van verskeie binnelandse en buitelandse verkiesingsmonitors sowel as die wydverspreide openbare persepsie dat die uitslag van die afloopstemming van 21 November 2004, tussen die leidende kandidate Wiktor Joesjtsjenko en Wiktor Janoekowitsj, deur die owerhede gemanipuleer is ten gunste van laasgenoemde. Die landwye betogings het geslaag toe die uitslag van die oorspronklike verkiesing nietig verklaar is en 'n herstemming deur Oekraïne se Hooggeregshof vir 26 Desember 2004 gelas is. Onder intensiewe ondersoek deur plaaslike en internasionale waarnemers, is die tweede afloop as "vry en regverdig" verklaar. Die finale uitslae het 'n duidelike oorwinning getoon vir Joesjtsjenko, wat sowat 52% van die stemme gekry het, vergeleke met Janoekowitsj se 45%. Joesjtsjenko is as die amptelike wenner aangewys en met sy inhuldiging op 23 Januarie 2005 in Kijif het die Oranje Rewolusie geëindig. In die daaropvolgende jare het die Oranje Rewolusie 'n negatiewe konnotasie onder pro-regeringskringe in Belarus en Rusland gehad.

In die presidensiële verkiesing van 2010 het Janoekowitsj Joesjtsjenko se opvolger as president van Oekraïne geword nadat die sentrale verkiesingskommissie en internasionale waarnemers verklaar het dat die presidensiële verkiesing regverdig plaasgevind het. Janoekowitsj is vier jaar later uit sy magsposisie gedryf ná die Euromaidan-botsings in Februarie 2014 op Kijif se Onafhanklikheidsplein. Anders as die bloedlose Oranje Rewolusie, het hierdie betogings tot meer as 100 sterftes gelei, meestal tussen 18 en 20 Februarie 2014.

Verwysings

Tags:

KijifOekraïensOekraïne

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

WitbloedselPerdebyeHoofpynKoos BekkerLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaNoord-Sotho (taal)KlopjagSkynprivaatnetwerkNarsistiese persoonlikheidsteuringPropagandaSikloonUitwerking van klimaatsveranderingRassismeBorskankerAardeKankerWoordeboek van die Afrikaanse TaalKoolhidraatSuiwelprodukSenuweestelselLübeckChroniese siekteMagnetismeKonjunktivitisSatellietKlavierSkaapLys van Nederlandse skildersGeskiedenis van die Verenigde State van AmerikaOos-KaapWitbankEienaamMantisWerwelkolomKarretjiemenseFotosinteseKinkhoesBruto binnelandse produkGawes van die Heilige GeesArmoedeverligtingAppel (sanger)Andrew DavisDiskriminasieTweede WêreldoorlogMierGeboorteWaterkringloopKoppeltekenAgtervoegselMagsverheffingSekondêre sektor van die ekonomieHidroëlektrisiteitAntisemitismeEuropaKlankKrokodilNoordwesSeksposisieBosbokDonderstormInternetAluminiumWaterbesparing in Suid-AfrikaChapmanspiek-rylaanTrappe van vergelykingNiemetaalSuid-Afrikaanse randEiffeltoringKortverhaalUniegebouGevolge van aardverwarming op oseaneAkroniemJo BlackGetalKriek🡆 More