Oos-Londenlughawe

Die Oos-Londenlughawe (IATA: ELS, ICAO: FAEL) is 'n lughawe wat Oos-Londen, 'n stad in die Oos-Kaap, bedien.

Op 23 Februarie 2021 is die lughawe na Koning Phalo Internasionale Lughawe hernoem.

Oos-Londenlughawe
Koning Phalo Internasionale Lughawe
Oos-Londenlughawe
IATA: ELSICAO: FAEL
Opsomming
Tipe lughawe Openbaar
Bedien Oos-Londen, Suid-Afrika
Hoogte bo seevlak 436 vt / 133 m
Koördinate 33°2′6″S 27°49′17″O / 33.03500°S 27.82139°O / -33.03500; 27.82139 27°49′17″O / 33.03500°S 27.82139°O / -33.03500; 27.82139
Webtuiste Oos-Londenlughawe
Landkaart
FAEL is in Oos-Kaap
FAEL
FAEL

Ligging van die lughawe in die Oos-Kaap

Aanloopbane
Rigting Lengte Oppervlak
m vt
11/29 1 939 6 362 Teer
06/24 1 585 5 200 Teer
Bronne: South African Aeronautical Information Publication DAFIF

Oos-Londen is 'n klein maar besige lughawe wat 'n belangrike rol in die ekonomiese groei van die Oos-Kaap speel. Elke dag verwelkom dit tussen 20 en 30 vlugte – wat jaarliks 346 000 mense na Oos-Londen bring. Hiervan is meer as 140 000 vakansiegangers, meestal plaaslik, en sowat 15% is buitelandse toeriste. In 2013 het die lughawe 658 363 passasiers hanteer.

Geskiedenis

Die lughawe het in 1927 ontstaan, toe lt-kol. Alistair Miller die Oos-Londense stadsraad om hulp genader het om 'n munisipale lughawe by Woodbrook, wes van die stad, op te rig.

Passasiervlugte is deur twee De Havilland Moth vliegtuie onderneem op 'n Saterdagmiddag en heeldag op Sondae, indien die weer dit toegelaat het. Vlugte kon ook bespreek word vir weeksdae, maar slegs met spesiale reëlings. In 1931 het 'n vlug van Windhoek in Namibië na Oos-Londen 11 uur geduur.

In 1944 is 'n nuwe lughawe op Collondale gebou, ongeveer 2 km wes van die huidige terminaalgebou.

In 1965 het die lughawe weer geskuif, dié keer na sy huidige perseel, 9 km wes van die middestad. Konstruksie van die terminaalgebou is in 1966 voltooi en die lughawe is vernoem na Ben Schoeman, die minister van vervoer van daardie tyd.

Die lughawe is herdoop in 1994. Sedertdien is groot veranderings aan die eindpuntgebou voltooi en 'n nuwe eerste verdieping kantoorontwikkeling is vir die lughawe se bestuurspan bygevoeg.

Infrastruktuur

Die lughawe lê 133 meter (435 voet) bo seevlak en het twee geteerde aanloopbane, by name 11/29 wat 1 939 meter lank en 46 meter breed is, en 06/24 wat 1 585 meter lank en 46 meter breed is.

Lugdienste en bestemmings

Passasiers

Vrag

Passasiersvolumes

Jaarlikse volume
Jaar Passasiers % verskil
2006 664 824 Oos-Londenlughawe  19,2%
2007 744 949 Oos-Londenlughawe  12,1%
2008 715 206 Oos-Londenlughawe  4,0%
2009 675 980 Oos-Londenlughawe  5,5%
2010 671 895 Oos-Londenlughawe  0,6%
2011 681 741 Oos-Londenlughawe  1,5%
2012 663 115 Oos-Londenlughawe  2,7%
2013 658 363 Oos-Londenlughawe  0,7%
2014 642 085 Oos-Londenlughawe  2,5%
2015 678 989 Oos-Londenlughawe  5,7%
2016 806 437 Oos-Londenlughawe  18,8%
2017 804 741 Oos-Londenlughawe  0,2%

Ongelukke

  • Op 13 Maart 1967 het die Suid-Afrikaanse Lugdiens se Vlug 406 (die Rietbok) in die see neergestort terwyl dit Oos-Londenlughawe genader het. Al 25 die passasiers en bemanning aanboord het omgekom.

Verwysings

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Oos-Londenlughawe GeskiedenisOos-Londenlughawe InfrastruktuurOos-Londenlughawe Lugdienste en bestemmingsOos-Londenlughawe PassasiersvolumesOos-Londenlughawe OngelukkeOos-Londenlughawe VerwysingsOos-LondenlughaweIATAICAOLughaweOos-KaapOos-Londen

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Sonja HerholdtWhatsAppKindermishandelingTekstielLiefdeDramaLika BerningMaanHorlosieKunstenaarSlag van BloedrivierSonnestelselMunhwa Broadcasting CorporationBeesvleisAkroniemJaco JacobsApartheidVleilandVerkoueWeer (meteorologie)Jana CilliersMetaalTweede WêreldoorlogNarsismeLianie MayYstertydperkJudaïsmeBlaaskankerHomoniemHannes van WykGraatjiemeerkatDigtheidOopbroninhoudJavaScriptEmfiseemHomofoonDroomAndré JacobsMusiekGeografie van Suid-AfrikaVersamelnaamKolonialismeNeologismeSuid-Afrikaanse randPornografieGeboorteVeeartsJo BlackBiodiversiteitRob HersovLys van konsentrasiekampe in Nazi-DuitslandBlourokkeWatersuiweringBipolêre gemoedsteuringFopnuusKoos BekkerLikkewaanVraag en aanbodNasionale PartyAt BothaWikimedia-stigtingAnale kankerRatelNoordwesTradisionele literatuurSelfoonPomeloMaagdelikheidBloeddrukNicola HanekomMasturbasieJesus van NasaretEreksieDemi Lee MooreSonsteekSelLeierBeton🡆 More