Opioïed

Opioïede is middels wat ’n soortgelyke uitwerking as morfien het wanneer dit die opioïedreseptore, reseptore op die seloppervlak, bereik.

Medies word hulle hoofsaaklik gebruik as pynstiller, insluitende narkose. Ander mediese gebruike sluit in behandeling van diarree en ’n opioïed-oordosis, om hoes te onderdruk en vir teregstellings in Amerika. Baie sterk opioïede word slegs vir veeartsenydoeleindes goedgekeur.

Opioïede word dikwels as dwelmmiddel gebruik vanweë die euforiese uitwerking daarvan of om onttrekkingsimptome te voorkom.

Newe-effekte

Newe-effekte van opioïede sluit in jeukerigheid, verdowing, naarheid, hardlywigheid en euforie. Gebruik op lang termyn kan toleransie veroorsaak, wat beteken al hoe groter dosisse van die middel moet ingeneem word om dieselfde uitwerking te verkry, asook fisieke afhanklikheid, wat beteken die skielike staking van die gebruik kan onaangename onttrekkingsimptome veroorsaak.

’n Oordosis of langdurige gebruik saam met ander depressante soos bensodiasepiene lei dikwels tot die dood weens die onderdrukking van die asemhalingstelsel.

Verwysings

Skakels

  • Opioïed  Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

DiarreeMorfienNarkosePynstillerReseptor (biochemie)Veearts

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SamestellingEkostelselSlag van BloedrivierLys van politieke partye in Suid-AfrikaSeksuele stimulasieKlein-KarooAarde se atmosfeerLys van kinderspeletjiesPiet ByleveldAfrikanersLionel MessiSelfieBloedvergiftigingSwartbewussynsbewegingVoortrekkermonumentAleksei NawalniDuitse perdebyLys van Afrikaanse skrywersGeboorteSwedeAppelblaarPaulus van TarsusRynhesseLys van lande volgens bevolkingLys van nedersettings in Suid-AfrikaAppendiksA.J. ApplegateSkoonma-se-tongE-posIndiëGodArabiesDulcie van den BerghOraniaVuurLys van elemente volgens simboolLiefdeJan BloukaasVleesbaaiGemengde ekonomieSkaapPieter BiewengaDuitslandPeniskankerVarkSendelingposisieLys van veltoestandeKarlien van JaarsveldAfkortingSwitserlandBorsklierKoorsblaarEkonomie van Suid-AfrikaPornografiese subgenresRugbywêreldbeker 2023BysteekWoordeboek van die Afrikaanse Taal26 MaartSatire21 v.C.Wit-DonderdagJagluiperdPolitieke partyJacques LootsAfrikaanse Hoër SeunskoolOssewaTandbederfAnale seksPenisverlenging🡆 More