Oosterlig

Oosterlig was 'n dagblad in Port Elizabeth wat deur Naspers uitgegee is.

Die koerant is in 1937 gestig, maar op 1 Mei 1993 as Oos-Kaapse uitgawe by Die Burger ingelyf. Hoewel Oosterlig se sirkulasie nooit veel meer as 10 000 was nie, het die Oos-Kaapse uitgawe van Die Burger dit reggekry om sowat twee keer meer koerante te verkoop. Waar Die Burger se sirkulasie in 1990 sowat 90 000 was en dié van Oosterlig 9 000, was die gesamentlike sirkulasie van die Wes-Kaapse en Oos-Kaapse uitgawes van die verenigde koerant in 2007 91 665, hoofsaaklik weens die uitwerking van Die Son, wat in die Wes-Kaap met Die Burger om lesers meeding.

Vanaf 20 Julie 2018 is die frekwensie waarteen die gedrukte weergawe van Die Burger (Oos-Kaap) verskyn het, verander van ses dae per week tot net een, naamlik Vrydae. Die laaste Saterdag-uitgawe van Die Burger (Oos-Kaap) sou op Saterdag 14 Julie verskyn en die laaste Maandag- tot Donderdag-uitgawe van 16 tot 19 Julie. Die volle uitgawes sou wel as e-koerante agter Netwerk24.com se betaalmuur beskikbaar wees.

Esmaré Weideman, hoof van Media24, het op 13 Junie 2018 in 'n verklaring gesê: "Die meeste van ons koerante vaar goed, maar in die Oos-Kaap – waar adverteerders toenemend die reikwydte van ons sterk portefeulje gemeenskapskoerante verkies – is dit ongelukkig nie meer volhoubaar om Die Burger se Oos-Kaapse streeksuitgawe met sy betreklik lae sirkulasie in die huidige gedrukte formaat uit te gee en oor so ‘n groot streek te versprei nie."

Sy het terselfdertyd die versekering gegee dat die maatskappy nie van plan was om Die Burger aan die provinsie te onttrek nie en dat die Wes-Kaapse uitgawe van die koerant "finansieel gesond" is en nie deur die frekwensieverandering van die Oos-Kaapse uitgawe geraak word nie.

Sien ook

Tags:

KoerantNaspersPort Elizabeth

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Angolese Oorlog vir OnafhanklikheidAngina pectorisMenslike skeletDroogteSwart nasionalismeNasionalismeInfeksieDramaPolitieke partyVaginaKriekVaste stofInternetWaterstofFilosofieKinderregteBloemfonteinWaarheid-en-versoeningskommissieLeestekenSowjetunieAardeGroepsdrukLærdal-tonnelFrederik Willem de KlerkMerinoAngssteuringGolf (fisika)KommunismeSilwerIranse aanval op Israel in 2024VerstedelikingKoolhidraatDesimale breukeVolhoubare ontwikkelingEreksieReënVlekvrye staalHoofkarakterIngrid JonkerMaselsKunsmatige algemene intelligensieBeesBoer (landbou)KookpuntBobby van JaarsveldPoësieKorrupsieVerdampingWelwitschiaProteïenDeon MeyerSeksuele penetrasieEsias BoschAfro-AmerikanersVeeSuid-Afrikaanse PolisiediensDuitslandVrouFrankrykAfrikaansLionel MessiIslamOmgewingsgesondheidMenslike seksuele gedragRuslandKameelMagneetGoudRugbywêreldbeker 2023Rudi ClaaseBywoordSwartrenosterOlifantOogproblemeSintetiese vesels🡆 More