Oostelike Kurper

Die Oostelike kurper (Astatotilapia calliptera) is 'n varswatervis wat voorkom in die laer Zambezi-, Pungwe-, Buzi- en Saverivier-stelsels.

Dit kom ook voor in die Malawimeer se opvanggebied. In Engels staan die vis bekend as die Eastern river bream.

Oostelike kurper
Oostelike Kurper
Oostelike Kurper
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infrafilum:
Superklas:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Familie:
Subfamilie:
Pseudocrenilabrinae
Tribus:
Haplochromini
Genus:
Spesie:
A. calliptera
Binomiale naam
Astatotilapia calliptera
(Günther, 1893)

Voorkoms

Die vis is olyfgroen van kleur met 8-9 donker, vertikale olyf bane oor die lyf. Daar is 'n breë donker streep van die oë tot by die hoek van die bek. Die skubbe in die middel van die vis het blou rante en is geeloranje in die middel. Die onderkant van die kop is blou en die dorsalevin is ligswart met geeloranje kolle op en die rant is rooi. Die stertvin is geel met donker oranje kolle op. Die anale vin is ook ligswart by die basis en word geel na die rante met oranje kolle op.

Broeiende mannetjies het helderblou koppe en die agterste, onderste gedeelte van die lyf is ook blou met 'n geel pens. Daar is helder oranje kolle en blou-en-rooi skynsels op die dorsale- en anale vinne. Die vis word tot 110 mm groot.

Habitat

Die vis leef in 'n verskeidenheid riviere en moerasagtige areas.

Sien ook

Eksterne skakel

Bron

Tags:

Oostelike Kurper VoorkomsOostelike Kurper HabitatOostelike Kurper Sien ookOostelike Kurper Eksterne skakelOostelike Kurper BronOostelike Kurper

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

GroepsdrukOmtrek, oppervlakte en volumeBoontjieReënspinnekopVerantwoordelikheidWeer (meteorologie)Rasionale getalIndustriële RevolusieAlliterasieMiddelmisbruikSkuinsstreepAnglisismePad na jou hartBrandmondsindroomLionel PetersonLReg tot ‘n gesonde omgewingElandréSpeelkaartJeanette FerreiraSelfkonsepSuiwelprodukSokkerPampoentjiesOrgasmeKaartAngina pectorisEkotoerismeKatWêreld- Ekonomiese ForumJagluiperdTweede Nuwe JaarRamsar-vleilande in Suid-AfrikaSteenkoolWieg van die MensdomJan van TonderWes-KaapGewasboerdery in Suid-AfrikaPretoriaNatuurrampDwelmmiddelCarike KeuzenkampGeldMeningsverskil oor aardverwarmingLys van veltoestandeLewerHeks van HexrivierRina HugoKameelperdKrokodilPersoonlikheidSelfvertroueKolorektale kankerSelMIV/vigs in Suid-AfrikaSleutel (musiek)Leonardo da VinciAardeAppel (sanger)HorlosieVolhoubaarheidOnderhandelinge om apartheid te beëindigNiemetaalByInnes en Franna BenadéMasturbasieTydMosambiekkanaalThe CranberriesLiewe HeksieEngelsNaaldekokerSonkragMeervoudOnderwerp (taalkunde)AtmosfeerLys van kleureTamatie🡆 More