Die ora is die amptelike geldeenheid van Orania.
Die waarde van 1 ora is gelykstaande aan R1 (een Suid-Afrikaanse Rand). Naas die ora word die rand ook algemeen op Orania gebruik. Die geldeenheid word nie buite Orania erken nie, en word ook nie deur die Suid-Afrikaanse Reserwebank ondersteun nie.
Die ora is in April 2004 amptelik op Orania in gebruik geneem. Dit is gebaseer op die idee van inkopiekoepons, soos dié wat oor die algemeen deur groot inkopiesentrums dwarsoor Suid-Afrika uitgereik word (normaalweg in die vorm van geskenkbewyse). Orania se plaaslike bank, die Orania Spaar- en Kredietkoöperatief, is in beheer van die geldeenheid. Hulle hoofdoel is om plaaslike ekonomiese groei te stimuleer.
Ora-note word in denominasies van 10, 20, 50 en 100 ora gedruk. Die 10-ora-noot beeld Afrikanergeskiedenis uit, die 20-ora-noot Afrikanerkuns, die 50-ora-noot Afrikanerkultuur en die 100-ora-noot Orania self.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Ora, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.