Orangia Unie

Die Orangia Unie was 'n politieke party in die Oranjerivierkolonie wat in Julie 1905 gestig is.

Met die skep van die Unie van Suid-Afrika in Mei 1910 het dit saamgesmelt met die Afrikanerbond en Het Volk, die dominante politieke partye van onderskeidelik die Kaapkolonie en die Transvaal om die pan-uniale Suid-Afrikaanse Party te vorm.

'n Kongres om Boere se besware in die kolonie te bespreek is op 1 Desember 1904 op Brandfort gehou. Dit het gelei tot die stigting van die party in Julie die jaar daarna. Op 14 Junie 1907 word selfregering in die Oranjerivierkolonie in The Friend aangekondig. In terme van die aankondiging sou 'n wetgewende vergadering opgerig word met 11 benoemde lede en 38 verkose lede vir wie alle wit mans ouer as 21, wat m onstens ses maande in die kolonie woonagtig was, kon stem. In November 1907 wen die Orangia Unie 30 van die 38 verkose setels. Op 27 November het Abraham Fischer van die Orangia Unie Eerste Minister van die kolonie geword.

Met selfregering onder die bewind van die Orangia Unie het die kolonie die Nederlandse taal weer erken en vanaf 1907 word die kolonie ook met sy Nederlandse naam, die Oranje Rivier Colonie, genoem. In 1908 is 'n onderwys goedgekeur wat Engels en Nederlands op gelyke voet in skole geplaas het - huistaal is tot as onderrigtaal tot Standerd 4 gebruik en daarna is Engelse en Nederlandse in eweredige verhouding gebruik.

In 1909 het die Oranjerivierkolonie deelgeneem aan wat die Nasionale Konvensie waar die kolonies van Oranjerivier, Natal, Transvaal en die Kaap (met verteenwoordiging uit Rhodesië) samesprekings gevoer het oor 'n moontlike federasie of unie. By die konvensie het Herzog dit duidelik gemaak dat hy 'n unie slegs sou ondersteun as die grondwet sekuriteit vir Nederlands sowel as Engels sou bied. Hy is in die standpunt ondersteun deur Orangia Unie kollegas en van die ander Afrikaner afgevaardigdes. Die gesprekke het uiteindelik gelei tot die aanvaarding van die Suid-Afrika-wet (1909) deur die Britse Parlement, wat die weg gebaan het vir die totstandkoming op 31 Mei 1910 van die Unie van Suid-Afrika.

Verwysings

Tags:

19051910Afrikanerbond (party)Het VolkKaapkolonieOranjerivierkolonieSuid-Afrikaanse PartyTransvaalUnie van Suid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

NiersteenEkotoerismeAfrikaFabelAlliterasieRudi ClaaseNierLida BothaTafelbergMadison IvyJohan StemmetJesus van NasaretHolocaustTambotieSlag van BloedrivierSelfieGoeie VrydagLys van argaïsmesPubiese hareLys van Suid-Afrikaanse musiekgroepeVarkgriepMusieksimboleMuishondRekeningkundeUmqombothiHeupvervangingToutrekSekelbosKykNETOnomatopeeTV GloboJakobNierversakingIerse nasionale rugbyspanEkonomiePlat AardeGeestesgesondheidEjakulasieNagapieGereformeerde Kerke in Suid-AfrikaGeslagMaagMaselsWoordDokumentbestuurstelselSkeletX-straalStudievaardighedeHoërskoolPeach van PletzenTegnologieKlem-in-die-kaakLys van hoofstedeTon VoslooIntensiewe vormTonteldoosHoofkarakterPG du PlessisRooilipslangWena NaudéWewervoëlsDrie (sport)SlangSteve HofmeyrBokmakierieVerkragtingNoord-KaapRooibekkakelaarBoomNagadderArabiesCyril RamaphosaBredasdorpPublieke domeinLudwig van BeethovenRefentse MorakeDiepaartrombose🡆 More