Opioïed

Opioïede is middels wat ’n soortgelyke uitwerking as morfien het wanneer dit die opioïedreseptore, reseptore op die seloppervlak, bereik.

Medies word hulle hoofsaaklik gebruik as pynstiller, insluitende narkose. Ander mediese gebruike sluit in behandeling van diarree en ’n opioïed-oordosis, om hoes te onderdruk en vir teregstellings in Amerika. Baie sterk opioïede word slegs vir veeartsenydoeleindes goedgekeur.

Opioïede word dikwels as dwelmmiddel gebruik vanweë die euforiese uitwerking daarvan of om onttrekkingsimptome te voorkom.

Newe-effekte

Newe-effekte van opioïede sluit in jeukerigheid, verdowing, naarheid, hardlywigheid en euforie. Gebruik op lang termyn kan toleransie veroorsaak, wat beteken al hoe groter dosisse van die middel moet ingeneem word om dieselfde uitwerking te verkry, asook fisieke afhanklikheid, wat beteken die skielike staking van die gebruik kan onaangename onttrekkingsimptome veroorsaak.

’n Oordosis of langdurige gebruik saam met ander depressante soos bensodiasepiene lei dikwels tot die dood weens die onderdrukking van die asemhalingstelsel.

Verwysings

Skakels

  • Opioïed  Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

DiarreeMorfienNarkosePynstillerReseptor (biochemie)Veearts

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

MenseregteVingerseksGriepFrankrykDokterGewone breukeKeramiekVliegtuigTekstielInternetMIVVoegwoordBrasiliëAppel (sanger)TermietTweede WêreldoorlogNoordwesVolhoubaarheidGrondbesoedelingOnse VaderWiki CommonsAandagstreepMusieksimboleSkoenlapperKultuurSportAgtergrond (narratief)RoofvoëlVoorvoegselWaterMahatma GandhiGeskiedenis van Suid-AfrikaGregoriaanse kalenderSpysverteringstelselCalviniaFinale OplossingLyfstraf in skoleNetbalSkaapSwartrenosterVoortrekkersWekkerKewerVisReënvalbepalingBevolkingsafnameDiatomiese molekuulEkostelselSuid-AfrikaXenofobie in Suid-AfrikaStereotipeJanie du PlessisSosiale mediaWinnie Madikizela-MandelaPaasfeesDroogteResensieMieliestronkDricus du PlessisDistillasieGereformeerde Kerke in Suid-AfrikaMielieKoerantKonjunktivitisHemelBesemDoelwitOutismeKunsmatige algemene intelligensieVerlede tydGeelsugSoutsuurOmgewingsbeheerVersamelnaamJacques LootsSlag van BloedrivierBeesRumatoïede artritisDier🡆 More